1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8390390

Besoekers aanlyn

Ons het 32 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

KALKOEN FANTASIE

Klaas WaarseggerHet jy al gehoor van kalkoene wat fantaseer oor krismis? Net so sotlik is die fantasie onder die ondersteuners van die Regering van Nasionale Eenheid. Die woord eenheid verwys natuurlik slegs na die ja-broer mentaliteit van die regeringskartel. Die DA se voetspoor van die verlede was nog altyd een van antagonisme teenoor die Afrikaner. Interressant hoe die ou Progge met hul Afrikanerhaat se bloedlyn in die DA oorgegaan het. In gelyke mate was die DA, ANC en de Klerk se verloopte regering verantwoordelik vir die dekadensie, wanbestuur, korrupsie, en bedrieglike politiek van die hede.

Die ja-broer DA wil voorgee dat administrasie opsigself die begrip politiek universiëel omvat. Oor die berowing van Die Afrikaner se eiendomlike en staatkundige regte, word nie ‘n woord gerep nie.. Die status quo van eksploitering en subordinasie van die Afikaner haters wat betrokke is by die huidige Regering van Nasionale Eenheid. Om gewillig te wees en toe te gee aan immorele en onwettige gedrag in ruil vir finansiële gewin, lê nou ook soos ‘n klip in die DA se maag. Die regeringsfunksie is vervang met ‘n heersensfunksie in hierdie land. Juis daarom is die DA ingetrek as beeldpoetser met glibberige uitlatings, oppervlakkige praatjies en die verdoeseling van Afrikaner onderdrukking. Die erkenning van ‘n swart oppergesag en bevoorregting is ‘n laakbare abnormaliteit waarmee die DA nou probeer smous.

Wat die DA baie gou sal uitvind is dat hulle die kalkoen gaan wees op die Krismistafel. ‘n Ontstellende besinning is reeds besig om pos te vat onder hulle ondersteuningsbasis. John Steenhuizen kan nie meer bekostig om eerlik te wees oor die troebel konsekwensies van die Regering van Nasionale Eenheid nie. Die treursang onder sy ondersteuners word al groter. Ter sake is die Bela wet, PhalaPhala, die Nasionale Gesondheidsversekering, ens. As jy Ramaphosa sou kloon, sal sy doopsnaam beslis John Steenhuizen gewees het. Die kalkoen se vere word nou een vir een gepluk en die DA is besig om groot steun te verloor.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie