1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9960685

Besoekers aanlyn

Ons het 99 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

MATTHÍAS OF JOSEF WAT GENOEM IS BÁRSABAS?

altAs die lot vandag gewerp word in die Afrikanervolk, hoe sou ons bevind word? Wel deel van die volk maar nie Apostel nie, of selfs 'n Judas?

HANDELINGE 1:15-26

15 EN in dié dae het Petrus in die midde van die dissipels opgestaan — die skare van persone daar bymekaar was omtrent honderd-en-twintig — en gesê:

16 Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;

 

17 want hy is saam met ons getal gereken en het die lot van hierdie bediening verkry.

18 Hy het dan ’n stuk grond gekoop met die loon van ongeregtigheid en het vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgestort;

19 en dit het bekend geword aan al die inwoners van Jerusalem, sodat daardie stuk grond in hulle eie taal Akeldáma genoem is, dit is Bloedgrond.

20 Want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie! En: Laat ’n ander een sy opsienersamp neem.

21 Van die manne dan wat saam met ons rondgegaan het al die tyd waarin die Here Jesus by ons in- en uitgegaan het,

22 van die doop van Johannes af tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is — van hulle moet daar een saam met ons getuie word van sy opstanding.

23 En hulle het twee voorgestel: Josef wat genoem is Bársabas, met die bynaam van Justus, en Matthías.

24 En hulle het gebid en gesê: U, Here, wat die harte van almal ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het

25 om die lot van hierdie bediening en apostelskap te verkry, waarvan Judas afgewyk het om heen te gaan na sy eie plek.

26 Toe werp hulle die lot, en die lot het op Matthías geval; en hy is gekies om saam met die elf apostels te wees.

 

Hoe ver het ons nie gedwaal nie O Vader. Maak ons tog dissipels sodat U Naam verheerlik mag word. In die Naam wat gegee is bo alle name, ons Middelaar en Verlosser, Jesus Christus, amen.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie