1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8333697

Besoekers aanlyn

Ons het 71 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

NOG 'N KEER JOU KRUISIE TREK?

Gedurende Mei 2011 sal daar weer munisipale verkiesings plaasvind. Hoe daar van ‘n verkiesing gepraat kan word, is moeilik om te glo. Onder die hordes wat by die stembusse sal opdaag tel ongeletterdes, moordenaars, verkragters, idiote, barbare en onwettige immigrante. Hulle sal die hoogs intelligente kuns van kruisietrek vervolmaak. En die Blankes sal weer eens uitgestem word, al stem elke Blanke tien keer!

Van munisipaliteite is daar ook nie meer sprake nie. Wel van roofbendes wat meer as 70% van die begrotings van munisipaliteite vat om aan hulleself astronomiese salarisse betaal, terwyl dienste oral in duie stort. Is die elektrisiteits- en waterprobleem in die eens vooruitstrewende stad, Johannesburg, nie ‘n sprekende bewys daarvan nie? Daar gaan glo maandeliks biljoene liter water verlore en weet die munisipaliteit nie eers hoe om eenvoudige rekeninge op te stel nie.

Met dit as agtergrond word pogings aangewend om Blankes te oortuig om te weer te gaan stem. Enkele gemotiveerde Afrikaners wat glo “ingestem” word vir die een of ander strategiese stadsraad soos byvoorbeeld Pretoria gaan die wêreld omkeer, word ons vertel. Hulle gaan so nou en dan ‘n paar minute praat, hier en daar ‘n voorstel maak, dalk selfs ‘n sekondant vir ‘n mosie kry en as die stemming verloor is hulle teenstemme notuleer. Ongelooflik! Dan gaan briewe geskryf word vir die koerante wat glo groot beroerings gaan veroorsaak. Ai toggie. Watter loutere bog!

Die AVP sal weer, soos voorheen, Afrikaners oorreed om nie te stem nie. Want benewens die futiliteit en die belaglikheid van die oefening, is daar die feit - dat die regime onwettig is! En dit het nie verander sedert 1994 nie.

Die AVP sal ook nie, soos die HNP nou wil doen deur middel van die VVK, onderhandel met die ANC/SAKP-regime wat, benewens sy onwettigheid, hoegenaamd nie ag slaan op enige van die Blankes se griewe nie. Die ANC-regime het geen reg om hierdie land te regeer nie en die Swartes het geen aanspraak op hierdie land nie. Die Blankes se regte in hierdie land word misken deur ‘n regime wat agter die dekmantel van menseregte, die Blankes wil uitwis. Ek wonder wie sal vir die “raadslede” se salarisse betaal as die Blankes nie meer daar is nie? En wie sal die geld gee vir die nuwe borde van straatname? Die ANC-regime laat mens dink aan die moordenaar wat sy pa en ma vermoor het en toe by die regter gepleit het om hom as arme weeskind genadig te wees!

Die AVP tref ‘n duidelike onderskeid tussen “buite-parlementêre politiek” en ‘n stryd buite die bestel. Buite-parlementêre politiek beteken bloot dat op ‘n gegewe stadium buite die huidige parlementêre politiek stryd gevoer word net om op ‘n volgende keer binne die parlement stryd te voer. Dit is presies wat hierdie opportuniste, wat nou ‘n setel of twee in ‘n stadsraad of twee wil kry, gaan doen. En dan is dit so opmerklik dat, weens die proses van geleidelikheid, jy later dieselfde taal as die vyand praat. Daarom dat mede-Afrikaners gekritiseer word wat nie wil stem nie as sou dit nou kwansuis ‘n stem vir die ANC beteken. Nie eers Wiskundige Geletterheid is nodig om sulke kaf aan die kaak te stel nie!

Die AVP verwerp die bestel in sy totaliteit.  Gevolglik kan daar nie op een stadium aan die bestel deelgeneem word net om op ‘n volgende keer die bestel die verwerp nie. Om die bestel te verwerp beteken om geheel en al buite die bestel te staan. Dus, onderhandeling oor ‘n volkstaat kan nooit op die agenda van ‘n ware Afrikaner-nasionalis wees nie.  Dit is regtig nie so moeilik om te verstaan nie Andries. Probeer net harder volgende keer.

Dit is baie duidelik dat die ANC sy aanslag op die Blankes deurgaans verskerp. Dit strek oor ‘n wye terrein. Dit sluit onder andere die onderwys, ontwapening en onteiening in. Munisipaliteite en hulle raadslede kan hieraan niks doen nie. Veel eerder kan ‘n Blankedom in eendragtige verset (eerder as onderhandeling) die veeltal van gevegsterreine buite die bestel aandurf. Napoleon het nie verniet gestel dat jy die vyand op ‘n terrein moet aandurf waar dit vir hom ongunstig en vir jou gunstig is nie. Binne die ANC/SAKP se raadsale is dit vir die vyand gunstig. Daar moet Blankes magteloos sit en toekyk. Maar buite hierdie raadsale kan Blankes verskeie versetaksies reël, soos om belastings te weerhou en optogte te reël. Verset bou sy eie momentum op.

Groeiende verset teen die ANC-regime is die antwoord, en nie groeiende belangstelling in die raadsale of onderhandelingstafels van die ANC-regime nie! Daar is ‘n magteloosheid wat sekere Blankes in hierdie land beetgepak het wat hulle selfs daartoe beweeg om onderhandeling vir ‘n volkstaat te rasionaliseer as sou dit voortspuit uit nasionalisme! Dit is ‘n defaitisme wat aan selfmoord grens. Die Afrikaanse kerke speel ‘n vername rol hierin deurdat hulle deurentyd snert kwytraak soos dat Afrikaners hulle tog net moet bekeer en hulle sondes moet bely en dat alles dan (so sonder slag of stoot) sal regkom. “Die Here sal nie toelaat dat ons volk vernietig word nie”, word beweer. Of erger nog, dat ons moet bid vir die regering! Hulle twyfel seker ook aan die geloof van die Voortrekkers. Sover ek weet, was dit nie die uitgangspunt van hierdie mense in 1838 nie. Hulle het nie in ‘n grot gaan wegkruip en gebid dat die gevaar by hulle verbygaan nie, of gebid dat die Engelse of Zoeloe-regering hulle moet bekeer nie. Hulle het geweet dat daar ‘n oorlog heers, dat fisiese stryd onvermydelik is en nie weggeskram vir die uitdagings van Afrika nie.

Dit sal nie help om, te midde van die frustrasie wat mense tans beleef, wat niks anders as ‘n gevoel van onmag is, na kitsoplossings, kitspartye en kitsleiers te soek nie. Vandag is dit ‘n setel in ‘n munisipale raad en more is dit ‘n stofkom iewers in die Karoo. Sulke politieke foefies kom en gaan. Die geskiedenis van ons volk sal nie in die ANC/SAKP se raadsale beslis word nie, maar deur die stryd daarbuite.

 Die AVP neem met waardering kennis van aksies van mense en organisasies wat in hierdie tye vir die reg van die Afrikanervolk, sy taal, tradisies, kultuur en geskiedenis opstaan. Dit sal, vir sover dit met die regte gesindheid en benadering gedoen word, gesteun word.  Maar indien mense probeer oorreed word om deel te word van ‘n bestel waar jy onderneem (trou sweer) om juis daardie bestel, sy grondwet en sy regsreëls in stand te hou, of met die vyand in onderhandeling getree word, of by die regime vir iets gepleit word, sal die AVP dit beveg.

Daarom sal mense nogmaals oorreed word om weer weg te bly van die stembus. Hierdie standpunt sal uiteindelik seëvier, juis omdat dit ‘n nasionalistiese oproep is. Mense met selfrespek sê nee vir hierdie bestel, sy onderhandelingstafels en sy verkiesings! 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie