Hierdie onderstaande onbevestigde berig het ek ontvang en hoewel ek nie die oorsprong of die datum kon vasstel nie, verwys ek tog daarna omdat dit nugter en feitelik korrek, goed inpas by wat ek te sê het.
Affirmative Action
"South Africa is the only country in the world where affirmative action is in the favour of the majority who has complete political control. The fact that the political majority requires affirmative action to protect them against a 9% minority group is testament to a complete failure on their part to build their own wealth making structures, such that their only solution is to take it from others."
London Times
Daar is al veel gesê en oor baie jare bittere stryd gevoer tussen Nasionalis en Liberalis oor welke oplossing aangewend behoort te word vir die Suid-Afrikaanse rassevraagstuk. Beide kante se oplossings het dan ook al deur die geskiedenis ’n beurt gehad om bewys te lewer van die sukses of mislukking wat behaal sou word indien die een of die ander se oplossing implementeer sou word.
Interessant is dat dié stryd grootliks tussen die blanke gedeelte van die Suid-Afrikaanse bevolking gevoer is waar die blankes hoofsaaklik verdeel was in Afrikaans- en Engelse gemeenskappe. Die Afrikaners hoofsaaklik Nasionalisties, teenoor die Engelse wat weer hoofsaaklik liberaal gesind was. Kortweg kan ’n mens sê dat die Nasionaliste voorstanders was van rasseskeiding, (later genoem apartheid) teenoor die Liberaliste se ywer vir rasvermenging oftewel integrasie.
Wat belangrik is, is dat in aanmerking geneem moet word dat die Engelse faksie van die Suid-Afrikaanse samelewing, in hulle liberale strewe binnelands ondersteun is deur veral die Jode, Indiërs, Kleurlinge en Swartes en vanuit die buiteland deur veral die Engelse en Amerikaanse regerings wat feitlik elke ander land in die wêreld teen die Afrikanervolk opgesweep het, terwyl behalwe vir enkele uitsonderings, slegs die Afrikanervolk die teenpool uitgemaak het.
Daar verskyn op 31 Mei 2011 in Media 24 hierdie onderstaande interessante debat wat heelwat lig werp op wat vir Suid-Afrika voorlê.
“ANC vrees dié swart nasionaliste
Die uitslae van die munisipale verkiesing het ontleders oortuig dat ’n tweestryd tussen die ANC en die DA die politieke agenda gaan oorheers in die aanloop tot die algemene verkiesing in 2013.
Maar onder talle Suid-Afrikaners woed ’n ander debat wat die wedywering tussen die twee partye verdwerg. En een of ander tyd gaan dit op die nasionale agenda gestalte kry.
Die duidelikste simptome daarvan is die uitsprake van mense soos mnre. Julius Malema en Jimmy Manyi, maar die werklik ideologiese onderbou daarvan is verlede week die duidelikste uiteengesit op ’n debat wat deur die Ahmed Kathrada-stigting, die bedrywigste een van die sogenaamde Robbeneiland-stigtings, aangebied is oor die toekoms van nie-rassigheid in Suid-Afrika. (My beklemtoning)
Die sprekers was prof. Raymond Suttner, politieke filosoof, mnr. Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, mnr. Firoz Cachalia, een van die stigters van die UDF en mnr. Andile Mngxitama, ’n jong rubriekskrywer van City Press wat die werk van die swartbewussynsleier, wyle Steve Biko, bestudeer.
Suttner het ’n hoogs filosofies-intellektuele uiteensetting gegee van nie-rassigheid en hoe dit in die toekoms neerslag behoort te vind.
Vavi het ’n uiteensetting gegee van werkloosheid en armoede onder swart mense terwyl die ander bevolkingsgroepe, veral wittes, in welvaart leef. “Ek het al baie gewaarsku dat dié verskille ’n tydbom is. Tensy ons iets drasties doen aan werkloosheid, veral werkloosheid onder die jeug, gaan ons ’n herhaling van die 1976-oproer sien,” het Vavi gesê.
Hy het herhaal dat neoliberale slagspreuke, soos dat ekonomiese groei alleen al die land se probleme sal regstel, roekeloos is, dat dit sprekend is van eng standpunte en selfs onverantwoordelik is.
“Regstellende aksie is steeds noodsaaklik, maar dit sal nie help as ons net nog ’n paar mense uit minderheidsgroepe tot werkloosheid en armoede verdoem terwyl net ’n nietige aantal van die meerderheidsgroep verryk word nie,” het hy gesê.
“Ware versoening en heropbou sal eers begin wanneer wit mense aanvaar dat die ongelykhede op die lang duur nie volhoubaar is nie en wanneer die swart meerderheid aanvaar dat wit mense, juis weens die land se geskiedenis, ’n beter opvoeding gehad het en oor meer vaardighede beskik,” het Vavi gesê.
In die huidige tydsgewrig was dit in eie reg ’n verrassend eerlike uitspraak.
Maar die kollig het aan Mngxitama behoort. Hy was ewe reguit – na die ander kant toe. “Nie-rassigheid is nie in staat om die swart vraagstuk en swart bevryding op te los nie.” (My beklemtoning)
Hy sê Biko het swart bewussyn aan die hand van ’n Hegeliaans dialektiese model ontleed – ’n tese, antitese en ’n oplossing in die vorm van ’n sintese.
“Die probleem met liberale wit mense is dat hulle apartheid as die probleem beskou. Wanneer apartheid afgetakel is, volg integrasie. Dis die sintese, die oplossing vir die apartheidsprobleem.
“Biko het harde woorde hiervoor gehad. Hy het dit witmens-integrasie genoem wat gegrond is op die wit waardes van uitbuiting – integrasie waarin swartes mekaar as traplere gebruik om boontoe te klim om die wit waardes te bereik,” het Mngxitama gesê.
En toe het hy sy eerste klap ingekry na die ANC-beweging. “Dit laat my dink aan comrades wat hulle besig hou met soesji eet en dié soort dinge, en horlosies koop wat meer geld kos as om ’n hele township te bou.
“Dit laat my dink aan kommuniste wat karre bestel van R1,1 miljoen – nie net een nie, maar klaarblyklik wil hulle soms twee sulke karre hê.”
Hy praat natuurlik van dr. Blade Nzimande, hoofsekretaris van die SAKP en minister van hoër onderwys.
“Die belangrikste ding is die waardestelsel. Swartes wil geïntegreer word en al hierdie dinge hê. Biko het gesê ons gaan nie ver kom daarmee nie. Die werklike tese is wit rassisme, kragtige wit rassisme. Die antitese is kragtige swart solidariteit.
“Die sintese, die oplossing, is die uitslag van ’n enorme stryd tussen die wit rassistiese blok en die swart solidariteit. Jy kry nie geregtigheid sonder ’n groot stryd wat eindig in die belang van die onderdruktes wat swart is nie,” het hy gesê. Dit kan moeilik anders vertolk word as oorlogspraatjies (My beklemtoning)
“Ons moet duidelik wees hieroor. Jy kan nie versoening hê sonder geregtigheid soos in hierdie land gebeur nie. Daar is geen rekenpligtigheid nie – geen historiese herstel en vergoeding nie. Julle verklaar dat ons ’n reënboognasie is, maar Biko het gesê, nee, ons kan eers een of ander vorm van balans kry wanneer hierdie stryd verby is. Hy (Biko) het dit die ware mensdom genoem,” aldus Mngxitama.
Hy het ook sy eie siening oor rassisme. Dis ingestel uit ekonomiese oorwegings. Dit bestaan uit die ontneem van grond, die ontneem van werk en indiensneming “en veral die ontneming van die Afrika-wese, die vernietiging van die Afrika-wese. Ons as swartes is vandag in die 21ste eeu die onderdane van kolonialisme en apartheid. Ons is geskep deur hierdie stelsel van ontneming.”
Aan Vavi sê hy: “Ons wil nie 8% hê nie. Ons wil die hele Pick n Pay hê.” (My beklemtoning)
Die ANC is die sondaar omdat hy bloot rassisme volgens Mngxitama se definisie daarvan laat voortduur. Van Alexandra tot elke ander township in die land het bitter min of feitlik niks verbeter sedert die ANC aan bewind gekom het nie. Die ANC se grondbeleid het in 17 jaar 7% van die land se grond herverdeel. “Dit gaan honderd jaar duur om 30% van die grond te herverdeel. Terselfdertyd is sowat ’n miljoen mense van landbougrond afgesit – mense met stemreg,” sê hy.
“Dis ’n rassistiese staat waarin ons leef. Wit mense het geen weerstand gebied teen transformasie nie – dis ons eie openbare verteenwoordigers wat hierdie rassisme laat voortbestaan,” sê hy.
Hy is daarvan oortuig dat daar ’n tweede populêre opstand in Suid-Afrika gaan wees.
“En ek hoop dié keer is dit nie die kongresbeweging met sy nie-rassigheid wat dit wen nie, maar die swartbewussyn beweging wat swart belange as sy middelpunt het.”
Belaglik? Haatspraak?
Nee, die gehoor, wat gekom het om nie-rassigheid te bespreek, het nie so gedink nie. Die verstommende is die steun wat hy uit die veelrassige gehoor van sowat 300 mense gekry het.
“Ek werk in ’n beleggingsbank. Daar werk vergoeding só: eers die wit personeel, dan die Indiërs, dan die bruin mense en laastens ons swartes. Hoe kan hulle van my verwag om in sulke omstandighede van wit mense te hou?” het ’n welsprekende jong vrou gesê.
Talle sprekers het openlik gesê die ANC het hulle in die steek gelaat en hulle verkies om die ou foutlyne van apartheid in stand te hou terwyl die leiers hulself verryk. Vavi is by geleentheid daarvan beskuldig dat hy as leiersfiguur in die alliansie deel van die probleem is – nie deel van die oplossing nie. Die ANC is waarskynlik baie meer bekommerd oor Mngxitama en mense wat soos hy dink as oor die DA.
Dis waarom Malema nie deur die ANC se leierskap vasgevat word nie. Om hom uit die ANC te skors, sal groter probleme veroorsaak as wat daar was met die stigting van Cope. En dié keer sal dit ’n beweging wees waarvan die onderbou eenvoudig te kragtig is om hom deur kinderagtige rusies oor leierskap te laat stuit.
Mngxitama en mense wat soos hy dink verteenwoordig die denke van Afrika! Dit is tog waarteen dr. Verwoerd gewaarsku het! ….”die Bantoe sê: “Dit is my land en ek wil volle heerskappy hê, want ek is in die meerderheid”. Blankes en Indiërs word dus daar gelyklik getref. Dit sal ons Kleurlinge en ons Indiërs in ag moet neem. Hulle moet nie dink dat hulle beskerming het op grond van hul verkleur nie. Die minderheidsgroepe sal almal rekening moet hou met ’n onbeperkte Bantoe-heerskappy as een veelrassige staat tot stand kom
Ek steek dit nooit weg nie. Jy moet by die keuse tussen die alternatiewe albei toets - of jy liewers die huidige toestand wil behou of nie. En dan sê ek ondubbelsinnig: die gevolg van een veelrassige staat kan die volk van Suid-Afrika nie aanvaar nie tensy die Blanke, die Kleurling en Indiër rasseselfmoord wil pleeg. “(My beklemtoning)Toespraak met onafhanklikheid van die Transkei.