1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9952794

Besoekers aanlyn

Ons het 147 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

REGSE SLAAN PROF NÁ RUBRIEK

Stellenbosch. – Die visepresident van die regse Verkennersbeweging het die akademikus prof. Anton van Niekerk gisteroggend in sy kantoor aangerand. 
Mnr. Abel Malan (47) van Nelspruit, het glo ’n afspraak met Van Niekerk gemaak om in sy kantoor op die kampus van die Universiteit van Stellenbosch (US) met hom te praat oor ’n artikel wat verlede Dinsdag in Beeld verskyn het.  Van Niekerk is direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die US. Hy is in die artikel onder meer krities oor Afrikaanse intellektuele wat Suid-Afrika se betrokkenheid in die Grensoorlog regverdig. 
“As wit mense sit ons met enorme skuld ten opsigte van die verlede,” het hy geskryf.  ( Só lyk die berig wat in Beeld van 14 Julie 2011 verskyn het )

EMOSIE, KRITIEK EN BEGINSEL.
Mnr. Abel Malan se emosie wat oorgekook het daar in die kantoor van die linksgesinde, liberale en trouelose prof Anton van Niekerk,  is nie ’n impulsiewe handeling wat gebore is uit onbeheersde woede nie, maar dit  het ‘n baie lang aanloop.

Reeds met die fyn beplande sluipmoord op dr. H. F. Verwoerd op 6 September 1966 het die geknoei van  trouelose Afrikaners agter die skerms, na die oppervlak gebars.  Die verskil in beginsel tussen getroue en trouelose Afrikaners is egter só effektief versluier dat die gewone en goedgelowige Afrikaner aanvanklik nie onraad vermoed het nie.  Na gelang die simptome van die liberale en humanistiese denkers neerslag begin vind het in integrasie praktyke, waarvan die uitkoms vir Nasionalistiese Afrikaners vanuit die ervaring van ons voorgeslagte duidelik was, het weerstand begin opbou wat in sommige van ons reeds vir meer as veertig jaar sluimer.

 

Die voorbarigheid van mense soos van Niekerk, wat soos Willie Jonker en ander liberales,  Afrikaners as skuld belade ag en uit sy akademiese verhewendheid homself aanmatig om  alle wittes, en dan veral Afrikaner intellektuele wat aan hulle volk getrou gebly het verdoem, is nie nuut nie maar ook nie minder veragtelik nie.  Sy mond uitspoel spruit uit die beskerming wat hy en sy genote nou geniet van die stelsel wat as gevolg van hulle verraad in plek gekom het. 

 

Dit is vandag nie meer ‘n geheim dat troueloosheid voorgekom het onder veral akademici,  gegradueerdes en geestelikes wat onderrig en opleiding in verskeie universiteite ontvang het by professore en dosente wat hulle beïnvloed het om te glo dat hulle in oordeel en insig verhewe is met ‘n meerdere kennis waarmee die res van die bevolking dan gelei moet word.  Helaas het wysheid in baie gevalle hier tot niet gegaan en is ervaring heeltemal in die wind geslaan

Malan se optrede is simptomaties van ’n volk wat siek en sat is van ongetoetste politieke onsinnigheid wat voorgehou word as argumente wat alle ander benaderings moet ophef terwyl dit alreeds die onbeskryflikste ellende op elke lewensterrein van die Afrikanervolk aangerig het, waarvan van Niekerk en genote weier om kennis te neem.  Wanneer dit dan naby aan sy lyf kom, sal hy waarskynlik ook emigreer en dan vanuit die veiligheid van afstand,  sy volk verder beklad!

 

Wat egter die berig in Beeld ’n erger negatiewe inklinasie gee as bloot die omkeer van ’n lessenaar op van Niekerk, is die prominensie wat in die berig verleen word aan die VVK (Volksraad Verkiesingskommissie)  Anders as om reklame te maak vir ’n aksie wat géén verband het met die gebeure in van Niekerk se kantoor nie, is dit moeilik om te begryp waarom die VVK aan die hare hierby ingesleep word.  Die VVK is juis so ’n bedenklike aksie wat die vryheidstrewe van die Afrikaner ernstig gaan benadeel, hetsy of dit goed- of afgekeur gaan word.  Die vraag wat ontstaan is waarom ’n koerant soos Beeld soveel dekking daaraan afstaan?

Wat van Niekerk betref, is hy nie regtig die aandag van troue Afrikaners waardig nie en sal sy diskoers en al die ander verbete pogings van mense soos hy en die media wat ruimte aan hulle verskaf om die Afrikanervolk van sy beginsels en Nasionalistiese strewe te laat afsien,  niks afdoen aan die ontwakende nasionalisme wat soos suurdeeg besig is om Afrikaners se gees van verset in beweging te bring nie.

 

Die kritiek en wedersydse moddergooiery na aanleiding van van Niekerk en Malan se “broederlike gesprek”, is ’n vermorsing van bruikbare energie wat beter aangewend kan word in beplanning om samehorigheid te bewerk in enkele sake van gemeenskaplike belang waaruit onderlinge vertroue tussen troue Afrikaners ons weer tot eenheid kan saambind.  Laat ons begin by die beskerming van ons lewens wat een vir een geneem word, terwyl van Niekerk sal moet staatmaak op die beskerming van Russel Botman  wat  die aanranding beskryf as “ ’n laakbare daad en verwerplik in die konteks van ons pogings en strewe om ’n Suid-Afrika te skep waarin die regte van al sy mense beskerm word”.

 

As so ’n Suid-Afrika nog geskep moet word beteken dit dat dit nog nie bestaan nie en daarin is Botman natuurlik reg.  Waarin beide Botman en van Niekerk hulle misreken, is dat hulle pogings en strewe nie ’n halwe kans op sukses het nie, en as mense wat ander moet leer, is só ’n demonstrasie van gebrekkige insig noodlottig.




 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie