Daar word reeds geruime tyd bespiegel oor die moontlike betrokkenheid van die Regime by die moorde wat op Blankes gepleeg word. Hoewel daar heelwat meer Swartes as blankes vermoor word, is dit hoofsaaklik swart op swart moorde terwyl Blankes feitlik voor die voet deur swartes vermoor word. In enige staatsordening is die verantwoordelikheid vir die veiligheid van die land se inwoners sonder uitsondering, dié van die Owerheid wat in beheer is. Dít veronderstel die handhawing van wet en orde, ’n bevoegde polisiemag en ’n regstelsel wat onafhanklik en volgens gesonde regsbeginsels oor elke inwoner en besoeker van die land se veiligheid, optrede en belange waak en oordeel.
Die huidige, en reeds vir geruime aantal jare se rekord van die Swart Meerderheids en Kommunisties ge-oriënteerde Regime, vertoon niks as die teendeel van bo-genoemde. Die tendens wat ontwikkel is een van toenemende geweld teen veral Blankes wat op die mees barbaarse wyses gemartel, verkrag en vermoor word met geen agting vir die vermoë van die polisie en regstelsel se invloed op die dade wat gepleeg word nie.
In slegs twee agtereenvolgende uitgawes van ’n dagblad wat hierdie regime help vestig en vandag nog goedgesind is, verskyn nie minder as agt berigte wat daarop dui dat die regime óf betrokke is, óf doelbewus só optree dat die misdadiger nie afgeskrik word nie, óf totaal onbevoeg is om ’n beskaafde gemeenskap te regeer! Wat nou na die oppervlak kom na herhaalde soortgelyke gebeure waaroor daar wyd kommentaar gelewer, geskryf, gekla en beskuldig is, kan ’n mens nie anders as om die mening te huldig dat die regime waarskynlik aan al drie die afleidings hierbo skuldig is.
22 Junie 2011 berig Beeld, “Bevorder in polisie, al sit hul al jare by die huis” In hierdie berig verwys die polisie self na ongeregtighede van die verlede met bevorderings wat reggestel sou word en wat nie gebeur het nie. Die berig verwys vêrder na iemand wat al ses jaar by die huis sit en in die tyd na luitenant bevorder is.
Op dieselfde bladsy berig die koerant: “Man in arres nadat hy inbreker in huis skiet”. Vier mans breek in die man se huis in en hy skiet die een wat hom met ’n staalpyp aanval in die onderlyf. Daarvoor word hy in hegtenis geneem weens poging tot moord en word daar beslag gelê op sy vuurwapen! Bid jou aan! Watter ongelooflike “oordeel van reg en geregtigheid” word hier aangelê!
Op 23 Junie 2011 berig dieselfde dagblad: “Pa in winkel geskiet: vyf vry”. ‘Al vyf beskuldigdes in die Pretoriase winkel rooftog waarin die 28 jarige pa van ’n babaseuntjie doodgeskiet is, het gister vry uit die hooggeregshof gestap nadat die staat se saak weens slordige werk van die polisie platgeval het’. Dit na 17 jaar se staatsbeheer en klagtes sonder tal? Kan die regime dan nog beweer dat hulle nie ’n aandeel het in die moorde op blankes nie? Is hierdie optrede nie in lyn met Malema se onlangse uitspraak: “dat ons julle goed gaan vat sonder vergoeding want julle het ons goed gesteel nie?...........en as julle julle goed vrywillig aan ons afgee het julle nie rede om misdadigers te vrees nie? En die regime se president en elke ander belanghebbende swyg in al elf tale!
’n Tweede berig van ’n man wat ook ’n inbreker geskiet het wat by sy huis ingebreek en hom met ’n staalpyp aangeval het, waarna hy ge-arresteer is vir poging tot moord se opskrif lui: “Inbreker geskiet: Saak laat vaar”. Hier beweer die polisie dat die saak laat vaar is omdat die man homself verweer het. Wat dit nou ook al beteken! Wat interessant is, is dat die saak teen die inbreker ook laat vaar is omdat die staatsaanklaer dink dat daar nie genoeg bewys is dat hy vervolg kan word nie.
Op dieselfde bladsy verskyn daar ’n berig van ’n Gautengse departement van Paaie en vervoer wat meer as 500 miljoen Rand onreëlmatig bestee het, onder die opskrif: “Gauteng-departement ‘gebruik te veel konsultante’.”
In dieselfde koerant van dieselfde datum verskyn nog twee berigte op bladsy 8 wat lui: “Vyf van Tshwane-metropolisie gearresteer oor korrupsie” en “ GPF-saak: ‘Landdros het fouteer’ Daarbenewens word berig van twee mans wat glo meer as veertig miljoen Rand by die Wêreldvoedselprogram gesteel het.
’n Volgende berig wat op bladsy vyf verskyn, verhaal van ’n boer van wie agt diere vergiftig, by sy huis ingebreek en geplunder is en daarna met sy bakkie waarvoor hy twintig jaar lank gespaar het, verdwyn het. ’n Grusame foto van agt dooie diere vertel die verhaal wat by Meyerton afgespeel het en bewys waartoe die misdadigers bereid is om te gaan om die blanke en sy gesin by te kom.
As die regime na 17 jaar nie daarin kon slaag om oor hierdie sake beheer te verkry nie, moet dit tog vir almal duidelik wees dat hulle nie daaroor beheer wíl neem nie en dat die enigste afleiding wat gemaak kan word, is dat die regime stilswyend goedkeuring heg en selfs betrokke kan wees by die toenemende misdade wat teen blankes gepleeg word. Die enigste verweer wat hulle nou nog kan hê is dat hulle nie in staat is vanweë hulle onbevoegdheid, om hulle verantwoordelikheid in hierdie verband na te kom nie.
Hoe dit ook al sy, ons blankes sal moet standpunt inneem en onomwonde aan die regime tuisbring dat ons onsself met alles tot ons beskikking sal verdedig en dat elke misdadiger wat dit in sy kop kry om ons aan te val, met sy lewe daarvoor sal betaal! Om effektief daarin te slaag sal ons baie hegter gebind moet wees om die onregmatige arrestasies en ontwapening wat daarop sal volg, wat myns insiens die betrokkenheid van die regime verteenwoordig, teë te werk.