1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8333646

Besoekers aanlyn

Ons het 78 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

MAJUBADAG IS VOOR DIE DEUR

Deur Flip Swanepoel namens Die Teokratiese komitee                                     Klik hier

Ons het so pas die groot gebeurtenis wat ons Voortrekker-voorsate te beurt geval het in herinnering geroep. Volksgenote oor die lengte en breedte van ons land en selfs oor die wêreld, het Geloftedag eervol deurgebring en ons hemelse Vader gedank vir die aanvaarding van daardie Gelofte wat ons voorsate met Hom in gebed aangegaan het. Dit is hoe dit hoort.

 Volgens Deut. 23:21-23 en Prediker 5:3-5 is dit van uiterste belang dat ons as volk sal betaal wat ons beloof het. Met “ons” word bedoel wat ons voorsate namens ons beloof het en waaraan  ons  as  nageslag  verbind  is.  Dit  is  ‘n  geweldige  groot  voorreg  om  as  mens,  en  as  volk  aan  die Almagtige, die Skepper van alle sienlike en onsienlike dinge deur ‘n gelofte verbonde te mag wees.  

 

Op die 16e Desember moet daar egter meer as een gelofte in herinnering geroep word. Op daardie datum het daar nog ‘n baie belangrike gebeurtenis plaasgevind wat ons as volk ten nouste raak, veral met betrekking tot die instandhouding van ons geloftes. Die Gelofte van Paardekraal moet ook op daardie dag in herinnering geroep en betaal word.   

 

Tydens die volksvergadering te Paardekraal wat die begin van die Eerste Vryheidsoorlog vooraf gegaan het, het die burgers mekaar die hand gegee en trou aan mekaar gesweer en die hulp van hul hemelse Vader ingeroep met betrekking tot die herwinning van hul onafhanklikheid. Toe hulle op die 14e Desember 1880 uiteen  gaan,  het  een  deel  van  die  manskappe  saam  met  kmdt.-genl.  Piet  Joubert  na  Heidelberg  om  hul hoofkwartier daar te gaan vestig, ‘n ander deel is saam met kmdt. Piet Cronje na Potchefstroom om die proklamasie van die herstel van die regering van die ZAR daar te laat druk en die res het saam met visie-president SJ Paul Kruger op Paardekraal agter gebly, waar hul op Geloftedag, vir die tweede keer in 42 jaar, as Volk die 1838-Gelofte in herinnering geroep het.  

 

Terwyl Geloftedag op Paardekraal herdenk word, klap die eerste skote van die Eerste Vryheidsoorlog

met Brittanje op Potchefstroom tussen die Britse garnisoen en magte van die ZAR. Hierdie oorlog duur elf weke en kom ten einde waar magte van die ZAR onder leiding van kmdt.-genl. Piet Joubert die Britse magte onder  aanvoering  van  die  Britse  generaal,  sir  George  P  Colley  tydens  die  slag  van  Amajuba  oortuigend verslaan.

  

Ingevolge die Paardekraal gelofte het die burgers van die ZAR die daaropvolgende Geloftedag op 16 Desember by Paardekraal byeen gekom om die Geloftes te betaal. Die regering van die ZAR het later in eerbied die 27e Februarie as gedenkdag van die slag van Amajuba geproklameer. Dit sou voortaan as publieke feesdag dien en ‘n dag van verootmoediging wees waarop die groot dinge wat die HERE op dié datum laat plaasvind het, in herinnering geroep moes word.

 

 Volgens ‘n besluit van die Volksvergadering van die Gelofte volk van 25-27 September 2009 te Vegkop, moet die vrywording proses van die Gelofte volk geskoei wees op die grondslag van die volks geloftes. Op sterkte daarvan  doen  die  Teokratiese  Komitee  as   uitvoerende  komitee  van  besluite  geneem  ,  hiermee  ‘n  ernstige beroep op elke volksgenoot van die Gelofte volk om Sondag 27 Februarie as ‘n dag van VEROOTMOEDIGING deur  te  bring.  Ons  is  daardie  dag  aan  ons  hemelse  Vader  verskuldig  vir  die  bekragtiging  van  die Paardekraal gelofte. 

 

Ons as volk verkeer weer in ‘n dal van doodskaduwee waar ons ‘n geweldige aanslag beleef en ons vyand alles in hul vermoë doen om ons fisies en geestelik te vermoor.     

  • Kom ons herdenk die groot dae in ons volksgeskiedenis deur ons kinders dit in te skerp en ons Vader in die hemel daarvoor te eer en Hom al die lof toe te bring vir die aanvaarding van ons Volks geloftes.
  • Laat  ons  soos  ons  voorsate  op  ons  knieë  gaan  en  daagliks  bid  vir  ons  vrywording  van  vreemde heerskappy. 
  • Laat ons die uitnodiging soos verwoord in onderstaande Skrifgedeelte, ter harte neem:

  

2 Kronieke  7:11-15   [1933/53 Afrikaanse vertaling]   

11  En toe Salomo die huis van die HERE en die huis van die koning voltooi het, en alles wat in Salomo se hart gekom het om in die huis van die HERE en in sy huis te maak, voorspoedig uitgevoer het, 

12  verskyn die HERE in die nag aan Salomo en sê vir hom: Ek het jou gebed gehoor en hierdie plek vir My as ‘n offer huis verkies. 

13  As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, 

14    en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. 

15    Nou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed van hierdie plek.   

  

Vir dié van u wat u weg oopsien, veral ouers met skoolgaande kinders, doen asseblief moeite en woon die Majuba-kamp geleentheid by. U is dit aan uself en u kinders verskuldig. Doen navraag by: Thys en Marie de Beer – 0177351962, 0711617108, 0828522700,   Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

 

Dié van u wat nie die dag of naweek by Majuba kan uitkom nie, bring die dag saam met u familielede en volksgenote deur, deur iets besonders daarvan te maak. Bestudeer weer die geskiedenis en bring dit onder die aandag van u kinders en volksgenote. Maak ook solank die geskiedenis en ons verpligtinge daaraan verbonde, so ver moontlik bekend aan volksgenote elders sodat die dag dwarsdeur die land en die wêreld herdenk sal word.   

 

Die   Gouvernments Kennisgeving   van 1882 is aangeheg. Druk dit gerus uit, raam dit en hang dit in u huis en in u werkplek.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie