Met die herdenking van die 50 jarige bestaan van die Afrikanergevestigde Republiek van Suid-Afrika, het die viering daarvan die battery nie net vir Junie, maar ook vir die res van 2011 gelaai. Dit is jammer dat die vyande van die Afrikaner daarin slaag om sommige van ons volk los te maak van die inspirasie van ons volksgebeure, deur dit bloot weg te laat uit die kalender.
Net die gedagte aan die genade en barmhartigheid van God wat ons volk hier kom plant, onderhou en vêr bo verdienste geseën het, verskaf alreeds die hoop en sekerheid wat by so baie Afrikaners ontbreek. Deur onderdrukking, verguising en oorloë het Hy ons bygestaan en teen alle verwagting in, soewerein onafhanklik in ’n Republiek laat vestig teen ’n oormag van weerstand wat die wêreld verstom het!
Die samehorigheid en kameraadskap wat weer opgewek word uit die boeresport soos hoenderhaanskop, toutrek, stoktrek, skilpadtrek,ens. word ontbeer by volksgenote wat voor die beeldradio na dekadente beeldsendings sit en kyk en ook nie ander volksbyeenkomste bywoon waar jy verinnig en veredel kan word in stede van geestelik afgetakel te word.
Dit het tyd geword dat dié Afrikaners wat daartoe in staat is om soos die anker by toutrek, hulle hakke stewig in die grond kan slaan, dit sonder verdere omhaal sal doen op elke moontlike lewensterrein, sodat ons volk gesamentlik kan trek aan ons vryheidsideaal. Nie vir beter dienslewering nie, maar vir ons vryheid om in ons bloedverdiende land, weer vry oor onsself te regeer volgens ons eie aard en Christelik-nasionale lewensbeskouing.

Nie vir ’n stukkie grond, iewers waar dit die swart grondrowers behaag en so groot as wat húlle dink vir ons genoeg is nie, maar vir ons totale Godgegewe erfenis, óns eiendom! Daarvoor het ons mekaar nodig en moet ons mekaar weer opskerp. By veral ons volksfeeste waar ons weer begeester kan word deur Afrikaners wat gelowig en met vaste vertroue, die hoop wat ons nie nou kan sien nie, kan versterk sodat ons met geloof en moed in daardie geloof, in verset kan kom teen die onreg wat deur verraad moontlik gemaak is.
Ons kerke en kultuurorganisasies het die Afrikanervolk gefaal. Ons weermag is deur hulle aanvoerders verraai toe hulle die grondwet moes beskerm. Dit is nou onsself en God-Drie-Enig wat ons as ’n volk hier gevestig het. Ons sal weer koers kry as ons nie op prinse vertrou nie, maar terugkeer na Hom. Hy sal vir ons ’n God wees as ons vir Hom ’n volk wil wees! Moet dus nie wag vir ’n leier, vir ’n party of vir ’n organisasie nie. Begin by uself en begeester elkeen waarmee u in aanraking kom om terug te keer na God, na u volk en na uself as ons ernstig is oor ons vryheid. Klein begin is reeds gewin! Dan word ons weer ’n golf wat die “onomkeerbaarheid” van de Klerk se verraad ’n belagging sal maak!
Sterkte in die stryd!
Vriendelike groete,
Danie Varkevisser.