1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9952966

Besoekers aanlyn

Ons het 126 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE VOORUITSIG OP SUKSES VAN ’n VEELRASSIGE EENHEIDSTAAT IN SUID-AFRIKA

Oorsprong van die gedagte van ’n eenheidstaat

Sedert die volksplanting in 1652 deur Jan van Riebeeck aan Kaap die Goeie Hoop, het die Afrikanervolk wat uit die Vryburgers ontstaan het, hulleself as ’n geroepe volk beskou wat homself moes beskerm teen verdringing en/of vermenging teneinde sy geroepenheid te kon uitleef.  Die ontberings waaraan die Afrikanervolk tydens sy volkswording blootgestel is, het gaandeweg maatreëls  om as volk behoue te bly versterk en is afsonderlike ontwikkeling uiteindelik as die enigste en effektiefste staatsvorm vir dié doel aanvaar.

Hierdie natuurlike drang om selfbehoud het onder Engelse oorheersing aan die Kaap, waar die Afrikaner onderwerp is aan aftakeling, vernedering en onderwerping aan gelykstelling in kerk en staat met die nie-blanke, tot ’n vryheidsdrang ontwikkel wat tot die Groot Trek gelei het.  ’n Staat waarin swart en wit gelykgestel word met ’n ewige swart oorwig van getalle, sou ’n ewigdurende belangebotsing verteenwoordig waarvoor die Afrikaner nie kans gesien het nie.

Die onbillikheid wat daaruit voortgevloei het, het gestuit teen die nasionalisme van die Afrikaner.  Onvermydelik sou twee nasionalismes teenoor mekaar staan, met die gelykheidsbeginsel as grondslag vir getalle oorheersing.

Die poging vir die vestiging van ’n eenheidstaat deur die Engelse, is dus reeds vroeg deur die Groot Trek in die wiele gery.

Vry van oorheersing

Hoewel die Afrikaner vir ’n tyd lank in sy eie Republieke, vry van oorheersing deur die Engelse was en dus sy staatkundige stelsel volgens sy eie aard en insig kon inrig, het die Engelse agter hom aangetrek die binneland in, en telkens onderwerp aan oorheersing en praktyke wat die Afrikaner se selfbehoud bedreig het.  Ontdekking van Suid-Afrika se minerale rykdomme het groot getalle immigrante gelok met ander sedes en waardes wat die Afrikaner se drang na selfhandhawing onder druk geplaas het.

Dit was eers regtig na die politieke oorwinning van 1948 van die Nasionale Party (NP) oor die Verenigde Party (VP), wat die Afrikanervolk die beleid van afsonderlike ontwikkeling in wetgewing kon vaslê waardeur sy voortbestaan verseker is.

 Vryheidsdrang ondergrawe

Omdat die stryd tussen Blank en Swart in wese ook ’n stryd tussen gelowiges en ongelowiges verteenwoordig, was dit onvermydelik dat die kerk daarby betrokke sou raak.  Met die Satan as vader van die leuen, was dit onafwendbaar dat liberale en humanistiese teologiese dosente die gelykheidsstrewe die kerke sou indra en sodoende druk begin plaas het op die Afrikanerregering om af te sien van die beginsel van afsonderlikheid as ’n “euwele” beleid.

Met die gevolglike aanhoudende klem op die “morele onverdedigbaarheid” van die apartheidsbeleid van buite en binne Suid-Afrika, het die geleidelike  aanvaarding van liberale uitgangspunte, ondersteun deur sport en vermaaklikheidspraktyke,  Nasionalisme op die agtergrond geskuif en het hervorming begin aanvaarbaar word.  Die versekering van wigte en teenwigte en sekere waarborge vir die behoud van blanke seggenskap oor eie sake, het die niksvermoedende en goedgelowige Afrikaner in die grys area tussen Nasionalisme en liberalisme ingelei terwyl die media en beeldsendings aanhoudend sy weerstand erodeer het.

SABRA OOR HERVORMING EN GEWELD

Terwyl daar nêrens in die wêreld teenoorstaande nasionalismes is wat in harmonie vreedsaam in ’n eenheidstaat naasbestaan nie, maar die teendeel eerder waar is en elke so ’n poging in geweld eindig, word dit deur die liberales in die wind geslaan en in Suid-Afrika met die ondersteuning van feitlik elke imperiale moondheid ondersteun.

Met  Derdewêreld en Eerstewêreld nasionalismes wat hier in Suid-Afrika nou saamgedwing word sedert 1994 en daarby die Jood en die Moslem, die Christen en die aanbidder van die Voorvadergeeste om een beleidmakende en wetgewende tafel, is dié tafel gedek vir moeilikheid!

In ’n uitgawe van SABRA oor hervorming en geweld in 1983, word interessante waarnemings, ontledings en feite uiteengesit wat nie net vandag tersaaklik is nie maar ook van onskatbare waarde is in die lig van die huidige ontplooiing in die geknoeide eenheidstaat waarbinne ons ons nou bevind.

SABRA skryf:  “Die omstandighede wat geweld voed, is in die samelewing aanwesig en dit sal voortduur selfs al word die huidige regering uitgebrei om swart mense in te sluit. As die eenheidstaat voltrek word, sal dit vir die veiligheid en toekoms van klein volke ernstige gevolge meebring.

Die eenheidstaat is in wese stryd opwekkend. Die stryd verander van aard en omvang maar dit hou nie op nie………………….

Die owerheid het ’n roeping om rus en vrede te handhaaf” 

TEENOORSTAANDE STREWES

Die vryheidsdrang van die Afrikaner onder Engelse oorheersing wat gelei het tot die Groot Trek, oorloë, lydelike verset en politieke stryd, het in die tydvak van politieke oorheersing deur die Afrikaner sedert 1948 tot met die sluipmoord op dr. Verwoerd op 6 September 1966, rustend geraak as gevolg van die bekwame en volks beskermende wyse waarop met volksake gehandel is deur ons leiers en nasionalistiese regering.  Daardie sluimerende vryheidsdrang het egter nie verdwyn nie en is vandag weer net so lewendig onder swart, kommunistiese oorheersing, as wat dit destyds was.  Dit kom vandag te staan teenoor veral die swartes se nasionalisme om hulle politieke mag oor alles en almal te vestig en sal soos in die verlede nie weggaan totdat ons ons vryheid weer terug het nie!

Die mate waarin egter deur ons vyande geslaag en sukses bereik word met  geweld wat aangewend word, bepaal tot ’n groot mate  die steun en deelname van die swartes en liberale blankes in die land.  Finansiële en geestelike steun vanuit die buiteland het dan ook ’n groot invloed op die omvang en aard van die geweld wat aangewend word om die Afrikaner al verder te onderdruk.

Die aanvaarbaarheid in die binne en buiteland van die benadering om met geweld die Afrikaner te onderwerp, is die persepsie wat geskep is dat die Afrikaner die swart ras veronreg het, dat hulle (die swartes), ’n aanspraak het op Suid-Afrika omdat dit oorspronklik aan hulle behoort het en veral omdat invloedryke “Afrikaners” beskikbaar was om gebruik te word om sulke persepsies te help vestig en uit te bou.

 

DIE VERLOOP NA BEWINDSOORNAME DEUR DIE SWART REGIME

Die benadering van die liberale blanke wat betrokke was en deelgeneem het om hervorming en transformasie te laat plaasvind, om geleidelik die leisels oor te gee, het nie rekening gehou met die swarte se magsug en die feit dat alles wat die blanke in praktyk in werking gestel het om ’n ge-ordende samelewing te vestig, vir die swarte ’n struikelblok is wat so vinnig as moontlik verwyder moet word nie.

Hierdie strewe van die swart regering het gekulmineer in ingryping in die onderwys, die plaaslike owerheid, die regstelsel, gesondheidsdienste en feitlik elke ander funksionele staatsordening, sonder inagneming van die haalbaarheid daarvan, solank as wat enige vorm van blanke kundigheid verwyder kon word. Die onvermydelike ineenstorting kon vir geruime tyd aan apartheid en die blanke toegeskryf word en is deur die plaaslike liberales en die vyandige buiteland ge-eggo.

Die tempo van verandering in die lewens omstandigheid van die gewone swarte het egter nie positief verbeter nie as gevolg van die twee benaderings wat bestaan het voor die bewindsoorname en wat daarna voortgeduur het tot irritasie van die gewone swarte op straat.

Die geweldsbenadering teenoor die onderhandelingsbenadering van dié swart leiers wat deur die imperialisme ingesuig is en gewoond gemaak is aan die materialisme en gemak wat daarmee gepaardgaan, duur nou al sewentien jaar en ontaard in wedywering vir die guns van die massas waar die gebruik van geweld teenoor mekaar toenemend toeneem.

Die verontregting teenoor die blanke word ’n instrument vir gunswerwing onder die massas en is besig om ook uit te brei na die ander kleiner volke soos die kleurlinge, Boesmans en selfs ander kleiner swart volke en sal onvermydelik ook die Indiërs tref.

Dit is onvermydelik dat die gewelddadige en nie-gewelddadige benaderings bymekaar sal uitkom omdat die einddoel dieselfde is en die massas hoe langer hoe ongeduldiger word.

 

BLANKE REAKSIE

Met die Republiek van Suid-Afrika, die wettige en wêrelderkende eiendom van die Afrikanervolk nou in die hande van ’n Swart, Kommunistiese Meerderheidsregime, het die Afrikanervolk agteruitbeweeg tot bykans 1652.

Die ge-integreerde eenheidstaat het in die plek van vrede en voorspoed vir al die volke hier te lande, onvrede, wantroue, gebrek aan wet en orde en algemene verval en onveiligheid gebring wat ’n teelaarde vir toenemende geweld is.  Vanuit watter hoek ook al daarna gekyk word, is toename in geweld onafwendbaar.

Die beherende swartes se korruptiewe strewe na meer en groter rykdom en mag, verminder nie alleen die gewone werker se werksgeleenthede, sy inkomste en sy vooruitsigte nie, maar dit verhoog ook die potensiaal van stakings, oproer, onluste en die uiteindelike belemmering van vooruitgang.

Dit is in hierdie klimaat van verval wat nou nie net meer voorspellings is nie maar ’n werklikheid geword het dat die Afrikaner besef dat hy na oplossings moet soek.  Dit het die vyande van die Afrikanervolk egter voorsien en menige oplossings op die tafel geplaas om die Afrikaner verdeeld te hou.  In ’n volgende artikel kyk ons daarna.  Intussen is dit duidelik dat ’n Veelrassige Eenheidstaat nie in Suid-Afrika en ook in géén ander land van die wêreld, die vooruitsig het om te slaag nie!  Dit is gedoem tot eindelose geweld in teenstelling met die utopia wat die liberales in die vooruitsig gestel het.  Mag hulle daarin omkom soos die honderde duisende wat hulle reeds daartoe verdoem het met hulle verhewe “geleerdheid” waarmee hulle die wysheid van ons voorgeslagte vervang het!

 

Indien n nasie mag afstaan in die naam van geregtigheid, dan sal so n nasie verseker wees van teoretiese roem en aansien, maar net so seker sal die oomblik kom waarin hy platgevee sal word deur n mag wat die realiteit beter verstaan het as hy – Oswald Spengler

  

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie