1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9955240

Besoekers aanlyn

Ons het 143 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

WAAROM WORD ONS SIEK EN HOE KAN ONS GENEES WORD (Deel Twee)

WAAROM WORD ONS SIEK EN HOE KAN ONS GENEES WORD? (DEEL TWEE)

1Korinthiërs 11:29-30

29   Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ’n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.

30   Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ’n aantal het ontslaap.

Ons het verlede Sondag gesien dat dit nie God se wil is dat ons moet siek wees nie, in teendeel, Hy maak gesond! Siekte se oorsprong is sonde.  Adam se eet van een vrug het sonde oor die hele wêreld gebring!  God se wil is dat ons gesond sal wees en dat dit met ons goed moet gaan. 

JOHANNES 5:

 

2  En daar is in Jerusalem by die Skaapspoort ’n bad met vyf pilaargange wat in Hebreeus Betésda genoem word.

3  Daarin het ’n groot menigte siekes gelê, blindes en kreupeles en lammes, wat op die roering van die water gewag het.

4   Want ’n engel het op bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het.

5   En ’n sekere man was daar, wat agt-en-dertig jaar aan sy siekte gely het.

6  Toe Jesus hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al ’n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word?

7  Die sieke antwoord Hom: Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan ’n ander een voor my in.

8  Jesus sê vir hom: Staan op, neem jou bed op en loop.

9  En dadelik het die man gesond geword en sy bed opgeneem en geloop. En daardie dag was dit sabbat.

10  Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.

Om ʼn gesonde liggaam te hê het God vir ons Sý liggaam gegee om te eet sodat ons genees mag word! ʼn Vreemde stelling?  Ja, bepaald! Want dit is nie hoe ons in die verlede die gebruik van Nagmaal verstaan het nie.  Veral nie die gedeelte wat bepaal dat jy versigtig moet wees om nie ʼn oordeel oor jouself te eet en drink nie!

Kom ons kyk weer indringend daarna.

1Korinthiërs 11:

23  Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;

24  en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.

25   Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.

26  Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.

27  Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.

28  Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.

29  Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ’n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.

30   Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ’n aantal het ontslaap.

Hier is nou twee sake wat ons geykte benadering tot die Nagmaal ingrypend sal verander! Die eerste is die stelling van Jesus, “so dikwels”. Die woord dikwels volgens die HAT. Beteken baie, menigvuldig, baiekeer, baiemaal, menigmaal, meermale, herhaaldelik.

Die tweede saak is vers 29 en 30 waar duidelik deur die woord “daarom” in vers 30 aangedui word waarom daar onder ons baie swakkes, sieklikes en ander is wat doodgaan.

Ons eet en drink ʼn oordeel oor onsself omdat ons nie die liggaam van Jesus onderskei terwyl ons die brood, (Sy liggaam), eet nie!

Terwyl Adam deur die eet van een vrug sonde oor die hele mensdom gebring het, het God in Sy genade Sy Seun se liggaam laat breek sodat in die Nagmaal deur een stukkie brood wat ons eet, terwyl ons Sy gebroke liggaam wat vir ons gebreek is onderskei, genesing van ons kwale kan ontvang! Dink maar aan die vrou wat aan bloedvloeiing gely het en net aan Jesus se kleed geraak het en genees is, en nou het ons meer as dit! Hy het vir ons Sy liggaam gegee om te eet!  ʼn Liggaam so gesond en vol genesende krag dat selfs Sy kleding daarvan vol was. ʼn Liggaam, wat terwyl Hy op aarde was nie eenmaal siek was nie!

Die Nagmaal is veel meer as net die verkondiging van die dood van Jesus totdat Hy kom. Deur Sy bloed is ons vir ewig van al ons sondes gewas en deur Sy  gebroke liggaam, genesing van ons siektes en kwale en voortydige dood! Doen dit dikwels in vaste vertroue en ongeveinsde geloof op die wyse wat die Bybel dit voorskryf en ervaar die almag, die genade en barmhartigheid van die God wat ons dien!

Mag die genade en die vrede van God met u wees! Amen.

Bybelstudent.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie