1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9289520

Besoekers aanlyn

Ons het 123 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE REËNBOOG KULTUS

Klaas Waarsegger Kultus is per definisie ‘n groep wat die essensiële bybelse waarhede verloën en Dan nog steeds aanspraak maak om ‘n ware geloof aan te hang. Seker die mees berugte kultus in Afrikaner geledere is die NG Kerk. Op politieke vlak is die DA en VF Negatief die voorbokke. Ongelukkig is daar ook goeie mense onder hulle wat opreg glo dat hulle die waarheid ondersteun. Ongelukkig word hulle ook beheer deur die gebruik van swendeltaktiek, emosionele molestering en word sodoende slawe van die instutisie. Met valshede, word skuldbelydenisse by hul lede ingeskerp.

(Belhar Belydenis). Die predikers sorg dat slegs geselekteerde inligting by hulle lede uitkom. Om hul aanspraak as ware verteenwoordigers van God te handhaaf, word ‘n nuwe veranderde revolusionêre teologie voorgehou wat jou in die beskuldige bank plaas om byvoorbeeld jou apartheidsonde te bely.

Die sogenaamede “nuwe lig” is nie alleen bedoel om jou ‘n kous oor die kop te trek nie, maar gee ook voor dat

hulle selfs ook beheer oor God se woord kan uitoefen. Die waarheid is egter dat redding nie by ‘n organisasie geleë is nie, maar by God alleen. Die NG kultus wil nie werklik die bybel self laat spreek nie, maar hul eie sogenaamde

“nuwe lig”. Die belangrike verskil tussen ‘n ware Christelike kerk en ‘n Christelike kultus is enkel en alleen geleë in die Bybel as gesagsbron. Ons moet oppas om nie mislei te word deur valse godsdienstige groepe en politieke partye wat tussen ons en God wil kom staan nie. Dit is hartseer om te dink dat daar mense is wat glo dat hulle die Here dien, maar in werklikheid in misleiding vasgevang is. Dit was juis die nuwe rewolusionêre geloof van die NG Kerk wat veroorsaak het dat die DA en VF Negatief die ANC in vetroue geneem het.

 

Mandela was die enigste "president" van die Republiek van Suid-Afrika wat genooi was om die algemene sinode van die NG Kerk toe te spreek. ‘n Verloopte teoloog het na hom verwys, en ek haal aan “Christus se geskenk aan Suid-Afrika”. Die NG sinode het ook uit persoons-verering gesing:”Laat Heer U seën op hom daal”. Hy is aangeprys as die ‘vader van die nasie”, so asof swart en wit een enkele nasie kan wees. Mandela se onbeskaamde eerbewyse aan Ghadaffi, Castro en Robber Mugabe vertel ‘n heel ander storie. Hy was ‘n selferkende kommunis, ‘n stigterslid van Umkhonto We Sizwe. As saboteur en terroris is hy lewens-lank tronkstraf opgelê, wat FW de Klerk beëindig het. Die NG Kerk het selfs verder gegaan en ‘n NG Kerk in Brandfort vernoem na die “NG Kerk Winnie Mandela” van Stompi Seipei faam.

 

Dit was juis die “Nuwe Lig Bygeloof” van die NG Kerk met sy geskrifte soos Kerk en Samelewing, en ANC verering wat die kerk tot val gebring het (letterlik en figuurlik). Die kerk is nou onder konstante druk om die ANC se politieke sienings te ondersteun soos byvoorbeeld, grondroof is ge-oorloof. Hulle verteenwoordig nou die ANC in gebed, daarom moes hulle die vorige uitgawe oor “ Ras, Volk en Nasie” herskryf. Die reënboog kultus kleef nou aan die NG Kerk soos klitsgras aan ‘n wolhond. Die leed van die Afrikaner vandag, is hoofsaaklik as gevolg van die verkettering van die NG Kerk. ‘n Ware sekte in murg en been. Drie maal onheilig, teologies blind, ras verblind en biologies multiseksueel (LGBTQXYZ).

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie