1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8333651

Besoekers aanlyn

Ons het 79 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

NA BINNE EN NA BO!

BybelDeut. 10:10-22

“En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel, om te hou die gebooie van die HERE en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan?”  (:12-13).

Na binne en na Bo, Afrikaner! 

Dit het haas tyd geword dat ons volk sal opkyk na die HERE ons God aan wie die hemel en die aarde behoort om sodoende moed te skep in die tye waarin ons leef.  Wanneer die horisontale fokus op ons probleme verskuif na ‘n vertikale fokus op Hom wat ons te hulp kan kom met ons probleme, lyk ons probleme en struikelblokke sommer summier baie kleiner.  Die voorwaarde vir antwoorde op ons hulpgeroep na ons God wat ons nog ALTYD verhoor het omdat Hy ons nie in die verderf wil stort nie, word telkemale in hierdie gedeelte genoem.  Ons moet die HERE onse God vrees, in sy weë wandel, Hom liefhê, Hom dien en sy insettinge en gebooie onderhou.  Ons moet deeglike selfondersoek in ons lewens instel na dit wat nie in orde is nie en dit na God neem met opregte berou om sodoende die voorhuide van ons harte opnuut te besny om gehoorsaam aan Hom te wees.

 

Ons voorouers was darem meer as sewentig siele sterk toe hulle vanuit Europa vir die behoud van hulle geloof na die Suidpunt van Afrika gevlug het.  Hulle was egter nie duisende in getalle nie en by Bloedrivier was ons volk maar weereens ‘n skamele 464 siele wat die Gelofte aan God afgelê het om vir Hom ‘n volk te wees, mits Hy ons sou verlos.  Hy het ons daardie dag die wonderbaarlike verlossing geskenk en ons daardeur aangeneem as Sy volk en onderneem om vir ons ‘n God te wees.  Deut.  26:18-19: ”En die HERE het jou vandag laat verklaar dat jy vir Hom ‘n eiendomsvolk sal wees soos Hy jou beloof het, en dat jy al sy gebooie sal onderhou; en dat Hy jou dan die hoogste sal stel bo al die nasies wat Hy gemaak het, tot ‘n lof en ‘n roem en ‘n sieraad, en dat jy ‘n heilige volk aan die HERE jou God sal wees soos Hy beloof het.” 

Ons het saam met die Gelofte om vir Hom ‘n volk te wees ook beloof om vir Hom ‘n huis te stig waar dit Hom behaag.  Hier waar ons vandag staan is ons besig om klaaglik te misluk in hierdie onderneming en sien ons hoedat die huis (woonplek) aan die Suidpunt van Afrika in puin lê terwyl die meeste van ons maar net te gemaklik agter die duiwelsdoos inskuif vanaand.  Ek is darem so moeg geswoeg aan my ywer vir Mammon en om die kinders van die een sportbyeenkoms na die ander sportbyeenkoms te karwei was verskriklik vermoeiend. . . Die “gelukkige” huise sal dalk vyf of tien minute afstaan vir huisgodsdiens, dit is nou as die duiwelsdoos vir so lank tyd afgeskakel kan word, en dalk word die Onse Vader darem daar gebid.  “Laat U Naam geheilig word” terwyl die duiwelsdoos oor minder as 15 minute na aandgodsdiens weer sal seëvier met die lastering van onse God se Heilige Naam.  “Laat u koninkryk kom” – terwyl ek nie veel in my eie lewe en die omstandighede binne my bereik doen om hierdie versoek te verwesenlik nie.  “Laat U Wil sal geskied” bid ons sonder om te vra en te soek na Sy Wil vir ons lewens. . .

In plaas daarvan om indringend aan my verhouding met my Vader te werk, sal ek eerder in strydvrae en nuttelose argumente rondom die waarhede van die Bybel betrokke raak.  Is dit nie hartseer hoedat ons geloof in menige Afrikanerharte ook maar in ‘n filosofie ontaard het wat gedurigdeur opsoek is om die waarhede van die Bybel uit elke moontlike rigting te benader nie?  Dit sou ons dalk baie meer baat as ons sal ophou om die waarhede van die Woord van God te bevraagteken en begin om daarin te glo, dit te verdedig en volgens hierdie beginsels te leef om sodoende as lewende kinders van God pal te staan vir die evangelie van Jesus Christus.  Ons kan op hierdie wyse opnuut leer om ons God lief te hê, sy gebooie te onderhou en sodoende weer die vrymoedigheid aanleer om in ‘n lewende verhouding met Hom te leef.

Ons sal leer dat Hy vir ons ‘n Vader is wat ons liefhet en soms ook vir ons NEE sê tot ons beswil.  Ons sal ons eerder in ootmoed aan God onderwerp wanneer ons NEE-antwoorde kry as om ons op te ruk en opstandig te raak teenoor Hom.  Ons sal onthou en opnuut besef dat die lewe oor baie meer as net myself, my eie luukse lewenstyl en selfsugtige begeertes gaan.  Ons sal opnuut besef en leer dat Jesus Christus hierdie aardbodem bewandel het en Homself ten volle geoffer het om ons geregtigheid te bewerk en sodoende sal ons leer om minder selfsugtig te wees.

 Mense wat leer om onselfsugtig te leef, is mense wat verdraagsaam kan leef.  ‘n Volk wat onselfsugtig en in verdraagsaamheid teenoor mekaar kan leef, is ‘n volk wat mekaar se belange sal nastreef.  ‘n Volk wat elkeen ook na sy broer se belange omsien en nie net na sy eie nie, beweeg naby daaraan om die tweede gebod van God na te kom en ‘n volk wat laasgenoemde doen uit liefde vir sy God, is ‘n volk wat die eerste gebod sodoende ook nakom.  ‘n Volk wat die eerste twee gebooie van die Wet van God nakom, is ‘n volk wat op pad is na bo!

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie