1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9281828

Besoekers aanlyn

Ons het 211 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE STEM VAN SUID AFRIKA

Die Stem van Suid AfrikaWaar was jy toe Die Stem van Suid-Afrika, ook bekend as Die Stem, vanaf 1957 tot 1994 die nasionale volkslied van Suid-Afrika was?.. Dit was ook die volkslied van Suidwes-Afrika onder Suid-Afrikaanse mandaat, tot hulle onafhanklikheidswording in 1990!.(Met erkenning vir uittreksels uit wikipedia)

Waar was jy toe Die Stem in  1918 deur C.J. Langenhoven geskryf, en in 1921 deur ds. M.L. de Villiers, destydse leraar van die NG gemeente Simonstad, getoonset is. Toe dit op 31 Mei 1928 die eerste keer in die openbaar gesing is, toe die vlag van die Unie van Suid-Afrika die eerste keer amptelik gehys is?. Die Suid-Afrikaanse regering dit op 2 Mei 1957 as die amptelike nasionale volkslied verklaar.het?

Dalk nog nie gebore? Dalk nog besig was om “kunstig in die skoot van jou moeder deur ons hemelse Vader geweef te word? Egter onmiskenbaar deur jou genetika, jou DNA, deel geword het van die nuutste en jongste volk op aarde. Onlosmaaklik verbind tot die geskiedenis, die verantwoordelikheid, die kultuurvorm, taal en Godverbondenheid as deel van ‘n gelowige Afrikanervolk!

In Suid Afrika as die erfgrond, uit die Hand van God ontvang en deur Hom gehelp beskaaf en opgebou tot die Republiek van Suid Afrika! Soos Israel van ouds het God ons deur ons voorsate se geloof in Hom, ons deur verdrukking, verguising en uiteindelik talle oorloë teen Brittanje en die swart indringers vanuit die Noorde van Afrika beskerm en bewaar.Vraag is, waar is jy nou?

WARE EN WERKLIKE GESKIEDENIS

Waar was u voorganger ná die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910 toe Afrikaans groot opgang gemaak het?. Toe die politieke en kulturele nasleep van die Eerste Wêreldoorlog spanning tussen die Nasionalistiese en liberale volksgenote veroorsaak het?. Genl. Barry Hertzog het in 1912 sy standpunt “Suid-Afrika se belange eerste” gestel, nadat Genl Botha se aanklank by die Engelse en Brittanje die regering se voorkeur was!. Langenhoven, as lid van die Provinsiale Raad en kampvegter vir die volwaardige erkenning van Afrikaans, het hom in dié krisistyd diep bewus geword van die bedreiging van die belange van die Afrikaner en van Afrikaans.

Tydens sy voorbereiding vir ’n reeks verkiesingsvergaderings het Langenhoven die gedig Die Stem van Suid-Afrika, op 31 Mei 1918 in sy woning, Arbeidsgenot, op Oudtshoorn voltooi. In Kaapstad het hy Die Stem, wat net uit drie koeplette met hul bygaande kore bestaan het, aan adv. H.A. Fagan, assistent-redakteur van De Burger, getoon. Fagan het sy geesdrif daarvoor te kenne gegee en deur sy toedoen is dit in Julie 1918 anoniem in De Burger met redaksionele aanprysing gepubliseer. Die toonsetting het egter nie by musiekkenners byval gevind nie.

Kyk waar was u voorganger!

Die gepubliseerde gedig het wel groot byval by die lesers gevind. Handelende op ’n wenk van ’n korrespondent, dat die Afrikanervolk ’n godsdienstige volk is, het Langenhoven dadelik ’n vierde koeplet aan die gedig toegevoeg. Die koor van die tweede koeplet is ook gewysig.

Langenhoven was nou vol geesdrif om ’n gepaste wysie vir Die Stem te vind en op 5 Augustus 1918 het hy in De Burger ’n uitnodiging aan komponiste gerig om toonsettings voor te lê. In Mei 1919 het ds. M.L. de Villiers ’n eerste poging aan Langenhoven voorgelê maar dit is nie as bevredigend beskou nie. Langenhoven het nogtans aan De Villiers en later ook aan Victor Potgieter, Stephen Eyssen en Gideon Fagan verlof verleen om hul toonsettings te publiseer.

In 1921, terwyl hy in sy pastorie in Simonstad werksaam was, het ds. M.L. de Villiers – nog steeds diep geïnspireer deur die woorde van Die Stem – plotseling ’n nuwe wysie daarvoor gevind en dit onmiddellik vir die eerste keer op ’n ou familieklavier gespeel en daarna die musiek neergeskryf. Ds. De Villiers het in die daaropvolgende jare die land deurreis en veral skole besoek ten einde Die Stem as volkslied, waarin die liefde, getrouheid en offervaardigheid vir die vaderland verklank word, landwyd bekend te stel. Die lied is spontaan as sodanig deur die Afrikaanssprekendes aanvaar. Sedert Uniewording in 1910 was God save the King van owerheidsweë steeds as nie-amptelike volkslied gebruik.

Politieke gebeurtenisse soos die vlagkwessie wat reeds in 1919 ernstige aandag begin verg het, en die bewindsoorname deur die Nasionale Party in 1924, het nou die wenslikheid van die aanvaarding van ’n Volkslied waarin ook die Afrikaanssprekende ’n deel sou hê, sterk na vore gebring.

Nasionalisme kom na vore

By geleentheid van die eerste amptelike hysing van die Unievlag (saam met die Britse vlag) in Kaapstad op 31 Mei 1928 is Die Stem van Langenhoven in die toonsetting van De Villiers die eerste keer (saam met die Britse Volkslied) in ’n amptelike program opgeneem en gedruk. Onder leiding van die komponis is Die Stem by hierdie plegtigheid, waarby Langenhoven self ook teenwoordig was, deur ’n massa-kinderkoor voor die Senaatsgebou gesing. Die Stem het egter nog nie die status van amptelike Volkslied beklee nie. Die bekendheid en gewildheid van die melodie van Die Stem is verder bevorder deur die gebruik van die SAUK om dit laataand by die afsluiting van sy programme saam met The King te speel. Die gebruik om dit ook aan die einde van bioskoopvertonings na The King te speel, het op baie plekke in die land posgevat. Van die kant van kultuurverenigings en die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie is ook sterk aangedring op die aanvaarding van Die Stem as Volkslied.

Waar sou u wees vir vlag taal en volkslied?

In 1931 het Langenhoven Die Stem in sy finale vorm opgeneem in Die pad van Suid-Afrika, wat toe pas voltooi is.

Ná die dood van Langenhoven op 15 Julie 1932 het die FAK ’n prysvraag uitgeskryf om finaal die geskikste Volkslied vir die Afrikaanssprekendes te vind. ’n Keuringskomitee het in 1934 uit 50 insendings Die Stem as die geskikste teks, en M.L. de Villiers se toonsetting later ook as die beste wysie, aangewys. Teen 1934 is Die Stem algemeen deur die Afrikaanssprekende deel van die bevolking as Volkslied aanvaar.

Status van Volkslied

Die begeerte het nou by ’n groot deel van die Engelssprekende bevolkingsgroep ontstaan om ’n gepaste vertaling van Die Stem te kry wat ook as Volkslied vir hulle sou dien, maar pogings van regeringsweë om dit te verwesenlik het vanweë politieke verdeeldheid misluk. Vir die opening van die Parlementsitting op 11 Februarie 1938 het Premier Hertzog opdrag gegee dat Die Stem saam met God save the King gespeel moes word, hoewel geeneen van die twee amptelike erkenning geniet het nie. Genl. Hertzog het hierdie stap gemotiveer deur te verklaar dat Die Stem “ ’n egte Suid-Afrikaanse lied is, in die volste sin van die woord, wat aan die hart van die Afrikaanssprekende ontspring het, en die gees van Suid-Afrika adem, op ’n wyse wat totaal vreemd is aan God save the King en wat in hierdie opsig deur geen ander Suid-Afrikaanse lied geëwenaar word nie, alreeds verskeie jare ’n geesdriftige ontvangs geniet het in die harte van Afrikaanssprekendes, deur hulle aangeneem is as hulle Volkslied en as die enigste Suid-Afrikaanse lied wat geregtig is op erkenning as ‘Volkslied van die Unie’.

In hierdie gevoel en eis word die Afrikaanssprekendes reeds ondersteun deur ’n baie aansienlike gedeelte van wat bekend staan as die Britse gevoel in Suid-Afrika.” Ná hierdie ingebruikneming is Die Stem by elke amptelike geleentheid saam met The King gespeel, hoewel die regering dit om politieke redes nie wou waag om Die Stem tot amptelike volkslied te verhef nie. Die simboliese Ossewatrek van 1938 en die geesdrif wat daardeur gewek is, het opnuut die aandag by Die Stem as ideale Volkslied van Suid-Afrika bepaal. By die hoogtepunte van die feestelikhede op Oudtshoorn op 3 September 1938 is die begeerte by ’n geesdriftige vergadering rondom die ossewaens uitgespreek “dat Die Stem van Suid-Afrika op 16 Desember 1938 deur die hele volk plegtig as Volkslied aanvaar (moes) word”. Op die voorstel van adv. E.G. Jansen, voorsitter van die Sentrale Volksmonumentekomitee, is dan ook by Monumentkoppie besluit om Die Stem as Volkslied van die Afrikaanssprekendes te aanvaar. Daarna is dié lied deur die 100 000 aanwesiges gesing.

NA 1948

WAAR WAS U?

Toe die Nasionale Party in 1948 aan bewind gekom het onder die leiding van dr. D.F.Malan met apartheid as slagspreuk, nadat dit vanuit die verloop van die geskiedenis duidelik was dat die swart ras nie onder dieselfde beleidsbeginsel, saam met die blanke regeer sou kon word nie. Die verskil in kultuur tussen blank en swart was onversoenbaar. Selfs tussen die verskeie swart etniese volkere was dit duidelik dat elkeen volgens eie aard en behoefte, binne sy eie grondgebied oor homself moes regeer as vrede tussen volke bereik en gehandhaaf moes word. Dit was immers die aanskouingsles van Afrika wat oor eeue gestrek het!

Na dr. Malan het advokaat Strydom en na Hans Strydom dr. H.F. Verwoerd, voortgegaan om dieselfde beleidsrigting te volg terwille van behoud van elke volk se identiteit!

Nalatenskap van Die Stem

Op 11 Junie 1957 het die Letterkundige Nalatenskap van C.J. Langenhoven alle regte op Die Stem van Suid-Afrika aan die regering oorgedra en op 2 Februarie 1959, tydens die premierskap van dr. H.F. Verwoerd, is die Wetsontwerp op die Outeursregte van Die Stem van Suid-Afrika eenparig deur die Volksraad aangeneem.

Waar was u ?

Toe dr. H.F. Verwoerd na Republiekwording in 1961 ons aansoek tot lidmaatskap van die Statebond,teruggetrek het vanweë die eise om weg te doen met ons beleid van Afsonderlike Ontwikkeling? Toe dr. Verwoerd na die aanslag van David Pratt wat hom met twee skote in die kop geskiet wat hy oorleef het en die daaropvolgende aanslag van Tsafendas wat dr. Verwoerd se dood veroorsaak het?

Waar was u?

Toe sy opvolger John Vorster die rassebeleid versaak het deur sport en arbeidsmaatreëls. Toe P.W Botha voortgegaan het met voorbereiding vir veelrassigheid, wat F.W. de Klerk in 1994 voltrek het?

Waar was u?

Toe die NP in 1969 geskeur het as gevolg van die afwyking van die beginselbeleid van Afsonderlike Ontwikkeling? Toe daar na dertien jaar se beginselversakings die Konserwatiewe Party(KP) gestig is as opvangsgebied vir ontevrede volksgenote binne die NP, om te verhoed dat hulle by die HNP aansluit?

Waar is u nou terwyl die DA, die VF-Positief, Afriforum, Solidariteit almal ingekoop het in die stelsel van magsdeling met swart terroriste wat besig is om volgens voorspelling en waarskuwings , ons land ten gronde te rig?

QUO VADIS Afrikaner? Waar wil u heen?

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie