In die afgelope paar weke het ons ‘n hele paar Engelse artikels geplaas waarin daar verwys is na internasionale geheime beplannings en geheime samesprekings van geheime en ander organisasies wat ten doel het om die bestaande orde te beïnvloed op een of ander wyse.
Die doel hiervan is om aan te toon dat daar vanuit ander geledere as net die Afrikaner-behoudende, oftewel nasionalistiese gedeelte van ons volk, kennis geneem en weerstand bepleit word teen dit wat die Nasionalisme se ondergang en uiteindelike vernietiging beoog.
Hierdie geheime beplanning en geknoei agter die skerms, sou geen bedreiging verteenwoordig het indien dit openlik propageer sou word nie, bloot omdat nasionalistiese volke en gemeenskappe dit summier sou verwerp!
Met klimaatskepping word hele bevolkings so besig gehou vir oorlewing dat, soos wat ‘n trop skape deur ‘n judasbok onbewustelik ter slagting gelei word, so word ‘n ganse volk na sy ondergang gelei, op so ‘n wyse dat hy die basuinblasers as moeilikheidmakers beskou en alle pogings om te waarsku as verdagmakery beskou word.
Dit was Genl. Tienie Groenewald wat by geleentheid in die gevalle Vrye Weekblad van “Marx” du Preezfaam verklaar het dat ‘n volk eers meer liberaal en toegeeflik word as dit met hom finansieel goed gaan!
Tydige waarskuwings in Suid Afrika is in die wind geslaan en afgemaak as blote regse retoriek wat regse organisasies moes bevoordeel. Die bewerings wat bv. van mnr. Jaap Marais gepubliseer is, is dadelik verdag gemaak en later dood geswyg sodat die bewys daarvan nie onder die oë van die breë publiek gekom het nie. Die klimaat van skuldgevoel en aandrang tot die humanistiese gelykstelling van alles en almal, was die wegwysers na multikulturalisme oftewel integrasie waarmee apartheid vervang moes word! Die dood was in die pot vir Nasionalisme.
Nou is daar feitlik wêreldwyd onrus! Tunesië, Egipte, Yemen en oral in Afrika asook in die Midde-Ooste. Wat egter interressant is, is die uitlatings van David Cameron van Engeland dat multikulturalisme gefaal het. Dat multikulturalisme die onderbou van die Moslem-ekstremisme in Britanje is! So is daar betogings in die VSA en Holland en geleidelik ‘n onrustigheid van die skielike onverdraagsaamheid van die Moslems en ander derdewêreldlinge wat demografiese bedreigings vorm waar hulle ookal in lande versamel waar dit met hulle beter gaan as in hulle lande van herkoms!
In die lig van al hierdie verwikkelinge het dit gebiedend noodsaaklik geword dat Afrikaners opnuut sal kyk van hoe ons uit ons eie erfenis geknoei is deur sameswerings en geheime beplannings waarby ons eie mense betrek is. Sommige bewustelik, ander onwetend en nog ander omdat hulle oortuig is dat dit in ons volk se belang sou wees!
Die AVP begin dus met die blootstelling van ‘n reeks van gebeure sodat ons opnuut kan kennis neem van wie is wie in Afrikanergeledere wanneer ons praat van samewerking met die oog op ons volk se vryheid!