deur Jaap Marais
IDASA-KOMPLOT BRING GROOT BEROERINGE
In die briewe aan mnr. Dries Bruwer en dr. Piet Gous wys mnr. Marais hulle daarop dat hulle geïdentifiseer is as sleutelfigure in die komplot van links wat ook vanuit die buitelland gefinansier is om die Afrikanervolk “sonder verset te laat oorgee aan ‘n Kommunistiese terroristebende.” Hy wys hulle daarop dat hulle vanuit ‘n vertrouensposisie wat hulle in die landbou beklee het, deel gehad het aan die proses “om hierdie linkse komplot teen die Afrikanervolk te laat slaag.” Die saak is op ‘n vergadering van die Hoofbestuur van die HNP bespreek waar besluit is dat dié inligting landwyd bekend gemaak moet word.
Die verklaring wat die Hoofbestuur van die HNP oor die aangeleentheid uitgereik het, lui soos volg:
KOMPLOT VAN IDASA OM REGSE POLITIEK TE SABOTEER
“Die Hoofbestuur van die HNP het met skok kennis geneem van die hoofberig in die Afrikaner van 15-21 November1996 wat gaan oor die rol wat die linkse organisasie, IDASA, gespeel het om Afrikaners aan die politieke regterkant af te stem op die de Klerk-agenda van eerlose oorgawe aan die ANC-SAKP.
“Daaruit blyk dat IDASA in Januarie 1992 die “Conservative Dialogue Program” (CDP) in die geheim in die lewe geroep het met prof Abraham Viljoen, broer van genl. Constand Viljoen en voormalige DP-kandidaat, as koördineerder, en dr, F van Zyl Slabbert, voormalige leier van die PFP (nou DP), as voorsitter van die loodskomitee. Die projek is grotendeels gefinansier deur bydraes wat van die Hollandse en Kanadese regerings gevra en verkry is.
“Die CDP was ‘n komplot om die Afrikanerpolitiek aan die regterkant te infiltreer teneinde verset teen die volksverraad van die de Klerk-regering te smoor en die potensiaal van opstand deur die Boerekrisisaksie (BKA) uit te skakel, sodat die uitverkoping aan die ANC-SAKP sonder versteuring afgehandel kon word.
“Met hierdie doel voor oë het prof. Viljoen sy sy aksie toegespits op veral mnr. Dries Bruwer, president van die Transvaalse Lanbou-unie, en dr. Piet Gous, president van die Vrystaatse Lanbou-unie (VLU) wat albei KP-parlementslede was.
“Langs die weg is IDASA instaat gestel om nie net invloed op besluite van die KP-koukus uit te oefen nie, maar om ook deur dié twee persone regstreeks toegang tot die TLU en die VLU te verkry en IDASA se komplot daarheen te verleng.
“Bruwer en Gous was tegelyk die uiters belangrike skakels waardeur die Boerekrisisaksie se leiers beïnvloed is om af te sien van gewelddadige verset teen die volksverraad en hulle te laat afkoop met die illusie dat ‘n Afrikanervolkstaat deur onderhandeling met die ANC-SAKP verkry sou word.
“Die stigting van die Afrikaner Volksfront was deel van die IDASA komplot. Mnr. Dries Bruwer het ‘n sleutelrol by die stigting gespeel en het persoonlik genl. Constand Viljoen voorgestel as die leier wat Afrikaners tot simboliese slagting deur onderhandeling moes lei.
“Daarna is onder voorsitterskap van dr. Slabbert onderhandelings in die geheim gevoer tussen die AVF aan die een kant en die ANC-SAKP aan die ander kant. Die AVF was verteenwoordig deur mnr. Dries Bruwer, dr. Piet Gous, genl. Constand Viljoen, genl. Tienie Groenewald en genl. Kobus Visser, en die ANC-SAKP deur Thabo Mbeki, Jacob Zuma, en ‘n sekere Mdadla. Mbeki en Zuma was ook die ANC-verteenwoordigers wat vanaf 1986 geheime onderhandelings in London gevoer het met prof Piet de Lange en Wimpie de Klerk van die Broederbond. ( Hou in gedagte dat dit in 1986 was dat die NG-Kerk apartheid as sonde, en die kerk oop verklaar het. My kommentaar)
KLIEK HIER om ope brief aan Dr. F van Zyl Slabbert te lees
Neem rukkie om te laai...