1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9962271

Besoekers aanlyn

Ons het 106 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

Waarom vas ons nie meer nie?

altNêrens in die Bybel is die verootmoedigende praktyk van vas in die ban gedoen nie. Dit blyk asof dit net eenvoudig in onbruik verval het, ten spyte van die waarde daarvan. Israel wat oor die vroeë geskrifte en talle profete beskik het, het desnieteenstaande in sonde verval terwyl die stad Nineve slegs eenmaal deur ‘n profeet aangespreek is en deur hulle met vas en in sak en as bekering tot God verootmoedig het, ‘n hele stad gered.

HANDELINGE 13:1,2.

1    EN daar was in die plaaslike gemeente in Antiochíë sekere profete en leraars, naamlik Bárnabas en Símeon wat Niger genoem word, en Lúcius, die Cirenéër, en Manáen, wat saam met Herodes, die viervors, grootgeword het, en Saulus.

2    En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.

 

HANDELINGE 2:

16   Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is:

17   En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.

18   En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.

19   En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.

20   Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.

21   En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

 

JOEL 2:

1    BLAAS die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby —

2    ’n dag van duisternis en donkerheid, ’n dag van wolke en wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom ’n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie.

3    Voor hom uit verteer ’n vuur, en agter hom brand ’n vlam; voor hom lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit ’n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie.

4    Sy voorkoms is soos dié van perde, en net soos ryperde so hardloop hulle.

5    Soos die gedruis van waens huppel hulle oor die bergtoppe, soos die geknetter van ’n vuurvlam wat die kaf verteer, soos ’n magtige volk wat vir die geveg opgestel is.

6    Vir hom bewe die volke van angs, alle aangesigte verbleek.

7    Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur, en elkeen gaan sy eie koers; hulle verander nie van pad nie.

8    En die een druk nie die ander nie; elkeen gaan sy eie pad; en tussen wapens deur val hulle; maar hulle bly in gelid.

9    Hulle oorval die stad, hulle hardloop op die muur, hulle klim in die huise, hulle dring by die vensters in soos ’n dief.

10   Voor hulle bewe die aarde, sidder die hemel; die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in.

11   En die HERE verhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër, ja, magtig die uitvoerder van sy woord. Want die dag van die HERE is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra?

12   Maar selfs nou nog, spreek die HERE, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag.

13   En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die HERE julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil;

14   wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie, sodat Hy ’n seën sal agterlaat — ’n spysoffer en ’n drankoffer aan die HERE julle God.

15   Blaas die basuin op Sion, heilig ’n vasdag, roep ’n vergadering saam!

16   Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.

17   Laat die priesters, die dienaars van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar ween en sê: o HERE, spaar u volk, en gee u erfdeel nie oor aan smaadheid, dat die nasies met hulle spot nie; waarom sou hulle onder die volke sê: Waar is hulle God?

18   TOE het die HERE geywer vir sy land en sy volk verskoon.

19   En die HERE het geantwoord en aan sy volk gesê: Kyk, Ek stuur vir julle koring en mos en olie, sodat julle daarvan versadig word, en Ek maak julle nie meer tot ’n voorwerp van smaad onder die nasies nie.

20   Ja, Ek sal die sprinkaanswerm, uit die noorde afkomstig, van julle af wegjaag en dit wegdrywe na ’n dor en woeste land; sy voorhoede na die Oostelike See en sy agterhoede na die Westelike See toe. En sy stank sal opstyg, en ’n slegte reuk uit hom opgaan; want hy het alte groot dinge gedoen.

21   Wees nie bevrees nie, o aarde, juig en wees bly, want die HERE doen groot dinge!

22   Wees nie bevrees nie, diere van die veld, want die weivelde van die woestyn spruit uit, want die bome dra hulle vrugte, die vyeboom en die wingerdstok lewer hulle drag!

23   En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die HERE julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.

24   Dan sal die dorsvloere vol koring wees en die parskuipe van mos en olie oorloop.

25   En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het — my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het.

26   Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van die HERE julle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.

27   En julle sal weet dat Ek in die midde van Israel is, en dat Ek die HERE julle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.

28   En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.

29   En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.

30   En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare.

31   Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE kom.

32   En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos die HERE gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat die HERE sal roep.

 

MATTHÉÜS 5:1,2

1    EN toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom;

2    en Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê:

MATTHÉÜS 6:16-18

16   En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.

17    Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig,

18   sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie