En die profeet Hanánja het in dié jaar, in die sewende maand, gesterwe.
Dit is wat die Bybel sê oor die onbeskryflike en meedoënlose wyse waarop diegene wat beheerposisies beklee, met volksgenote handel. (Na aanleiding van die verklaring van Kaptein Deon Loots)
Lukas 17:1
EN Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom.
Die handhawing of verdediging van 'n verkeerde standpunt, hoe godsdienstig of polities korrek op die oogaf, wek God se toorn op, en om leuens te verkondig is gelyk aan die verkondiging van afvalligheid van die HERE, volgens Jeremia 28: vers 16!
So lees ons in die boek Jeremia van die profeet Hananja wat verkondig dat Israel sal terugkeer uit Babel na slegs twee jaar se ballingskap terwyl Jeremia gesê het dit sal sewentig jaar duur.
Jeremia 28:15. En die profeet Jeremia het aan die profeet Hananja gesê: Luister tog Hananja! Die HERE het jou nie gestuur nie, maar jy het hierdie volk op leuens laat vertrou. Vers 16: Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek werp jou van die aarde af weg; hierdie jaar sal jy sterwe, omdat jy afval van die HERE verkondig het.
17 En die profeet Hanánja het in dié jaar, in die sewende maand, gesterwe.
Die aanslag op veral ons Christelike-Nasionale waardestelsels, is juis op subtiele wyse uitgevoer deur politieke-Kerk- en Kultuurorganisasies, wat hulle aanvanklike standpunte vir ander verruil het en daardeur die grootste gedeelte van ons volk met hulle saamgeneem het!
Onse Vader wat in die hemel is, maak ons volk bedag op leuens en bewaar ons asseblief teen deelname aan rigtings wat aangedui word deur hulle wat U nie gestuur het nie. Ons bid dit in die Naam van Jesus Christus, U Seun en ons Middelaar. Amen.