MATTHÉÜS 16:1-3
As ons Afrikaners rondom ons kyk, as ons met mekaar gesels, wanneer ons met mekaar verskil, is daar dan niks waarvan ons gewaar word nie? Bedink ons ooit die tekens van die tye waarvan Jesus praat?
1 EN die Fariseërs en Sadduseërs het nader gekom om Hom te versoek en het Hom gevra om hulle ’n teken uit die hemel te laat sien.
2 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: In die aand sê julle: Mooi weer, want die lug is rooi.
3 En in die môre: Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi. Geveinsdes, julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie?
Ons Vader wat in die hemel is, ons pleit vanoggend vir bewuswording van die tekens van die tye waarna U verwys en ons dank U dat U dit vir ons sigbaar wil wys. Laat U Naam daardeur verheerlik word. Amen.