1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9956572

Besoekers aanlyn

Ons het 101 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

HOE LYK WARE GEHOORSAAMHEID AAN GOD?

Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.

GENESIS 22:1-18

NÁ hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!

2  Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.

 

3  Daarop het Abraham die môre vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal en twee van sy dienaars en sy seun Isak saam met hom geneem; en hy het hout gekloof vir ’n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom aangewys het.

4  Op die derde dag toe slaan Abraham sy oë op en sien die plek van ver af.

5   En Abraham sê aan sy dienaars: Bly julle hier met die esel; ek en die seun wil daarheen gaan om te aanbid en dan na julle terugkom.

6  En Abraham het die hout vir die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gesit, en die vuur en die mes in sy hand geneem. So het hulle twee dan saam geloop.

7  Toe spreek Isak met sy vader Abraham en sê: My vader! En hy antwoord: Hier is ek, my seun! En hy sê: Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir ’n brandoffer?

8  En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir ’n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop.

9  Toe hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou en die hout reggelê; daarna het hy sy seun Isak gebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit.

10  Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag.

11  Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!

12  En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.

13  En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens ’n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.

14  En Abraham het dié plek genoem: Die HERE sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.

15  Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af

16  en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie,

17  dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.

18  En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.

 

O Vader, God van Abbraham, Isak en Jakob, hoe ver skiet ons nie kort nie! Nie net as Afrikaners nie, maar as n volk wat gebore is en in die nageslag van Abraham geseen is ver bo wat ons kon verwag. Terwyl in hierdie geskiedkundige gebeurtenis U reeds op die kruisdood en opstanding van ons Middelaar, Jesus Christus wys en die mate van gehoorsaamheid waartoe Hy vir ons bereid was, hoe ver, o Vader het ons in ons geloof verval en dan nog reken op U reddende genade! Ons pleit om vergifnis en krag vir geloof o Vader en ons dank en loof U dat U tenspyte van ons swakheid ons nie versaak nie! Amen. 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie