1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9964657

Besoekers aanlyn

Ons het 123 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

VORM ONS NA U WIL, O GOD!

Jeremia 18:1-23  alt“Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE.  Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!” is die woorde van die HERE aan Sy volk om hulle te herinner van hul nietigheid en afhanklikheid van Hom.

Die Afrikaner, wat ook natuurlik nie anders beskou kan word as ‘n volk van God nie, aangesien ons trou aan Hom beloof het gedurende Desember 1838 en onsself daardeur onlosmaaklik aan Hom verbind het as Sy volk, moet hierdie woorde van die HERE vandag beslis ter harte neem.  Soos klei in die hand van die pottebakker is ons in Sy Hand en as ons ons volk se geestelike lewe in oënskou neem, het ons as  “‘n voorwerp” van God, tot ‘n klaaglike mislukking misvormd geraak.  Aangesien ons net maar ‘n voorwerp in Sy Hande is en Hy die Pottebakker wat ons vorm, gaan ons seker die skuld vir ons mislukking op Hom plaas?

  Is dit dan nie Hy wat toegelaat het dat ons misvormd raak nie?  Die woorde in verse 7 – 10 stel dit vir ons duidelik dat die volk weens sy eie ongeregtigheid misvormd raak, maar ook deur sy eie keuse van bekering herstel kan word tot ‘n pragstuk in die Pottebakker se Hand.  Ons mag nòòit die wekroep tot ootmoed en nederige onderdanigheid aan Sy Wil en Raadsplan as ‘n opdrag tot pasifisme beskou nie.  Die wekroep tot ootmoed en onderwerping aan Sy Wil is juis ‘n wekroep wat lei tot bekering wat sal aanleiding geen tot aanmelding vir diens in Sy Koninkryk in gehoorsaamheid aan Hom en met ‘n gesindheid van dankbaarheid teenoor Hom. 

 

Die inwoners van ons land raak toenemend bewus van die dreigende onheil wat besig is om oor ons land neer te daal.  Ofskoon ons die huidige verloop van sake van die afgelope paar jare alreeds as ‘n onheil kan beskou, al dan nie, sal verskil na gelang van die verwysingsraamwerk waaruit die argument benader word.  Alhoewel mense hierdie harde werklikheid openlik erken, blyk dit asof mense dink dat hulle steeds die verloop van omstandighede kan verbeter deur menslike handelinge.  Waarom weier mense om hul knie voor God te buig en te erken dat Sy Hand bitter swaar op ons land rus, veral sedert ons volk Hom verloën het op staatkundige terrein in 1983?  Hoe lank sal elkeen na hul eie gedagtes wandel en na die hardheid van hul bose hart handel? 

Het ons volk dan al waarlik so verdwaald geraak dat ons nou angstig begin rondkyk en nie weet om na Bo te kyk nie, want ons het vergeet van ons God?  Vers 15:”Nogtans het my volk My vergeet, hulle laat rook opgaan vir die nietige afgode; dié het hulle laat struikel op al hul weë, op die ou paaie, om te loop op sypaaie, ‘n ongemaakte pad;”.  Op hierdie sypaaie van dwaling hou ons volksgenote hulself eersdaags op 16 Desember só besig met sy afgode waaronder Mammon (die geldgod), dat hulle vergeet het dat hul deel is van ‘n volk wat God moet aanbid en moet terugdink aan Sy wonderdade op hierdie dag.

Net so min soos wat ons moet vra waarom ons land ‘n bespotting vir die wêreld geword het, moet ons verbaas wees wanneer ons ‘n geskreeu in ons land en huise hoor wanneer Hy skielik ‘n bende oor ons bring tot ons straf en vernietiging, want dit was dan tevergeefs om ons tot Hom te bekeer.  Tevergeefs sal jy Hom wel aanroep in daardie dag van benoudheid as jy voortgaan in jou weiering om jou tot Hom te bekeer van jou dwaalweë en jou te onderwerp aan Sy gesag.  Wees egter gerus dat ons Hom nie tevergeefs sal aanroep wanneer ons ons wèl tot Hom bekeer met ons hele hart en siel nie, want Hy beloof dit vir ons in Psalm 91:14:  “Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal Hom beskerm, omdat hy my Naam ken.”

Terwyl daar vir ons nog genadetyd oor is tot bekering, laat ons nie in dwaasheid reken dat dit tevergeefs is om God te dien nie.  Dit is allermins – dit is ons eer en voorreg om as klei in Sy Hand gevorm te mag word tot na Sy welbehae!  Waar ons as ‘n volk vandag as ‘n klaaglike mislukking op Sy Pottebakkerswiel lê, is dit voorwaar tyd om ons in waarheid aan Hom te onderwerp as die Pottebakker en ons die klei.  Dit is tyd dat ons Hom nie langer wil voorskryf of Sy Weë bevraagteken nie, maar eerder om ons in ootmoed aan Hom diensbaar te stel.  Die feit dat hierdie mislukte voorwerp in Sy Hand eers heeltemal inmekaargedruk sal moet word om van nuuts af te begin met Sy Meesterstuk, is onbetwisbaar.

 Ons kan maar in nederigheid hoop en smeek dat Hy ons nie totaal en al sal wegwerp as ‘n mislukte stukkie nuttelose klei nie, maar eerder inmekaar sal druk, die onbruikbare deel klei (mense van ons volk wat Hom nie as die Hoof en hoogste gesag van ons volk wil erken nie) sal skei van die bruikbare klei om die nuttelose alleen weg te werp en met die klein oorblyfsel ‘n kleiner, dog skoner, harder en meer bruikbare meesterstuk vir Hom sal vorm tot Sy Eer!

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie