1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8333513

Besoekers aanlyn

Ons het 49 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

HOU SY VERBOND

BybelJosua 23:1-16

“As julle die verbond van die HERE julle God wat Hy julle beveel het, oortree en ander gode gaan dien en julle daarvoor neerbuig, dan sal die toorn van die HERE teen julle ontvlam, en julle sal gou omkom uit die goeie land wat Hy aan julle gegee het.”

‘n Geloftevolk – ‘n uitverkore volk vir Hom om Sy boodskap en Evangelie aan die mensdom uit te dra!  Dit was en is die roeping van die Afrikanervolk aan die Suidpunt van Afrika.  Ons voorouers het  by Bloedrivier beloof dat ons getrou aan Hom sal leef as ‘n volk vir Hom en Hy het ons belofte aanvaar en bekragtig deur die roemryke oorwinning.  ‘n Verbond is natuurlik ‘n ooreenkoms tussen twee of meer partye wat nie ongedaan gemaak kan word op ‘n ander wyse as deur die dood nie.  Die voorsate van die Afrikaner het ook ons nageslag gebind deur ‘n Gelofte wat nooit ongedaan gemaak kan word nie.  Ons is ‘n geroepe volk en sal dit bly tot die dag van die wederkoms van onse Here Jesus Christus of tot op die dag dat die laaste Afrikanersiel ontslaap en hierdie volkie ter ruste gelê word. 

 

Die realiteit van agteruitgang en verval in ons volksgeledere en ons vaderland is veronderstel om die oorsaak hiervan kristalhelder vir ons te laat.  Die gelese gedeelte kon net sowel verlede maand vir ons volk geskryf en gestuur gewees het wanneer ons na die toepaslikheid daarvan in ons hedendaagse omstandighede kyk.  Ons volk staanskuldig op aanklag dat ons God se verbond verbreek het en daarom die straf van ons verkeerde handelinge moet dra.  Die straf op die verkeerde handeling is egter net die begin van ons probleem aangesien die volharding daarin die waarskuwing van totale uitwissing dra.  Waarom sal predikers die deuntjie van “geen verlossing sonder bekering” aanhoudend en tot vervelens toe neurie?  Hierdie wekroep sal aanhou weergalm totdat die volk sy skreiende wangedrag besef en laat staan en in opregtheid met diepe ootmoed voor ons God kniel.

Net soos wat elke gelowige in Jesus Christus op ‘n dag in sy/haar lewe tot die besef gekom het dat God hom/haar liefhet en verlos het van die sondemag en derhalwe uitverkies het, is ons as volk ook tot uitverkiesing geroep.  Elke ware gelowige het die besluit gemaak om sy/haar lewe van die dag van bekering af te leef onder die gesag van God Drie-Enig en om Hom lief te hê en te dien.  Dit is presies wat die Afrikanervolk gedoen het met die aflegging van die Gelofte in 1838 waar ons beloof het om as ‘n volk onder Sy Gesag te staan.  ‘n Bekeerde gelowige probeer deurgaans leef tot eer van God en ons volk het beloof om te leef tot eer van Sy Naam. 

Die Woord maak dit duidelik dat enige mens wat waarlik tot bekering in God gekom het, die verantwoordelikheid het om hierdie geskenk van verlossing ten alle koste te bewaar en as die kosbaarste besitting in u lewe te beskou.  As die Woord dit só duidelik stel dat ‘n mens nie die verbond wat jy met God sluit ten tye van jou bekering mag verag nie, sal dit vir ‘n volk anders wees?  “hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?  Want ons ken Hom wat gesê het:  My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer:  Die Here sal sy volk oordeel.  Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.”  (Heb.  10:29-31)

Dit is dus duidelik waarom hierdie “deuntjie” geurigdeur opgehaal word – dit spreek die kern van ons probleem aan!  Enige medikasie wat nie die virus wat die siekte veroorsaak beveg nie, verdoof/verlig bloot die simptome, maar bring nie genesing tot stand nie.  Enige optrede wat dus die kern van ons volk se probleem buite rekening laat, sal net vir ‘n wyle “beterskap” bring.  Dit sal ons niks baat om met diegene wat juis as instrument tot ons volk se strafgerig gebruik word, te probeer onderhandel oor ons toekoms nie.  Ons het Een met Wie ons moet onderhandel – voor wie ons in soveel skuld staan dat ons indringend sal moet besef dat ons nie in die posisie is om terme neer te lê nie.  Ons is in die posisie waar ons maar net aanhoudend om genade kan smeek.

Wanneer ons probeer om die realiteit van die ellende in ons land te probeer verswyg of ons kop daarvoor wegdraai, sal ons aksieplan vergelykbaar wees met die aksieplan wat die berugte Evkom die afgelope vyftien jaar gevolg het om sy ellendige toestand te probeer verbeter en ons weet hoe donker hierdie instansie se vooruitsigte op datum is. 

Ons kan seker aanhou om vir mekaar oor-en-weer te skree en te beledig oor wie “ja” en wie “nee” gestem en derhalwe verantwoordelik is vir ons huidige situasie?  Ons kan seker hofvaardig probeer dae en datums opnoem waarop ons vergaderings gereël en bygewoon het om die huidige bestel in ons land te probeer verhoed en nou agteroor sit asof ons genoeg geveg het?  Die jonger geslag kan seker die vorige geslag blameer dat hulle nie genoeg gedoen het om ons volk se vryheid te beskerm nie – asof ons soveel doen om dit te beskerm of te herwin!  Ons kan seker aanhou om die foute by ander mense as onsself te soek soos wat ons seker kan aanhou om die oplossing op ‘n ander plek as by ons God te soek?  As ons egter besef dat ons op ‘n afdraande pad is met laasgenoemde, is dit mos natuurlik noodsaaklik om van rigting te verander.

Ons as vrygekoopte kinders van God moet dalk weer hierdie geskenk as die hoogste pand in ons lewens stel en dienooreenkomstig begin leef as mense wat hierdie gawe van harte waardeer.  Ons kan begin deur onsself te ondersoek vir foute en ons naaste in liefde te vermaan en verdra.  Ons kan weer begin erken dat ons nie die antwoorde op al die vrae en probleme het nie, maar God nader om die antwoorde en hulp vir die probleme en ellende waarmee ons te make het.  Ons moet dalk ophou om die een vir die ander te wag en mekaar se lewens te beoordeel vir dit wat ons as reg beskou en indringend begin om selfondersoek in ons eie lewens te doen en die verkeerde te laat staan.  Hierdie daadwerklike optrede sal dalk die remme wees wat hierdie volk van ons wat teen die spoed van ‘n sneltrein die afdraande pad afjaag, teë te hou van ‘n algehele en rampspoedige ongeluk?

Ons moet as ‘n geroepe volk van God weer ag gee op Sy Roepstem om ons roeping uit te leef deur Sy Lig in ons lewens te laat skyn om weer te kan sien hoe Sy Lig selfs die donkerste duisternis verdryf!

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie