PSALM46
VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.
|
2 |
Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die HERE sal hom red in die dag van onheil. |
|
3 |
Die HERE sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie. |
|
4 |
Die HERE sal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is. |
|
5 |
Ék het gesê: o HERE, wees my genadig! Genees my, want ek het teen U gesondig.
|
|
6 |
My vyande spreek kwaad van my en sê: Wanneer sal hy sterwe en sy naam vergaan? |
|
7 |
En as iemand kom om my te sien, dan praat hy leuens; sy hart vergader boosheid vir hom; gaan hy uit na buite, dan spreek hy daarvan. |
|
8 |
Al my haters tesame fluister onder mekaar teen my; teen my bedink hulle my onheil en sê: |
|
9 |
Iets skandeliks is op hom uitgestort; en nou dat hy lê, sal hy nie weer opstaan nie. |
|
10 |
Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig. |
|
11 |
Maar U, o HERE, wees my genadig en rig my op, dat ek hulle dit kan vergelde! |
|
12 |
Hieraan weet ek dat U ’n welbehae in my het: dat my vyand oor my nie juig nie. |
|
13 |
My tog, in my opregtheid ondersteun U my, en stel my voor u aangesig tot in ewigheid. |
|
14 |
Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot in ewigheid! Amen, ja amen. |
Hieraan weet ek dat U ’n welbehae in my het: dat my vyand oor my nie juig nie. As dit U wil is o HERE, IN DIE Naam van Jesus ons Middelaar en Verlosser, amen.