Daar is onlangs in die media ernstig na mekaar gehap deur die Afrikanerbond en landbouorganisasies. Uit korrespondensie wat daaruit voortgevloei het, het die naam van die Afrikaner Burgerlike Netwerk na vore gekom wat heelwat vrae onder behoudende en Nasionalistiese Afrikaners laat ontstaan het.
Met die verbale houe wat na mekaar gemik is tussen Vrystaat Landbou, Agri SA en die AB, moet ‘n mens egter waarsku dat hulle versigtig moet wees dat hulle nie straks mekaar raak slaan nie! Met die standpunte en onderlinge oogmerke van elke organisasie, kan ’n mens nie regtig agterkom of hulle wil vry of baklei nie.
GEMENE DELER
Wat onmiddellik opval van die betrokkenes in die bo-vermelde netwerk, is dat sonder uitsondering elkeen van hulle die huidige grondwet aanvaar, onderhandeling met die regime as werkmetode vooropstel en multikulturalisme oftewel integrasie aanvaar het as ’n onvermydelike vereiste vir blanke voortbestaan.
Dit het ook tot my ore gekom dat daar by ’n byeenkoms wat deur die AB aangelê was, Andries Breytenbach , leier van die HNP en Steyn van Ronge, leier van die AWB teenwoordig was. Hulle albei kom voor op die kandidatelys van die VVK wat ook met die regime wil gaan onderhandel vir ’n stukkie grond as volkstaat vir die Afrikanervolk, in ruil vir die Republiek van Suid-Afrika. Hierin word hulle gelei deur Paul Kruger en in die media gedra deur Radio Pretoria.
Dan is daar nog Lets Pretorius wat telkens met die regime samesprekings voer oor “Afrikanerbelange”?
DIE ABN,(Afrikaner Burgerlike Netwerk)
Die Afrikaner Volksparty se standpunt is by herhaling gestel dat Afrikaners moet konsolideer en kragte saamspan oor sake van gemeenskaplike belang. Daarom is ons kritiek nie teen die saamkom van individue en/of organisasies nie, inteendeel! Ons kritiek is egter teen die oogmerke van persone en organisasies wat die Afrikaner se vryheidstrewe benadeel en in gevaar stel om in die doofpot gestop te word soos sovele ander van die verlede.
Laat ons dus opnuut die ABN en sy deelnemers van naby bekyk.
Afrikaners ‘moet opstaan en hulself help’
2010-03-04
Die Burger
Pretoria -
Minderhede het tot dusvêr saamgespeel, maar maniere van georganiseerde protes is nou nodig, meen prof. Hermann Giliomee, historikus en politieke ontleder. Hy het by die Afrikaner Burgerlike Netwerk (ABN) se beraad hier opgetree.
Prof. Deon Geldenhuys, ’n politieke ontleder van die Universiteit van Johannesburg, het in sy toespraak (by dieselfde beraad), oor politieke riglyne vir oorlewing van die Afrikaanse kultuurgemeenskap gesê daar moet gevra word of dit polities moreel gepas is as Afrikaners hulself afgesonderd sien van bruin en swart mense wat hul taal deel. Die Afrikaners verteenwoordig 6% van die gemeenskap en Afrikaanssprekendes 13,3%.
Geldenhuys het gesê vir die erkenning van minderheidsregte behoort na ’n multikulturele benadering gekyk te word waar vereis word dat twee of meer tale gebruik word. (Aldus die Burger) my beklemtoning
JAN EN JAN
Hulle is albei Bloemfonteiners en hulle deel die naam Jan. Hulle was saam in die NP en die DA en broeders in die Broederbond wat die Afrikanerbond (AB) geword het. Deesdae staan hulle aan verskillende kante van die draad. Die een is Jan van der Merwe, nou van die ANC. Die ander is Pieter Jan Vorster, steeds van die AB.
As ANC-man het Van der Merwe sy oudbroers in die AB woedend. Hy het gesê die doodsklok het vir die AB gelui. Hy doen as Afrikaner in die ANC meer vir die Afrikanersaak as die uitgediende AB “wat soos ’n klomp jagse, gekastreerde casanovas op ’n orgie graag ’n bydrae wil maak, maar nie kan nie”, was sy woorde.
Vorster, voorsitter van die AB, sê daar is juis ’n plan. Vir ’n moontlike groot, nuwe burgerlike organisasie. Juis teen van die dinge wat die ANC in die land doen.
Al is die AB met sy 2000 aktiewe lede nie meer die ou organisasie van duisende nie, wil hy deel wees van ’n alternatief saam met ander – oor kultuurgrense heen – wat die demokrasie, die Grondwet, grondwetlike waardes en menseregte bevorder, sê hy.
Daarom neem die AB deel in die Afrikaner- Burgerlike Netwerk (ABN), ’n netwerk van ’n twintigtal organisasies en instansies soos AfriForum, Solidariteit, die ATKV, Fedsas, Agri SA, Dames Aktueel, die SAOU...
“In die ABN word studies en in diepte-ontledings oor Suid-Afrika gedoen vir aksieplanne. “Ons is in gesprekke met verskillende groepe en organisasies om vas te stel of dit moontlik is om, met ’n gemene deler soos die Grondwet en wat dit omvat, saam te werk.
“Ons meen daar is plek vir ’n burgerlike organisasie oor kulturele grense heen wat Suid-Afrika eerste sal stel, die Grondwet in stand sal hou en grondwetlike waardes sal bevorder. “Ek dink dit sal waarskynlik ’n nuwe organisasie moet wees waarby organisasies – nie net Afrikaner-organisasies nie – affilieer, maar dit is te vroeg om te veel te bespiegel.”
“Die AB is besig om sy geld te beskerm, te versterk en te laat groei totdat die scenario-beplanning en aksie stappe opgestel is. Daarna sal die AB sy bydrae lewer soos wat dit nodig mag wees. Dit mag wees vir die saak om eenheid uit verskeidenheid en wisselwerking te bewerkstellig om die verskeidenheid se belange te beskerm.”
Dit beteken nie die AB sit agteroor en wag nie. Die AB werk vir die Afrikaner en daarmee saam vir ander minderheidsgroepe, sê hy. “Die AB verteenwoordig wel ’n spesifieke groep. Dit wat hy bevorder, byvoorbeeld moedertaal-onderwys, is egter ook tot voordeel van elke ander minderheidsgroep.
“Dit is nie waar dat die AB slegs 800 lede het nie. Ons het sowat 2000 aktiewe lede en 2000 rustende lede. Dit is waar dat dit min is, maar ons het lede in elke provinsie. Dit is mense wat ’n betekenisvolle rol in hul gemeenskappe speel, as raadslede, in kultuurverenigings, in kerkrade – nie noodwendig net van die NG Kerk nie – en in hul professionele rol. Ons sal meer lede wil hê wat jonk en dinamies is.”
Dat daar ooit, soos gesê word, ’n omstrede en onaangename debat in die Vrystaatse AB was oor bruin mense en of hulle Afrikaners is, ontken hy heftig. Elke bruin mens moet self besluit of hy ’n Afrikaner is. “Bruin mense het die reg om self te besluit.”
Die AB het bruin lede. Hoeveel daar is, kan hy nie sê nie. “Die aktiewe lederegister maak dit moeilik om te bepaal wie spesifiek bruin is. Daar is bruin lede en daar is vroue. Lidmaatskap is egter vertroulik, behalwe as iemand wil bekend maak hy is ’n lid.
In die Vrystaat is daar nie bruin lede nie.
“Hulle is welkom om hulle aan te sluit. ’n Lid word hedendaags nie gewerf nie, maar doen aansoek. As hy Afrikaans, ’n belydende Christen, beginselvas, ingesteld op dienslewering en minstens 18 is, kan hy aansoek doen.”
Kragtens die AB se grondwet kan mense wat aan die lidmaatskapsvereistes voldoen, nie lidmaatskap geweier word nie, selfs al behoort hulle aan die ANC met wie se nasionale demokratiese revolusie die AB glad nie akkoord gaan nie. “Daar is lede wat in die ANC is.”
“Ons glo die werkwyse van ’n groep soos die ad hoc-komitee wat aanvanklik gevorm is om die *Onteieningswetsontwerp teen te staan en tans op die groenskrif fokus, ’n groter kans het om die nadelige gevolge van die inwerkingstelling daarvan uit te wys as ’n individu in die ANC.”
*(Uittreksel uit n verklaring Deur NICO VAN BURICK Landbou.com
Wat gaan verder met die Onteieningswetsontwerp gebeur? is 'n vraag wat me. Thoko Didiza, Minister van Openbare Werke, binnekort gevra gaan word.
Dit was een van die besluite van 'n Ad Hoc-komitee vir die Beskerming van Eiendomsreg wat 'n strategiese werksessie in Pretoria oor onder meer die beoogde wetswysiging en die Nasionale Demokratiese Rewolusie gehou het. Die komitee het besluit om voort te gaan om druk toe te pas dat die wetsontwerp in sy huidige formaat permanent van die wetboek af sal bly.
"Ons sal die vinger op die pols hou en die verloop met die beoogde wetgewing fyn dophou totdat dit vir ons aanvaarbaar is," het mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA, gesê.
Die komitee is 'n informele groepering van organisasies en politieke partye en sluit in Agri SA, die TLU SA, AfriForum, die Afrikanerbond, die FW de Klerk-stigting, die ATKV, Regslui vir Afrikaans, die Gereformeerde Kerke van Suider-Afrika, die DA, die VF Plus en die ACDP.
Van Zyl sê die komitee is nie teen onteienings wetgewing gekant nie. "Elke land het 'n onteieningswet wat in nasionale belang toegepas word. Die internasionale norm is egter dat markverwante vergoeding en tranegeld betaal word wanneer onteiening nodig is. Hierdie is niet net 'n landbou-kwessie nie. Dit raak elkeen in die land."
26 Augustus 2008)
Vir die mense wat sê die AB het weens sy aandeel in die apartheidsgeskiedenis nie meer ’n plek nie, sê Vorster: “Die AB onderskryf nie meer apartheid nie en die ANC nie meer gewapende geweld nie. Dit is mos die nuwe Suid-Afrika en ’n nuwe tydperk. Moet ek nou, omdat die ANC teen apartheid geveg en ’n legitieme rede daarvoor gehad het, onvoorwaardelik aanvaar dat hy alles reg doen? .........“Net so kan daar nie vasgesteek word by die feit dat die AB in ’n gegewe stadium apartheid onderskryf het nie. Vandag onderskryf hy die Grondwet en die waardes wat daarin vervat word.”
OOR DIE VRYSTAAT LANBOU OPMERKINGS
Mense moet nou maar sê wat hulle wil van die AB. Hulle kan hom en sy AB maar ’n klomp ou omies noem. “As die AB egter kan bydra tot die vorming van ’n burgerlike, demokratiese koalisie sal ek baie dankbaar wees.” “In die ABN word studies en indiepte-ontledings oor Suid-Afrika gedoen vir aksieplanne. “Ons is in gesprekke met verskillende groepe en organisasies om vas te stel of dit moontlik is om, met ’n gemene deler soos die Grondwet en wat dit omvat, saam te werk.”
Dit moet gesien word in konteks saam met die reeds gepubliseerde verslag van die Afrikaner Burgerlike Netwerk wat saamgestel is deur proff Andre Duvenhage en Jaap Steyn en wat reeds tot die beskikking van alle organisasies gestel is: “Die kommer oor die toekoms het die Afrikaner Burgerlike Netwerk (ABN) gemotiveer om scenario’s te laat ontwikkel vir die Afrikaners op pad na 2020.
Die volgende organisasies is by die ABN betrokke: AfriForum, Afrikanerbond, Agri-SA, ATKV, Dames Aktueel, Die Dameskring, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (in waarnemende hoedanigheid), Die Voortrekkers, Erfenisstigting, FAK, Fedsas, Helpende Hand, Jong Dames Dinamiek, Oraniabeweging, Rapportryerbeweging, SA Onderwysunie, Solidariteit, Solidariteit-Navorsingsinstituut, die Transvaalse Landbou-unie, Voortrekkermonument en die Vereniging van Regslui vir Afrikaans.”
Ons indruk is nog steeds dat Agri SA deel is van die proses en in die lig daarvan is die steling in die onderhoud gemaak. Daarom is dit in Agri SA se hande indien u so voel om hom te distansieer van die ABN proses en uitkomste. Dit kan gedoen word na die ABN, waarvan Solidariteit die sameroeper is en die AB slegs _ deelnemer. Agri SA sal sy afstand dan teenoor die twintigtal organisasies moet stel.
Die volgende aanhaling wat in die onderhoud gebruik is “Ons meen daar is plek vir ’n burgerlike organisasie oor kulturele grense heen wat Suid-Afrika eerste sal stel, die Grondwet in stand sal hou en grondwetlike waardes sal bevorder. “Ek dink dit sal waarskynlik ’n nuwe organisasie moet wees waarby organisasies – nie net Afrikaner-organisasies nie – affilieer, maar dit is te vroeg om te veel te bespiegel”
verwys duidelik nie na die Afrikaner Burgerlike Netwerk nie, verwys nie na AgriSA nie en verwys geensins na landbou nie. In die verband is die Afrikanerbond besig met gesprekke met verskeie minderheidsgroeperinge, oor taal en kultuurgrense heen, om sake wat vir minderhede van belang is op gemeenskaplike basis te bevorder.
Oor u opmerking wat in die media aangehaal is: “Ek wil dit onomwonde stel dat ons nie saam met die AB werk nie, nie met hulle praat nie en ook geen skakeling met hulle het nie.” Tensy u verkeerd aangehaal is, herinner ons u graag aan die volgende:
Amptelike ontmoetings met AgriSA en die Afrikanerbond 12 November 2008 en 1 Februarie 2011 by die kantore van AgriSA: Tydens hierdie gesprekke is bevestig dat ons dieselfde waardes deel, dat ons _ wesenlike bydrae wil lewer tot die sukses van Suid-Afrika, dat ons die grondwetlike waardes ondersteun. Gemeenskaplike kommer is ook tydens die gesprekke uitgespreek oor sake soos onteiening en grondhervorming wat gebalanseerd moet plaasvind. Ons het die indruk gekry dat daar wedersydse respek is vir die onderskeie rolle wat gespeel word.
AgriSA is ook deel van die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van eiendomsregte sedert 2008 en was beide mnre Andre Botha en Kobus Visser van u organisasie deel van die mees onlangse gesprek op 12 Mei 2011, wat _ groot aantal rolspelers, ook buite die gewone Afrikaner dampkring ingesluit het. Hierdie gesprek het fokus geplaas op misdaad in die algemeen en landelike veiligheid in die besonder. Verslag na afloop van die gesprek is aan alle deelnemers van die gesprek gestuur. Dit is ook uit hierdie gesprek wat die strategie rondom die Nasionale Demokratiese Revolusie voortgespruit het en waarom Agri SA genooi is om deel te word van breë burgerlike beweging teen die ondermyning van die grondwet. Agri SA het verkies om nie hieraan deel te neem nie.
Pieter (Jan) Vorster (56) is prokureur in Bloemfontein, stoetboer (Santa Gertrudis-beeste), 23 jaar al lid van die Broederbond/Afrikanerbond (AB) en vir die tweede agtereenvolgende jaar voorsitter van die AB.
In die politiek was hy ’n kwarteeu lank in die NP en die laaste NNP-burgemeester van Bloemfontein. Daarna het hy hom by die DP aangesluit en was hy vir ’n termyn lank DA-raadslid in Masilonyana (Winburg).
Hy was lid van die federale raad van die NP en van die DA. “Ek is nie klaar met die politiek nie, maar wel as partyfunksionaris van ’n politieke party. Aldus die Volksblad. ” (Alle beklemtoning, myne)
ORANIA
Orania raak toenemend ‘n deelnemer aan hoofstroompolitiek en is ook betrokke by die Afrikaanse Burgerlike Netwerk (ABN). Ons twee uiters bekwame sprekers by vanjaar se Burgervergadering is mnr. Flip Buys, hoof van die vakbond Solidariteit en voorsitter van die ABN, en prof. André Duvenage, Navorsingsdirekteur aan die Noordwes Universiteit.
VRYSTAAT LANDBOU
Mnre Louw Steytler en Dan Kriek wat onderskeidelik tydens die Vrystaat Landbou kongres en ook op radio (RSG onderhoud op Donderdag 4 Augustus 2011) uiters venynige en ongevraagde opmerkings oor die Afrikanerbond gemaak het, se stellings getuig van diepe onkunde en persoonlike historiese vooroordeel van die twee individue. Op geen stadium het die Afrikanerbond ingemeng, of georganiseerde landbou probeer beheer nie. Dit is nie ons mandaat nie. Ons het wel lede met verskillende belange en dit is die belange wat ons verteenwoordig.
Ons vertrou dat bogenoemde sake die kwessie in perspektief stel. Ons het nog altyd _ goeie en vrugbare werksverhouding met Agri SA gehad en sal dit graag wil voortsit. Dit is nie ons styl om vanaf openbare platforms, of deur die media, ander organisasies wat dieselfde waardes deel te kritiseer nie. Ons benadering is nog altyd een van konstruktiewe en openhartige gesprek.
Met bogenoemde in konteks verwag ons dat die saak dringend reggestel word. Ons verneem graag verder van u.
Vriendelike groete
Pieter Vorster
Voorsitter van die Nasionale Raad
Datum: 4 Augustus 2011
UITTREKSEL UIT DIE WEBBLAD VAN DIE Die F.W. de Klerkstigting
Missie
Die F W De Klerk bevorder die presidensiёle nalatenskap van F W de Klerk deur die:
Die Stigting se Oriëntasie
Die Stigting se Programme
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte is `n eenheid van die FW de Klerk Stigting. Die SGR het geen party politieke affiliasie nie en bevorder die volle spektrum van regte, waardes en beginsels in die Grondwet.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte se aktiwiteite sluit in:
Die SGR ondersteun die vereistes in die Grondwet wat die gelykheid van mense wat voorheen benadeel is deur onregverdige diskriminasie. Dit aanvaar die noodsaaklikheid van gebalanseerde regstellende aksie en grondhervorming.
MET WIE WIL ONS PRAAT?
Hierdie tendens om met enigiemand en almal behalwe met die Afrikaner te praat oor sake wat die Afrikaner se wese raak, is bepaald nie ‘n nuwigheid nie maar bestaan sedert die sluipmoord op dr. Verwoerd in 1966.
Met groot sukses is die Afrikaner aan die lyntjie gehou deur verby hom en bo-oor hom en van hom te praat, net nie met hom nie! Met die ontwaking van die sluimerende nasionalisme in die Afrikanervolk, is die tyd waar elke Jan Rap en sy maat ’n mandaat opeis of fabriseer om namens die Afrikanervolk te praat, te onderhandel en te onderneem, besig om vinnig uit te loop! God het ons nie hier geplant as ’n bedelaarsvolk of ’n volk wat bestem is om in ’n Swart Godlose reënboognasie op te gaan en in sedeloosheid en wanorde te verval nie!
Ons heil setel in geloof , nie in onderhandeling met ongelowiges nie, nie in die VN nie, nie in getalle of strukture of verkiesings of geheime organisasies nie, maar in geloof en gehoorsaamheid aan God’s gebooie. Hebreërs 11:1 Die Geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie!
Laat ons volk dan verenig in verset as ’n volk soos wat God ons hier gevorm, gelouter, geseën en in voorspoed laat gedy het, totdat ons Hom verlaat en sy gebooie begin versaak het. U sien en beleef dit mos! Die gevolge is “to ghastly to contemplate!”