1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8390356

Besoekers aanlyn

Ons het 39 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE WAARHEID OOR GISTER VAN GROOT BELANG VIR MORE

Jesaja 1:7      “Julle land is 'n wildernis, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid, en dit is 'n wildernis soos by 'n omkering deur vreemdes.”

Dit is net verbasend hoe mense soos Tim du Plessis, FW de Klerk en Pik Botha die Afrikanervolk aan die neus probeer rondlei. Dit te midde van ‘n land wat geplunder word deur barbare. So asof hulle, hierdie propageerders van die beestelike samelewing wat ons nou het, kan dink ons het vergeet dat hierdie toedrag van sake, hulle maaksel is. Laat ons julle herinner: Ons het nie vergeet nie!

Hierdie nuttige idiote van die regime sal enersyds kla dat die ANC nie sy beloftes gestand gedoen het nie en andersyds hulle selfs voordoen as pleitbesorgers vir die Afrikaner se saak.  Dat dit eerder vir hulle om hulle persoonlike belange, eerder as die Afrikanervolk gaan, is vir enige ingeligte persoon duidelik.

 Die waarheid oor die gespuis wat ons land vanaf 1966 tot 1994 regeer het kan nie genoeg herhaal word nie. Dit gaan immers nie oor ‘n getob oor die verlede nie. Dit gaan oor die besef wat by mense moet posvat hoe ons bedrieg en verraai is. Want dit was nie dat ons volk te sleg was om weerstand te bied nie; die Afrikaner is verneuk uit sy erfporsie deur mense wat hulle voorgedoen het as “vegters” en “hervormers”. Wanneer Afrikaners dit insien, sal dit ‘n verset ontketen wat FW, Timmie en Pik waarskynlik meer as net hulle broeke gaan kos.

 Sedert die sluipmoord op dr Verwoerd in 1966 het die Nasionale Party 'n dubbele rol gespeel.  Aan die een kant het hy kiesers oortuig dat vir Afrikanerbelange geveg word en uitsprake gemaak soos “ons onderhandel nie met terroriste nie”.  Aan die ander kant het hierdie politieke papbroeke as pionne in die hande van die internasionale geldmagte geswig voor geld en roem. Hulle was, omdat hulle nog altyd beginsellose politici was, manipuleerbaar en omkoopbaar. En dit is deeglik deur hierdie geldmagte uitgebuit.

 Suid-Afrika het sedert 1966 aanvanklik op die morele kapitaal van dr Verwoerd se beleid geteer. Maar algaande het  die land begin steier, juis as gevolg van die NP se voortdurende toegewings aan die eise van die buiteland. Die NP was verplig om hulle tot geweld te wend om in die saal te bly. Omdat die beloftes wat hulle aan hulle meesters gemaak het groter verwagtings by die swart massas geskep het, het die aansprake, eise, en geweld van die swart massas groter geword.  Hierdie geweld kon net met geweld beantwoord word.  Dit, (die verraad in paaiemente), het die situasie “onomkeerbaar” vir De Klerk-hulle gemaak. Hulle het immers nie die moed gehad om nee te sê nie.

Omdat hulle 'n proses aan die gang gesit het van stelselmatige oorgawe kon hulle uit hierdie proses nie ontsnap nie - ook omdat hulle beloftes en verbintenis aan die geldmagte dit verhoed het. Om vandag te kla dat hulle nou ook teikens is van die ANC-regime, is nie net bevestiging van hulle naïwiteit nie, maar ook van hulle onbevoegdheid. Min Afrikaners het vandag simpatie met De Klerk en Botha juis omdat hulle oneerlik was met die Blankes van hierdie land en nooit vir Blanke belange geveg het nie. 

In hierdie verband is die opmerking van Oswald Spengler weer van belang.  Hy het gesê:

“There is no poletarian movement, not even a Communist one, that does not operate in the interest of money, in the direction indicated by money, and for the period permitted by money, and all this without the idealist in its ranks having the faintest suspicion of the facts”.

 Terwyl uitsprake soos “apartheid is moreel onverdedigbaar” (Pik) en “Damaskus-ervaring” (FW) dalk baie goed op die ore geval het van goedgelowige Blankes en veral liggelowige predikante, was die ingeligtes onder ons nooit verbaas oor wat die uitkoms daarvan sou wees nie.  Ook die geldmagte moes in hulle mou geglimlag het vir hierdie politieke papperds se uitsprake.  Hierdie geldmagte het van die begin af geweet waarheen hierdie proses sou stuur en ook geweet wat met De Klerk en Botha uiteindelik sou gebeur.  Hierdie uitsprake het De Klerk en Botha dan ook die ideale pionne in die hande van hulle meesters gemaak. 

Inus Aucamp se boek Einde van ‘n Groot Party: ‘n Vrystaatse Perspektief op die (N)NP is ‘n bekentenis van oorgawe, verraad, eersugtigheid, naywer, bedrog, leuens, onbevoegdheid en oneerlikheid. Dit was die kenmerke van die NP van Vorster, Botha en De Klerk. Dat Pik Botha deur eertydse kollegas beskryf word as iemand wat eerder die vermoë gehad het om die mense emosioneel op te sweep, as  “om ‘n ankerbydrae binne die party te lewer”, spreek boekdele. En as De Klerk se optrede om ons nasionale soewereiniteit prys te gee deur sy eertydse bondgenoot, Die Burger as “oorgawe” bestempel word, dan beaam dit elke aanklag van verraad wat teen De Klerk ingebring is!

Wat het ons nou in Suid-Afrika?  Hier kan dr Franco Nogueira, voormalige minister van buitelandse sake van Portugal aangehaal word.  Hy het gesê:

“A form of autonomy and independence has been created which ensures the destruction of the old forms of sovereignty and permits the setting up of new forms of sovereignty so precarious and so artificial that it is an easy matter to dominate them.  A method has been adopted that leads to the transfer of political power and accompanied by transfer of the other forms of power, economic, cultural, and military, which, in fact, determine policy.  The result is that the real authority and real control are to be found outside the frontiers of the new political units”.

 Van menseregte, demokrasie en ander mooiklinkende begrippe sal in Suid-Afrika niks tereg kom nie.  Ons is tans maar net in 'n tussenfase – Malema vertel ons immers elke dag wat ons more te wagte kan wees. 

 Die Afrikaner sal tot die besef kom dat hulle verraai en bedrieg is. Dan gaan die houding van “ons het nie ‘n ander keuse gehad nie”, (wat by sekere Afrikaners leef), verander na een van argwaan, woede en daadwerklike optrede. Dan sal De Klerk en sy trawante moet bontstaan. Nie net sal hulle dan nie meer enige doel dien vir die ANC-regime nie, maar sal hulle soos die verraaiers na die Anglo-Boereoorlog, as “verraaiers en vloek der aarde” in die ganse Afrikanergeledere beskou word.

 As Afrikaner-nasionaliste vergeet ons nie die verlede nie. Ons mag nie. Ons sal nooit nie. Want dit help ons om more nie dieselfde foute te maak nie. Veral nie om sekere mense van gister met ons toekoms te vertrou nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie