Lank terug, dog steeds ’n perspektief van hoe ’n menige aantal professore in Suid-Afrika se binnewerke aanmekaargesit is en waarmee hulle menige student besoedel het!
4 Oktober 2000
Die Redakteur
Beeld
Mnr.
Die artikel op bladsy twee van Dinsdag 3 Oktober 2000 wat handel oor Mbeki se onvermoë, het 'n ondertoon wat waarskynlik eerder die bedoeling was van Prof. Johnson, direkteur van die Suzsman-stigting , as Mbeki se deurlopende struikeling.
Sy artikel in The Spectator, die Britse tydskrif waarna u verwys, drup eerder van die diepgewortelde haat van die Engelse teen die Afrikaner aan die een kant, en aan die ander kant die verbete drang van die liberalis om, ten spyte van die algemene kennis en geskiedkundige bewys van die sukses van afsonderlike ontwikkeling, dit tydig en ontydig verdag te maak!
Om iemand soos Mbeki met staatsmanne van die kaliber van Adv. Strydom en Dr. Verwoerd te vergelyk spreek nie net van intelektuele bankrotskap nie maar beklemtoon die werklike gesindheid van die Engelse "establishment" teenoor die Afrikaner!
Die chaos waarin die beleid van integrasie Suid-Afrika en al sy mense feitlik onmiddellik gedompel het, gaan by hierdie Professor verby omdat dit vir die liberalis juis nie gaan om die "menseregte" waarvoor hy hom kwansuis be-ywer nie, maar vir die verskuilde belange van die magte in wie se diens hy staan!
Toe Genl. Smuts in 1917 op 'n dinee in Engeland, wat in sy eer as lid van die Imperiale Oorlogskabinet deur Lord Selborne vir hom gehou is, totale segregasie as die enigste oplossing vir die rassevraagstuk in Suid-Afrika voorgelê het, was daar geen teëspraak nie!
Sy motivering? Integrasie van die onderskeie Nie-blanke en blanke ras, is onbevredigend!
"Giving the natives their own separate institutions on parallel lines with institutions for whites…..we may yet be able to solve a problem which may otherwise be insoluble. They are different not only in colour but in mind and in political capacity and their political institutions should be different." Het Genl. Smuts gesê.
Dit het tyd geword dat die waarheid met erns verdedig word sodat wanneer Mugabe Oppenheimer se Anglo-eiendomme vinnig van sy hervormingslys afhaal, die res van die blankes, wat die liberales se beleid gesteun het, kan sien waaroor dit gaan!
Danie Varkevisser
Posbus 177
KINROSS
2270