1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9586213

Besoekers aanlyn

Ons het 100 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

SPREEKWOORDELIKE BLINDEVLIEË IN DIE POLITIEK

Klaas WaarseggerVir volksbehoud is dit lewensnoodsaaklik om die korrelasie tussen vlieg-gedrag separings-kopulasie en die politiek van die VF+ en die DA raak te sien. (Regering van Nasionale Eenheid). Net soos die politiek van die VF+ en DA, ondergaan die vlieg ‘n metamorfose van maaier tot papie, tot volwasse vlieg. (Van apartheid in magsdeling na magsoorgawe). Die maaier is wit, wat ‘n wit papie vorm om sy swartheid te verbloem. Wat betekenisvol is, is dat daar waar die vlieg op ‘n wit plafon gaan sit, laat hy ‘n swart klad agter. (Eie nasionaliteit en selfregering is ouderwets).

Die ANC se “red bait fly trap” het ‘n bepaalde invloed op ‘n vlieg populasie. ‘n Mens sal vér soek om rasegte witmense te kry, wat hou van vlieë, om nie eers te praat van brommers nie. Ommer as ‘n brommer is die DA en VF+ teenwoordig daar waar daar gekots word op die Afrikaner se geskiedenis. Wat vlieë so juggie maak, is hul kotsgedrag vir beter vertering. As dit op jou kos was, is jy ‘n kandidaat vir ‘n appelkoosmaag. Hulle is draers van die onheiligste siekte-kieme.

Vlieë het al meer mense laat sterf as enige oorlog. (Plaasmoorde suid van die Limpopo). Die Tsetsevlieg tipe kom net in Afrika voor, en is bekend om slaapsiekte oor te dra aan sy slagoffers. (Die ewige gesus van ‘n reënboognasie). Met saamgestelde oë, is dit feitlik onmoontlik om kleuronderskeid waar te neem. Omdat vlieë onwelkome gaste is in jou huis, moet planne gemaak word om van hulle ontslae te raak. Die beste raad vir die Afrika-vlieg om jou huis skoon te hou, is die vlieëvanger lokval (stembus). ‘n Klap met ‘n vlieëplak oor die kop, werk somtyds ook goed vir die verpesting. Sommiges van hulle is ratser as ‘n wildekat, en lastiger as ‘n stuk steenkool in jou oog. Politieke vlieë is uiters aangetrokke tot stinkende plekke, soos munisipale en parlementêre raadsale, met stink skellende asems. Witpeper in die bek is altyd goeie medisyne.

 

Die ANC is huidiglik spartelend sterwend. Dit beteken egter nie dat die Afrikaner onthef sal wees van vreemde oorheersing nie. Die vlieë op die verrotte liggaam is ook nou besoedel met kannabalistiese verorbering van volksnasionalisme. Die vlieë sal die salf ten alle koste kontamineer.

Ek het helde sien staan

Teen onreg en wanbegrip

Die rivier het rooi gevloei

Om rus en vrede te vind

En boosheid op ‘n afstand te hou

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie