Dit is betekenisvol dat in die tyd van Abraham Lincoln, voormalige president van Amerika, hy op die vooraand van ‘n bepalende veldslag, aan sy bevelvoerders opdrag gegee het: “Let none but Americans stand guard tonight!”
Waarom sou ‘n volksleier só ‘n opdrag aan sy bevelvoerders gee? Dit spreek van insig, mensekennis en ‘n besef van verantwoordelikheid. Dit is tog ‘n wetmatigheid dat verraad nie van buite kan kom nie maar slegs van binne jou eie organisasie, volsgenote, party of regering! Alle aanduidings dat die moord op dr. Hendrik French Verwoerd, vanuit eie geledere gekom het en dat die afwyking van beleidsbeginsel deur hulle wat hom opgevolg het, teenkanting ontlok het.
Die gevolg was dat die “rebelle” Dr, Albert Hertzog, Mnre. Jaap Marais en Louis Stofberg uit die Nasionale part geskop is! Mnr. Willem Marais het self bedank. Hulle was dus volgens die leiers van die NP van destyds, ‘n gevaar vir die koers van die NP! Feit is egter dat daardie vier manne die enigste vier was wat die gevaartekens opgemerk en teëgegaan het!
Die skeuring wat die stigting van die Herstigte Nasionale Party tot gevolg gehad het is dadelik deur die Broederbond met sy ‘rooi eed” probeer herstel, dog sterker maatreëls moes getref word om die NP te red en is die Konserwatiewe Party (KP) dertien jaar later in 1982 gestig om die ontevrede Afrikanervolksgenote op te vang en te bestuur.
Breinspoeling deur die State Department van die VSA, die oorreding tot onderhandeling op Bermuda , gereel deur die Aspen Institute en dan die invloed op skole, kerke, kultuurorganisasies, weermag, Universiteite deur lede van die Broederbond en toekomsgesprek wat deurgesuur het tot in die Landbouorganisasies, het ons volk soos skape deur ‘n Judasbok na die slagpale gelei!
Dat baie betrokkenes, ja selfs lede van die Broederbond nie regtig geweet het wat die gevolge van hulle optrede sou wees nie, is vandag duidelik, maar dat daar politiekwanstaltige sogenaamde “slim” jong leiers soos in Solidariteit en Afriforum ontpop het wat die volk verder in die pylvak moet voorgaan, is ook ‘n feit. Die tragiek is dat baie van ons volksgenote dit selfs nou nog na dertig jaar se verval en vernietiging, as ‘n ligpunt sien! Onderhandeling, samewerking in 'n Regering van Nasionale Eenheid waarin daar geen teken van Nasionalisme en nog minder enige eenheid sigbaar is nie. Juis die doel van die een wêreld regering!
Ek skryf hierdie artikel opnuut met die behoefte dat dit julle wat na ons sal kom, koers in die krisis sal gee!
In ‘n bondige samevatting skets Francois Richter in ‘n video die Broederbond se reuse aandeel in ons volk se ellende!
https://youtu.be/FbrDDnhL3I4?si=6aA5F8k_57rP65tj
Ons wat gelowig is leer tog uit die Bybel dat die beginsel van wysheid vrees vir die Here is! Daar is géén wysheid in geheime organisasies nie! Die skerwe lê rondom u verstrooi na dertig jaar se vernietiging van alles wat ons voorvaders vir ons opgebou en nagelaat het om mee voort te gaan. Ons ken die inhoud van Richter se video en het dit telkens laat blyk, selfs deur die geheime dokument waarin die Broederbond sy eie mense probeer oortuig het dat ons uiteindelik 'n swart president sal moet aanvaar te sirkuleer. Francois se bondige opsomming is egter waardevol en behoort wyd onder ons volksgenote versprei te word.
Moenie dieselfde foute maak as ons vaders van die sestigers tot nou wat agter vreemde gode aangeloop het en waarvan ons en ons kinders vandag die vrugte moet pluk nie!
Ons klein klompie behoudendes se stemme sal gaandeweg stil raak Die opdrag bly steeds dat ons uit innerlike politieke oortuiging ons mense wat soos ons glo moet bymekaar bring. Alles is nie verlore nie. Hy wat volhard sàl gered word. Luister dus noukeurig na die uiteensetting van Francois Righter en besef hoe onderduims en slinks die vyand te werk gaan. Dit is u uitdaging. Om slimmer en kragtiger as ons vyande op te tree. Om tydelik te verdra waar dit nie anders kan nie, maar nie te aanvaar en in die onreg te berus nie. Stry Voort in verset saam met u volhardende volksgenote in geloof sodat ons gered sal kan word!
Die boek "Die Doringbos Regering" is beskikbaar by: www.vaandel.co.za