1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9952723

Besoekers aanlyn

Ons het 115 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

WAAROP IS ONS LYDELIKE VERSET GERIG?

Die verset optredes van mnr Abel Malan en die lede van die Verkennersbeweging het opnuut die waarde van lydelike verset bevestig. Anders as baie van ons, was hierdie manne bereid om daad by woord te voeg, hulle persoonlike vryheid in ‘n kommunistiese land op die spel te plaas en vir die wêreld te toon dat die Afrikaner nie berus in hierdie toestand van vernedering en onderwerping nie. Belangrik is egter die vraag waarop hierdie verset gerig is.

As hierdie verset daarop gerig is om iets van die ANC-regime af te pleit of te bedel, soos wat die VVK nou te kenne gee waar gestel word dat met die regime onderhandel gaan word vir ‘n eie staat vir die Afrikaner, sal dit als verniet wees – ydelike verset soos wat Totius se eie pa (dr SJ du Toit) die Boere se verset op ‘n stadium gedoop het. Die Afrikaner se erfgoed is hom onregmatig ontneem, hy mag dit nie terug bedel nie. Wanneer hierdie verset planmatig en georden gedoen word om deurgaans die onreg van die swart kommunistiese regime se handelinge uit te wys, sal dit wyer uitkring en sal dit die Afrikanervolk begeester om meer te doen as om net met krummels tevrede te wees. Begeestering kweek moed!

 

Ons het soveel verloor oor die afgelope 17 jaar dat baie Afrikaners meen dat om net ietsie terug te kry, al goed genoeg sal wees. Dit mag nie. Ons moet terugvat wat aan ons behoort. Hierdie land behoort aan ons volk! En dit is nie ons skuld dat hier miljoene Swartes is, of dat hulle meer as ons is nie. Die Swartes se getalle maak hulle nie geregtig op meer as wat hulle gehad het nie. En ons gebrek aan getalle maak ons nie op minder geregtig as wat ons gehad het nie. Daar is tog iets soos historiese aansprake op grond.

 

Dit sal egter die wil van die volk wees wat sal bepaal met wat ons tevrede gaan wees. Is daar ‘n gebrekkige wil, sal ons met krummels soos ‘n oorhaastige, onbeplande, swak deurdinkte volkstaat tevrede moet wees. Iets wat nie die verbeelding van ons volk sal aangryp nie. Is ons verset gerig op die onreg teen ons volk en die herstel van ons volk se selfrespek en sy trots, sal ons berge kan versit.

 

Laat elkeen van ons vandag nog dink watter lydelike verset aksie hy of sy kan loods. En as dit boonop georganiseerd en georden gedoen gaan word, sal ons verbaas wees oor die resultate!

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie