Die geldmag gesteunde media en sekere ander organisasies en partye soos Afriforum en die DA is daarop uit om Julius Malema as ‘n faktor uitgeskakel te kry. Baie sal natuurlik juig daaroor en sal al hierdie groeperinge lof toegeswaai word as dit gebeur. Die vraag is egter of dit enigsins die Afrikaner se posisie gaan verbeter en persone wat soos Malema optree, aan bande gaan lê.
Eerstens is dit so dat die blote hokslaan van korrupsie en die ontbloting van ANC-wanpraktyke niks vir die Afrikaner se vryheidstryd beteken nie. As ons as volk gereduseer is om telkens maar net ANC-vergrype uit te wys en hier en daar op ‘n “reg” in die Grondwet aanspraak te maak, is ons gedoem tot permanente onderhorigheid en daarby, uiteindelike uitwissing.
In die tweede plek is dit gewoon ‘n feit dat daar duisende ANC-“jeugleiers” is wat hulle lippe aflek om ook soos Malema tekere te gaan en te gryp en te roof waar die geleentheid hom sal voordoen. Hulle wag net hulle
Dit
Ons word getroos met die feit dat daar ‘n Grondwet is wat ons beskerm. Intussen word ‘n eenparty diktatuur gevestig in naam van “menseregte” en “demokrasie” Die Blankes word vir die gek gehou terwyl die liberale lofsangers betaal en geprys word vir die feit dat hulle deurentyd aan ons vertel hoe belangrik dit is dat ons “die mees gevorderde Grondwet” in die wêreld het. Intussen kon die Grondwet niks aan die heil van 30 000 Blankes doen wat die afgelope 17 jaar vermoor is, en die honderde duisende wat op die een of ander wyse verontreg is nie. Ek wonder hoeveel Blankes besef dat die Grondwet juis daardie verontregting bekragtig!
Op ‘n stadium enkele jare gelede het ‘n “grootkop” in die ANC gesê dat die revolusie aan die gang is en dat die Blanke deur die revolusie slaap. Hy was reg, al het baie vir hom gelag. Die tragiese is dat ons “eie” mense ons volk aan die slaap hou en aan die slaap sus. Hierdie revolusie het lankal begin en sal in intensiteit toeneem. Die liberalis hou ons volk aan die sus en aan die slaap deur ons aandag af te lei met hofsake teen Malema, terwyl die ganse regime se beleid ‘n vergryp teen ons volk is en nie net die doen en late van Malema nie!
Daar is al gesê dat jy sommige mense somtyds vir die gek