1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9953711

Besoekers aanlyn

Ons het 96 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

HNP SE (LAASTE) WALS

In ‘n mediaverklaring van die Herstigte Nasionale Party van 21 September 2011 beskryf hierdie party die land se kommunistiese grondwet nou skielik weer as een van die “mees vyandelike dokumente” teen die Afrikanervolk en ook dat die Afrikaner “geen beskerming ingevolge die grondwet” geniet nie.

Dieselfde HNP wil egter deur middel van die VVK (wat juis op bepalings in die grondwet steun!) met die ANC-regime (wat die grondwet daargestel het!) gaan onderhandel vir ‘n “volkstaat” vir die Afrikanervolk. Hoe hierdie twee onversoenbare uitgangspunte met mekaar te rym is, sal net die HNP-leiding kan verklaar.

Hierdie skielike mediaverklaring van die HNP om die grondwet nou weer te veroordeel is slegs ‘n opportunistiese poging om die skade wat die HNP gely het sedert hy die VVK-koers ingeslaan het, te probeer herstel.  Dit is egter te laat en sal slegs ‘n paar strydrosse en amptenare wat nog vir hulle salarisse uit HNP-fondse afhanklik is, in die HNP agterbly nadat die VVK-sirkus verby is.

Laat ons die HNP herinner: Die grondwet is ‘n oorlogsverklaring teen ons volk, en omdat dit so is onderhandel jy nie met die terroriste wat in nou in beheer is en hierdie grondwet gebruik om ons volk te vernietig nie! Word tog wakker HNP! Julle vergek en verneder ons volk voor sy vyande.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie