1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9964299

Besoekers aanlyn

Ons het 87 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

KEN JY VIR GOD?

alt1 Kronieke 16:7-36

“Want al die gode van die volke is afgode, maar die HERE het die hemele gemaak.”  (Vers 16).  In hierdie vers ontdek ons ‘n waarheid wat so maklik in die huidige samelewing vergeet word, nl. dat die mensdom talle gode het wat hulle aanbid.  Daar is en bly egter net een ware, lewende God en dit is die Skepper van hemel en aarde van wie ons lees in Génesis tot Openbaring in die Woord van God. 

Met sinkretisme (die vermenging van godsdienste) word mense deesdae mislei deur voor te gee dat alle godsdienste (en derhalwe alle gode) gelyk is, maar hierdie is ‘n leuen wat talle mense tot ‘n val bring in hul geloofslewe.  Hoe gebeur dit egter dat mense hierdie leuen glo?  Hoe kan mense glo dat die Almagtige God wat hemel en aarde gemaak het “gelyk” is aan een of ander afgod?  Dit is omdat mense nie waarlik vir God ken nie. 

 

Sou ek vir u vra of u ‘n bekende persoonlikheid (bv. Riana Nel, Steve Hoffmeyer, die koningin van Engeland, ens.) ken, sou u spontane antwoord “ja” wees.  Sou ek u dan vrae rondom hierdie persoon begin vra, bv. wat die persoon se gunsteling kos of kleur is, waar die persoon gebore is, waarvan die persoon hou en wat die persoon afstoot, sal u gelukkig wees om een van hierdie vrae met selfversekering te kan beantwoord.  Die rede hiervoor is natuurlik omdat u eintlik weet van die persoon, dog ken u nie die persoon nie.  U weet van die persoon, maar sou hierdie bekende persoonlikheid selfs tot sterwe kom, sou dit nie u wêreld tot stilstand bring soos wanneer u ‘n nabye familielid aan die dood moes afstaan nie.  Dit is weereens omdat u van die persoon se bestaan weet, maar nie die persoon persoonlik ken en dus lief is vir die persoon nie.  Nou is die vraag vandag dan ook – ken u vir God of weet u doodeenvoudig van Hom?

Doen op hierdie oomblik moeite en beantwoord die volgende vraag:  “Wie is God?”

Dit is vir ons as mense onmoontlik om die wese van God te begryp, derhalwe is dit dus ook feitlik onmoontlik om Hom in Woorde volledig te kan beskryf.  Hy openbaar Homself egter aan ons in die natuur en ook in die Skrif.  In die Woord van God leer ons o.a. die volgende van Hom:

                Uit die gelese gedeelte (1 Kronieke 16:7-36) leer ons die volgende van Hom:

             Hy is ‘n God van wonders. (Verw. Vers 9)

             Sy Naam is heilig. (Verw. vers 10)

             Hy is ‘n sterke God. (Verw. vers 11)

             Hys is ‘n God van oordeel. (Verw. verse 13&14)

             Hy is groot en verhewe bo alle ander gode! (Verw. verse 25&26).

             “Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en blydskap is in sy woonplek.” (Vers 27).

             Hy is goedertieren. (Verw. vers 34)

 

Ons leer verder uit die Woord egter ook o.m. die volgende van Hom:

             Hy is die Skepper van hemel en aarde (Verw. Gen. 1) – Uit Hom en deur Hom het alle dinge ontstaan en sonder Hom het geen ding ontstaan wat ontstaan het nie. (Verw. Rom. 11:36).

             Hy is ‘n jaloerse God wat verwag dat ons Hom alleen sal dien en ons kan Hom nie bykomstig tot ons afgode dien, soos wat ons Hom wil dien nie.  (Verw. Eksodus 20:5).

             Hy is ‘n barmhartige God. (Verw. Eksodus 20:6).

Genoeg tyd en boeke sal ons ontbreek om Hom ten volle te probeer beskryf en hierdie is juis waarom dit belangrik is dat enige persoon wat waarlik tot bekering gekom het in Jesus Christus, ‘n persoonlike verhouding met Hom moet hê.  Dit is van uiterste belang om te verseker dat ons nie net van Hom weet nie, maar dat ons Hom ken!  Wanneer ons Hom waarlik ken, sal ons nie anders kan as om Hom lief te hê nie, want ons sal tot die diepe besef van Sy oneindigende liefde vir ons as sondaar-mense kom.  Maak dus erns daarmee om voldoende tyd aan Hom af te staan, want Hy verwag dit van elke kind van Hom.  Hy wil hê dat ons Hom van ganser harte moet soek.  Jeremia 29:13:  “En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.”

Wanneer ons ons volk se geskiedenis fyn bestudeer, besef ons dat die woorde van 1 Kronieke 16:18-24 ook baie van toepassing op ons is en dat ons as Sy volk tot Sy eer moes leef.  Wanneer ons rondom ons kyk na die lewenswyse van mense en ander volksgenote, dan besef ons dat ons volk ten gronde gegaan het, weens ‘n gebrek aan kennis.  Ons het ten gronde gegaan nie weens ‘n gebrek aan ekonomiese, politieke of welke ander kennis ookal nie, maar weens ‘n gebrek aan kennis van God!  Dit is skandelik om dit te moet erken, maar die omstandighede en realiteit rondom ons getuig van hierdie waarheid. 

Wanneer ons erken dat ons volk geval het weens ‘n gebrek aan kennis, noop dit elke volksgenoot om daadwerklik en dringend ondersoek in sy/haar lewe en hart in te stel wat sy/haar antwoord op die volgende vraag sal wees:  KEN JY VIR GOD?

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie