1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9953140

Besoekers aanlyn

Ons het 93 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

UIT DIE WOORD

11 TIMÖTHEÜS 3:1-17

 

  1. MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. 
  2. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,
  3. sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,
  4. verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;
  5. mense wat ’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.
  6. Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word,
  7. wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.
  8. En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.
  9. Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook dié van daardie manne geword het.
  10. MAAR jy het my navolger geword in leer, lewenswandel, planne, geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid,
  11. vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het in Antiochíë, in Ikónium, in Listre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos.
  12. En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.
  13. Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.
  14. Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,
  15. en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.
  16. Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
  17. sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

 

Sal U ons asseblief self toerus o Vader, sodat ons as 'n volk vir U volkome mag wees?  Ons bid dit in die Naam van onse Here Jesus Christus, ons enigste Verlosser en Saligmaker,  Amen.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie