Die politiek van die nuwe Suid-Afrika het ontaard in ‘n giftige mengsel van korrupte ministers, kriminele sindikate en medepligtige saboteurs. Politici gebruik huurmoordenaars om fluitjieblasers te vermoor, sodat misdaadbase toegang kry tot winsgewende, opgeblaaste, soms nog fiktiewe en algaande aangepaste staatskontrakte. Dwelmhandel, konstruksie mafia, water mafia, kole mafia, polisie mafia, is alles deel van die spel.
Ons land bloei onder sistemiese onbeplande, ineenstorting, etniese verval en nasionale verraad. Onderwys is disfunksioneel, hospitale stukkend, kragstasies faal, en munisipaliteite bankrot. Korrupsie is nie ‘n uitsondering nie, maar ‘n gangbare werkswyse wat as normaal beskou word. Die “wit lig” is uitgedoof en vervang met die donker van die donkerdenkendes.
Die heersende vlakdenke in die parlement, is dat apartheid (Jan van Riebeeck) die oorsaak is van die huidige onbeholpenheid en totniet-bestuur wat gedy. Selfs die VFpositief+ met hul gatomswaai na VFnegatief- politiek, het nou deel geword van die Regering van AntiNasisonale VerdeeldeEenheid en het selfbeskikking vervloek. Nasionalisme het ook vir hulle ‘n vloekwoord geword, juis dit wat die behoud van die Afrikaner verseker het. Die vervloeking van nasionalisme het tot gevolg gehad dat ons nie alleen politieke mag verloor het nie, maar ook ‘n innerlike kompas vir die toekoms.
Die staat het sekulêr geword, en die gevolg daarvan die Afrikaner gemarginaliseer en verlei tot die euwel van multikulturalisme. ‘n Volk het ‘n “Heimat” nodig waar hy homself kan wees in ‘n veilige waarde-gedrewe leefruimte, sonder vreemde oorheersing. Die werklikheid van die onwerklikheid in die nuwe Suid-Afrika, laat ‘n mens stik in jou woorde. Die donker vrot is feitlik onbeskryflik. Gevonniste en ongevonniste rowers in die parlement, sommiges geklee in rooi oorpakke, ander geklee in westerse snyerspakke, uiterlik blink en innerlik stink. Sommige swart van buite en ander swart van binne. Bloeddorstig soos Tasmaniese duiwels, hul moraliteit is soos dié van ‘n straatkat, glibberig soos ‘n vis, die mentaliteit van standbeeld en grafskenders, grondrowers met ‘n toegewyde geloof in korrupsie en alles wat hulle sweer om nie te wees nie. Sit dit nou in jou pyp en rook dit, en as jy klaar gerook het en dit jou nie die lig laat sien nie, kan jy in die donker gaan stem vir jou eie ondergang.
KLAAS WAARSEGGER