1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9954089

Besoekers aanlyn

Ons het 135 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DALK VERDIEN ONS DIE TWEEDE FASE VAN DIE REVOLUSIE!

Terwyl ‘n magstryd woed in ANC-geledere en veral tussen diegene wat hulle volkome binne die geldmagte se kloue bevind, en die populiste wat die ontevrede massas se aansprake en verwagtings probeer verwoord, is die Afrikanervolk in ‘n hipnose vasgevang en weier hy hardnekkig om tot sy sinne te kom.

Aangesien die Afrikaner in ‘n skuldkompleks gedompel is, en nie wil glo dat diskriminasie sy Godgegewe reg is en die beskerming van sy eie volk en ras niks anders is nie as die beskerming van dit wat God daargestel het, en nie deur ‘n drogwoord soos rassisme verknoei en mislei behoort te word nie, gaan die Afrikaner in die afsienbare toekoms voor ‘n feitelikheid te staan kom wat hy nie sal kan weerstaan, tensy dringende besinning plaasvind nie.

Hierdie aanslag op die Afrikanerdom het eers van buite gekom. Vanuit die buiteland met die ateïstiese humanisme en sy menseregte. Aanvanklik is weerstand gebied. Toe prominente Afrikanerleiers, waaronder lede van die Broederbond en predikante van die sogenaamde “susterkerke”, egter ook die valse leerstellings van die menseregteleerstuk hoek, lyn en sinker gesluk het, was die skrif reeds aan die muur.  Pas is gesien hoe die NG Kerk voornemens is om die Belhar “belydenis” te aanvaar en het die Hervormde Kerk apartheid tot ‘n “onreg” verklaar. Daar is ‘n onbesonne en bevange haas om aan die vyand se eise gehoor te gee!

Die vraag is of daar steeds hoop is te midde van hierdie droewige prentjie wat hierbo geskets is.  In die geskiedenis van die wêreld en veral die Afrikaner geskiedenis was dit nog altyd so dat ‘n kragtige minderheid met ‘n sterk, vasberade wil die gang van die geskiedenis ten goede beïnvloed het.  Daarteenoor staan die meerderheid wat net getalle (kwantiteit) aan hulle kant het, maar aan kwaliteit ontbreek. Die destruktiewe invloed van televisie, pornografie, vermaak, sport, drama en sensasie word nie besef nie, juis omdat dit verslawend is. Hierdie meerderheid beskik nie oor die vermoë om weerstand te bied teen watter mag hulle ookal mag begroet nie. Ja, veral nie die wil van ‘n vasbeslote minderheid nie.

Vir die tans tot swye-gedoemde minderheid is dit nodig om te besef dat tyd besig is om uit te loop en dat die Afrikaner sy eie toekoms sal moet verseker. Daarom sal hegte bande gesmee moet word tussen mense wat eenders dink en doen.  Dit is juis hierdie kwessie wat tans steeds onmin in die minderheid se geledere veroorsaak, aangesien daar steeds persone is wat van mening is dat enigiets beter is as die ou gevestigde denkpatroon, naamlik dat die Afrikaner homself eerstens geestelik weerbaar moet maak en ten tweede, fisies weerbaar.  Dit is in ‘n mate te verstane dat die Afrikaner met sy rug teen die muur somtyds glo dat die uitweg lê in die gryp na kitsoplossings, maar dan is dit die taak van leiers om koers aan te dui! 

Die teendeel van dit wat vandag as mode en aanvaarbaar beskou word is egter waar.  Die Afrikaner se behoud lê in die herbevestiging van tradisionele waardes; alles wat te vind is in die Tien Gebooie.  Die Tien Gebooie leer van identiteit, selfbehoud, selfverwesenliking, eer en respek, afbakening, gesag en dissipline, ja alles wat die Afrikaner deur sy ganse geskiedenis as noodsaaklik beskou het vir die daarstelling van ‘n beskawing wat die eise van die tyd kan oorleef.

Die Tien Gebooie leer dat die menseregteleerstuk van die aanbid (en selfs die aanhou!) van velerlei gode onaanvaarbaar is.  Die Tien Gebooie leer dat ander afgode in ons lewe, waaronder vermaak en sport, onaanvaarbaar is.  Dit leer van eer aan jou eie vader en moeder in plaas van aan ander – ja, van respek en eer van jou gesin, familie en volk.  Die Tien Gebooie leer van respek vir gesag en die handhawing van dissipline.  Om jou eie te behou en te beskerm en nie dié van ander te begeer nie.  Ja, dit is in die Tien Gebooie waar geleer word van identiteitshandhawing deur binne die gesin en met beskerming van die gesin ‘n eie identiteit as volk op te bou.

Ons volk besef dit nie op die oomblik nie, maar hulle word onderwerp aan ‘n helse aanslag van bose magte wat onder die dekmantel van menseregte die Afrikaner wil laat glo dat hy geen regte meer in hierdie land het, behalwe om gehoor te gee aan winde van verandering nie. Ja, die Afrikaner kan nie eers meer sy eie kant kies in ‘n geveg wat woed om lewe en dood nie.  Die Afrikaner spot met sy geskiedenis en erfenis en met dit wat deur geslagte as heilig beskou is deur sy voorvaders.  Daarvoor kry hy die applous van die wêreld, net om sy eie uitwissing tegemoet te loop.

Die voordeel wat die tweede fase van die kommunistiese revolusie het wat op ons afsnel is dat die kaf van die koring geskei sal word.  In ‘n toestand van voortdurende verlamming deur die gif van menseregte sal die meeste Afrikaners nie in staat wees om op te staan en terug te veg nie eenvoudig omdat hulle te verlam sal wees om orent te kom! Daarbenewens sal hulle nie vriend van vyand kan onderskei nie.  In ‘n revolusie egter sal die Afrikaner tot sy sinne geruk word en sal die minderheid die geleentheid gebied word om die toon aan te gee, al kos dit wat.

Dit sal waarskynlik nie ‘n uitwas soos Malema wees wat in die tweede fase van die revolusie die pas gaan aangee nie.  Hy is daarvoor te selfgedrewe en te lief vir die rykdomme wat hy eensklaps geroof het om hom aan die kant van die massas te skaar.  Maar dit maak uiteindelik nie saak nie, aangesien die geldmagte die tweede fase van die revolusie sal gebruik om hulle magsposisie verder te verskans.  Hierdie revolusie sal nooit in die rigting van die populiste en die griewe van die massas gaan nie. Daarvoor sal die geldmagte sorg! Ja, daar sal anargie wees, maar anargie wat deur die geldmagte bestuur sal word.

Dit is egter slegs in sulke anargistiese toestande wat die Afrikaner die geleentheid sal hê om te hergroepeer en nie in ‘n toestand waar hy voortdurend in hipnose verkeer en sy aandag telkens afgetrek word deur die vermaak en sport wat van die môre tot die aand aan hom opgedis word nie.

Die vraag is waar u gaan staan in hierdie toestand. Gaan u staan by die verraaiers, paaiers, oorgeërs, hensoppers en kitsoplossingsoekers? Of kies u om te staan op die beproefde pad wat die Afrikaner geloop het sedert 1652 – ‘n pad wat telkens deur die vegtende minderheid aangedui is?  As u nog in staat is om te kies, het die gif van menseregte dalk nog nie sy verlammende beslag op u gemaak nie. Indien nie, sal selfs die tweede fase van die revolusie niks aan u heil kan doen nie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie