1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8564140

Besoekers aanlyn

Ons het 65 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

DIE NUWE LEWE ONDER DIE GENADE

Lees saam Romeine 8 : 1 - 17

Ons reken ons is kinders van God? Nie waar nie?  Wat bedink ons wanneer ons nie by die kerk is nie?  Het ons ook deur middel van ons denke die Wet van God, kragteloos gemaak?  Ons reken ons is kinders van God, maar getuig ons lewens dat ons nuwe mense is in Jesus Christus?

Hoe is dit moontlik dat die vlees die Wet kragteloos kan maak?  Duidelik sê die Woord van die Here vir ons dat die fout nie by die Wet is nie, maar dat dit by die vlees is.

In vers 3 staan daar,  "wat vir die Wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees".

Die vlees wat die Wet kragteloos maak is alles dinge soos wat uiteengesit is in Rom 1: 29-31: "hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig". 

Hoeveel van ons is skuldig aan hierdie dinge?  Daar is soveel dinge wat ons doen wat verkeerd is maar ons vergeet dat ons besig is om te sondig.  Die wêreld het dit vir ons aanvaarbaar gemaak om te sondig.  Die wêreld het gemaak dat ons as Christene nie meer opstaan vir ons geloof nie.

Sonde het aanvaarbaar geword maar dit wat volgens die Woord van God reg is, is nou onaanvaarbaar vir die wêreld.  Ons as gelowiges kan ons nie skuldig maak aan hierdie dinge nie want ons vlees is verander en het nuut geword in Jesus Christus en ons wandel in die Gees van God.

Die antwoord vir die probleem waarin ons staan word vandag so duidelik aan ons gegee vanuit ons skrifgedeelte.  In vers 3 en 4 staan daar : "Want God het, wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees, deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, DIE SONDE VEROORDEEL IN DIE VLEES, sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Jesus Christus het mens geword om die Wet te vervul vir ons as Sy kinders.  Om ons as mens die voorreg te gee om te leef met die ware verlossing van Jesus Christus duidelik sigbaar in ons lewens. Sigbaar omdat ons nuut gemaak is.  Sigbaar omdat ons Geestelike dinge bedink.  Geestelike dinge wat God behaag. 

Geestelike dinge omdat die Heilige Gees ons lei.  Dit is dan wanneer ons ook kan bely dat die liggaam is dood vanweë die sonde MAAR die gees is lewe vanwee die geregtigheid soos dit in vers 10 staan .

So pragtig stel vers 14 dit aan ons dat diegene wat deur die Gees gelei word, die is kinders van God.  Geliefdes, dit beteken dat die Heilige Gees woon in ons harte.  Dit beteken dat die vleeslike dinge nie vir ons belangrik is nie.  Om nuut gemaak te wees in Jesus Christus beteken om weg te draai van die sonde. 

Daarom kan ons ook getuig soos wat die gelowiges in Rome getuig het Abba Vader(vers 15).  Abba wat beteken MY Vader.  Myne, ek behoort aan Hom.  Ons as gelowiges is Sy eiendom, sy kinders.

Watter wonderlike troos is dit nie vir ons as gelowiges nie?  Ons is nie alleen in hierdie wêreld nie.  Ons is kinders van die Almagtige God en daarom is ons erfgename van God en mede-erfgename van Jesus Christus(vers 17).

Kom ons leef weer ons geloof uit sodat die wêreld kan sien ons bedink Geestelike dinge en ons gedagtes is gerig op die Almagtige God wat ons deur Sy Gees lei.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie