1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
10289161

Besoekers aanlyn

Ons het 77 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

IN HOM IS ONS HOOP

BybelKlaagl. 3:1 - 66:“Dit sal ek ter harte neem, daarom sal ek hoop: Get. dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut; u trou is groot. Die Here is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop. Tet. Goed is die Here vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek. Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die Here.” (:21-26).
Geliefdes, wat is hoop? Alhoewel ons dikwels van hierdie woord hoor en dit op verskeie plekke in die Woord raaklees, wonder ek hoeveel van ons al werklik oor die diepe betekenis hiervan besin het. En tog is hierdie ’n kosbare kleinood vir enige mens, geliefdes. U ken dalk iemand wat in hul lewe al alle hoop verloor het? En hoe tragies sien so ’n persoon se lewe nie daaruit nie?
 
Ons sien uit Heb. 11:1 dat daar ’n baie noue verbintenis tussen hoop en geloof is, maar dat die twee tog afsonderlik van mekaar is. “DIE geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” En hieruit word die beeld van hoop vir ons ook soveel meer duidelik. Hoop is iets waarna ’n mens uitsien. Dit is iets waarna jou hart hunker en verlang. Maar dit is nie ’n ydele verwagting nie. En word die hoop waarvan ons in die Woord van God lees nie soveel meer duidelik en mooier met hierdie begrip daarvan nie, geliefdes? Is daar vir ’n mens in hierdie lewe enige beter en vaste hoop as in God? Hieraan herinner die
Psalmdigter homself ook in Ps. 42 in klaarblyklik beproewende omstandighede. “Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof – die verlossing van my aangesig en my God!” En in Ps. 71 lees ons van die Psalmdigter se vaste vertroue en hoop op God. “Want U is my verwagting, Here HERE, my vertroue van my jeug af.
 
Maar ék sal altyddeur hoop en al u lof vermeerder.” (Ps.71:5,14). Maar ons lees van meer as ’n vaste vertroue, geliefdes – ons lees van sy hunkering om naby God te wees. “En ook tot die ouderdom en die grysheid toe – o God, verlaat my nie, ...” (Ps. 71:18). Ons kom vandag menige mens teë wat totaal sonder hoop is. En baie van hierdie mense is dan ook mense wat nie in slegte omstandighede leef nie, maar desnieteenstaande ’n baie bevoorregte lewe oorweldig ’n gevoel van moedeloosheid en ’n uitsiglose toekoms hulle.
 
Is die rede hiervoor nie dat ons as mense ons hoop in die verkeerde dinge in die lewe stel nie? Hoeveel mense is daar nie wat hul hoop in rykdom en weelde stel nie – dit is hulle hunkering en verwagting! En dan is daar ander wat hul hoop in hul kinders of lewensmaat stel. En die volgende se hoop is in sukses of eer terwyl daar weer diegene wie se grootste hunkering en verwagting is om uit pret, vermaak en plesier die hoogste bevrediging te vind. Al hierdie dinge is
egter ydele verwagtinge. Van watter een van hierdie dinge kan gesê word soos wat Jeremia in Klaagliedere 3 getuig – “...want sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut; u trou is groot. Die Here is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop. Tet. Goed is die Here vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek.” (22-25). Alleen maar in die HERE kan ’n mens sy hoop stel wat nie verydel sal word nie. Dit was ook in die lewe van Abraham vir ons duidelik, geliefdes. “Hy het teen hoop op hoop geglo dat hy vader sou word van baie volke volgens wat gesê was: So sal jou nageslag wees. En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie. En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het. Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken.” (Rom. 4:4-22).
 
Geliefdes, Sy barmhartighede is elke more nuut. Al lyk ons omstandighede hoe uitsigloos, daar is vir ons hoop. Maar daar is nie vir ons hoop buite Hom nie. Hy is ons enigste hoop. Die enigste rede waarom ons soms in die lewe nie hoop meer sien nie is omdat ons dit buite Hom soek – dit beteken nie dat dit nie meer bestaan nie, maar dat ons bloot op die verkeerde plekke daarna opsoek is. Laat ons gerus die lieflike en pragtige vermaning in hierdie verband uit Hos. 12:7 ter harte neem en in Hom ons hoop vind.
“En jy, tot jou God moet jy terugkeer, beoefen liefde en reg, en hoop gedurigdeur op
jou God.”
Amen.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie