From: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Date: 2011/10/04 08:00:00 PM
To: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Cc: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Subject: Siestog
Varkevisser,
Jou laaste berig oor Dan Broodt haal jy hom juis uit oor hy nie ":genoegsaam" gaan kyk het waaroor die AVP gaan nie. Die berig net daarvoor probeer jy die VVK se verkiesing afmaak deur te beweer dat daar sommer net 2 persone by die volksraad bygesit is. Siestog. Jy moet tog beter navors voor jy jou twak skryf. Gaan lees tog vir die eerste keer die dokumentasie op die VVK se webwerf voor jy jou galbrakery voortsit. Dan sal jy sien dat almal (behalwe jy...) weet hoekom daar nege is..
Is jy die lelike mannetjie daar doer regs Bo langs al die volksleiers? Ha... Siestog.
Jan Beyers
(Epos my na my adres toe. Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. )
Geagte mnr. Beyers,
Jou e-pos verraai baie van jou karaktersamestelling en verdien werklik nie ander kommentaar nie. Wat egter bekommer is die feit dat jou E-Pos van 'n offisiële Huis Van Oranje elektroniese adres gestuur is. Dit impliseer drie kwelvrae. 1. Is jou siening ook die Huis van Oranje se siening? 2. Steun die Huis van Oranje ook die volkstaat gedagte? 3. As jy in diens van die Huis van Oranje en/of 'n filiaal is, is dit die soort karakter wat met die Afrikanervolk se geld wil werk? Ek laat jou kommentaar op ons webblad plaas.
Danie Varkevisser