En hy is uit die mense verstoot, en sy hart het soos dié van die diere geword, en hy het saam met die wilde-esels gewoon; hulle het hom
plante laat eet soos die beeste, en deur die dou van die hemel is sy liggaam natgemaak totdat hy erken het dat die allerhoogste God mag het oor die koningskap van die mens en daaroor kan aanstel wie Hy wil.( Daniël 5:37)
DEUTERONÓMIUM 20:1
AS jy na die oorlog uittrek teen jou vyand en perde en strydwaens sien, ’n volk meer in getal as jy, dan moet jy vir hulle nie vrees nie; want die HERE jou God wat jou uit Egipteland laat optrek het, is met jou.
DEUTERONÓMIUM 27:17
Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê; en die hele volk moet sê: Amen.
DANIEL 4:
KONING Nebukadnésar aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon: Mag julle vrede groot wees!
2 Dit behaag my om die tekens en wonders wat die allerhoogste God aan my gedoen het, te verkondig.
3 Hoe groot is sy tekens, en hoe magtig sy wonders! Sy koninkryk is ’n ewige koninkryk, en sy heerskappy is van geslag tot geslag!
17 Op ’n besluit van die bodes berus die bevel, en ’n woord van die heiliges is die saak, met die bedoeling dat die lewendes kan erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil, en die nederige onder die mense daaroor aanstel
27 Daarom, o koning, laat my raad u welgevallig wees en breek met u sondes deur geregtigheid en met u ongeregtighede deur genade te bewys aan die ellendiges as daar verlenging van u rus moet wees.
34 En ná verloop van tyd het ek, Nebukadnésar, my oë na die hemel opgeslaan, en my verstand het in my teruggekeer, en ek het die Allerhoogste geloof en Hom wat ewig lewe, geprys en geëer, wie se heerskappy ’n ewige mag en wie se koningskap van geslag tot geslag is.
35 En al die aardbewoners word as niks geag nie, en na sy wil handel Hy met die leër van die hemel en die bewoners van die aarde, en daar is niemand wat sy hand kan afslaan en vir Hom kan sê: Wat doen U nie.
DANIËL 5:
Toe is deur Hom die deel van die hand gestuur en hierdie skrif geskrywe.
25 En dit is die skrif wat geskrywe is: Mené, mené, tekél ufarsín.
26 Dit is die uitleg van die woord: Mené — God het u koningskap getel en daar ’n einde aan gemaak;
27 tekél — u is op die weegskaal geweeg en te lig bevind;
28 perés — u koninkryk is verdeel en aan die Meders en Perse gegee.
30 In dieselfde nag is Bélsasar, die koning van die Chaldeërs, gedood
Afvallig en swak in geloof staan ons Afrikanervolk voor U o Vader. Ontneem van die beste wat vir volke beskore was, ʼn land wat oorloop van melk en heuning! Is ook ons geweeg en te lig bevind omdat ons ons laat oorweldig het deur die misleiding en verleiding van die wêreld. Verwyder tog ons harte van klip en vervang dit met harte van vlees, sodat ons soos Nebukadnésar ons oë na die hemel sal opslaan, en ons verstand in ons teruggekeer, en ons U die Allerhoogste loof en U wat ewig lewe, kan prys en eer, wie se heerskappy ’n ewige mag en wie se koningskap van geslag tot geslag is. In Jesus se Naam, amen.