Afrikaner Volksparty
PERSVERKLARING
MALEMA SE DREIGEMENT AAN BLANKES OP JEUGDAG
In Beeld van 16 Junie 2011 verskyn uitlatings wat die jeugleier Julius Malema gemaak het tydens sy toespraak op Jeugdag. Ons haal uit die berig aan:
“Hy het spesifiek verwys na wit mense se afkeer van grondhervorming en regstellende aksie. Volgens hom is wit mense van nature rassisties.
Die ANC-jeugleier het regeringsbeleid en die ANC-leiers se “politieke onwilligheid” om rykdom doeltreffend te herverdeel tydens die openingsrede van die ANC-jeugliga se nasionale konferensie in Gallagher Estate in Midrand fel gekritiseer
Malema het twee keer gevra of die huidige ANC-leiers regtig die moed en ideologiese ingesteldheid het om wit kapitaal en mynhuise aan te pak.
‘Ons weier om langer so te lewe. Grond moet sonder vergoeding afgeneem word, maar sonder geweld en oorlog en eerder met ons politieke mag’
Vandag is die magsbalans egter in sy guns en het dit tyd geword om meer beslissend op te tree. “Ons kan nie aangaan asof ons nie die oorlog gewen het nie.”
Malema het gesê die ANC móét in die volgende algemene verkiesing ’n meerderheid van 75% behaal sodat die party die Grondwet kan verander ten einde radikale transformasie – insluitend onteiening sonder vergoeding – deur te voer, berig Beeld.
Volgens Malema,” is die Blanke se eerste kontak met swart mense, deur huiswerkers en tuinwerkers”.(Sluit die aanhaling)
Die Afrikaner Volksparty waarsku Malema: Julle het nog nóóit enige oorlog teen die Afrikaner geveg wat julle gewen het nie.
Dit is ook nie moontlik om enige iemand se grond “af te neem” sonder geweld of vergoeding en dit enige iets anders as oorlog te noem nie.
Misbruik van politieke mag het nog altyd tot anargie gelei en selfs ’n 75% is geen regverdiging vir ’n vergryp aan iemand anders se eiendom, bloot omdat jyself nie die vermoë het om jouself op te hef soos die blanke deur harde, toegewyde en intelligente arbeidspraktyke en billike staatsbestel in jou eie land nie.
Die weiering om dit wat volgens elke beskaafde regsbeginsel aan jou behoort, af te staan aan iemand wat in al die eeue van hulle bestaan, nog niks blywends tot stand gebring het nie, maar bloot ander se swaarverdiende besit wil opeis, sal en kan nooit deur enige intelligente mens ’n rassis genoem word nie.
Onsinnige uitlatings soos hierbo, sal ten koste van huiswerkers en tuinwerkers wees. (Malema se frontlinie?)
Jy sal ons eiendom moet kom vat oor die loop van ’n geweer, maar die bloed sal dik loop!
Danie Varkevisser
Leier
17 Junie 2011
www.afrikanervolksparty.org