1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8000489

Besoekers aanlyn

Ons het 34 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

KAN ‘N MENS IN SY GRAF OMDRAAI?

Voormalige Afrikaner volksleiersWel, waarskynlik nie, maar as jy kon sou daar berge en dale in Suid Afrika ontstaan het van vorige Nasionalistiese leiers soos Genl. Hertzog, dr. Malan, adv. Hans Strydom en dr. H.F. Verwoerd en vele ander se aanhoudende omdraai in die afgelope 58 jaar van politieke waansinnigheid!

Is dit moontlik dat enige redelike intelligente politieke leier dit sou nalaat om sy eie politieke beleidsrigting nie te toets aan die verlede om tenminste te probeer bepaal of daar gelykluidende pogings in die verlede was en of dit geslaag of gefaal het nie. Onder die opskrif : “Samewerking tussen Afrikaner, Zoeloes begin”wat deur Maroela Media wat van uit die Volkstaatdampkring sy ontstaan het, raak Barend Uys die volgende kwyt: “Barend Uys, hoof van interkulturele verhoudings en samewerking by AfriForum, het tydens die herdenkingsgeleentheid onder meer daarop gewys dat die huidige geslag ook, soos vorige geslagte, die verantwoordelikheid het om ’n toekoms vir die nageslag te verseker.

Hy hou vol dat groot uitdagings al die volke in die land in die gesig staar, maar dat oplossings wink.

Dit is insiggewend om na Barend se oplossing te kyk. Sy insig dat die huidige geslag, soos vorige geslagte ‘n verantwoordelikheid het om ‘n toekoms vir die nageslag te verseker, dui op ‘n sekere mate van politieke intellek. Wat ‘n mens egter bekommer is sy vermoë om te bepaal hoe die “verantwoordelikheid” moet lyk wat sal “verseker” dat die nageslag ‘n toekoms sal hê!

Volgens mnr. Uys is: ”Die historiese vraagstuk wat ons geslag moet oplos, die vreedsame naasbestaan van al die volke wat die suidpunt van Afrika hul huis noem.Wat vandag hier gebeur, kan dien as ’n goeie begin om vreedsame naasbestaan te verseker. Ons is besig om vertroue te bou. Ons is besig om die moeilike gesprekke te hê wat nodig is om egte versoening tussen volke te bewerkstellig,” luidens Uys.

Die les van ons Afrikanervolk se geskiedenis is tog duidelik dat nie versoening en/of vreedsame naasbestaan, veral nie deur “gatkruip” en grensloosheid bewerkstellig kan word nie, allermins die egtheid daarvan! Al wat hier besig is om plaas te vind, is die voortsetting van die F.W. Stigting se verraderlike politieke oorgawe van ons volk en vaderland. Jy kan nie grond beset en besit bloot deur dit jou huis te noem nie!

Die eeue oue stryd van ons volk teen Brittanje vir soewereine onafhanklikheid wat in 1948 uiteindelik beslag gekry het in die Republiek van Suid Afrika, is deur verraad met bemiddeling van die VSA en Engeland, in 1994 be-eindig! Net 48 jaar! Binne dié 48 jaar het daar sedert die sluipmoord op dr. Verwoerd, so ‘n verval in ons volk plaasgevind, dat dit moontlik was vir ons vyande om deur oorreding, die beleid wat nou deur Afriforum voortgesit word, ge-implimenteer te kry! 30 Jaar se sigbare verval en vernietiging sedert 1994 is nie voldoende om die Kallie Kriels en Barend Uyse te oortuig dat hulle besig is om by te dra om ons land en volk finaal uit te verkoop nie!

Die aandrang van die internasionale gemeenskap dat Suid Afrika ons beleid van Afsonderlike Ontwikkeling moet afskaf terwille van “Mensereg”, Rassisme, “Misdryf teen die Mensheid” en dienooreenkomstig ons rasgrense moet versaak, het nou beleid geword! Ook die beleid van Solidariteit en Afriforum en die grondslag vir die grenslose verval en vernietiging wat ons as gevolg daarvan vandag beleef, gevestig!

Afrika as aanskouingsles het nou verskuif na Europa en elke ander blanke land wat sy grense oopgestel het vir “vlugtelinge, assielsoekers en immigrante” wat in massas toegestroom het! Maroela Media vul nou die hoofstroom media aan in die aanslag op ons volk.

Afrikanervolk, keer terug na jou God, dit is Hy wat grense en verskeidenheid van ras en volk gewil het! Die kriteria is tog duidelik sigbaar in vooruitgang of verval soos wat die geskiedenis verloop. Dit is onvermydelik dat as jy aanhou om agter politieke rioolstrooiers aanloop, jy uiteindelik daarin sal trap! Die geur daarvan sal ook aan jou nageslag kleef al is jy lank reeds begrawe!

Samewerking tussen Afrikaner, Zoeloes begin

 19 Oktober 2024

Kallie Kriel van Afriforum en King Misuzulu Kazwelithini van die Zoeloes

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en Koning Misuzulu KaZwelithini van die Zoeloes kom ooreen om saam te werk. (Foto: Verskaf)

Koning Misuzulu KaZwelithini het Vrydag ’n herdenkingsgeleentheid vir die voormalige Zoeloekoning koning Dinuzulu (1868-1913) as die begin van formele gesprekke oor samewerking tussen dié nasie en die Afrikanergemeenskap bestempel.

Dié geleentheid is deur AfriForum en die KwaZulu-Natal Amafa- en Navorsingsinstituut  op die plaas Rietfontein (KwaThengisangaye) buite Middelburg in Mpumalanga gehou. Hier is koning Dinuzulu op 18 Oktober 1913, Vrydag presies 111 jaar gelede, in ballingskap oorlede.

Koning Misuzulu het benadruk dat die formele gesprekke met die Afrikanergemeenskap, wat nou uit dié herdenkingsgeleentheid sal volg, daarop gemik sal wees om samewerking te bewerkstellig op elke terrein wat tot voordeel van dié twee gemeenskappe kan strek.

In sy toespraak het die koning onder meer beklemtoon dat die “historiese bondgenootskappe” wat tussen die Afrikaners en Zoeloes bestaan het, “’n herinnering is aan die kompleksiteite en nuanses van ons verlede”. “Die verhoudinge wat tussen koning Mpande, koning Dinuzulu en hul Boere-eweknieë bestaan het, herinner ons aan die ingewikkelde web van diplomasie en bestandhid wat ons geskiedenis gekenmerk het.”

Koning Misuzulu Kazwelithini

Koning Misuzulu KaZwelithini van die Zoeloes, tydens ‘n herdenkingsgeleentheid vir die voormalige Zoeloekoning Dinuzulu. (Foto: Verskaf)

Gesprekke tussen die Zoeloes en Afrikaners sal volgens koning Misuzulu onder meer op kwessies soos die ekonomie, gemeenskapsveiligheid, grondbestuur en kultuuruitruiling, asook ander sake van gemeenskaplike belang, fokus.

Tydens die herdenking is die geskiedenis van koning Dinuzulu en die goeie verhoudinge wat hy met Afrikaners gehad het, in herinnering geroep. Een van die merkwaardigste oomblikke in dié verhouding was genl. Louis Botha, voormalige eerste minister in die nuutgevormde unieregering, se bevel in 1910 om koning Dinuzulu uit die tronk op Newcastle vry te laat.

Dit volg nadat die Natalse koloniale owerheid dié Zoeloe-koning tronkstraf opgelê het ná die Bambatha-rebellie van 1906. Ná sy vrylating is koning Dinuzulu toegelaat om op die plaas Rietfontein te vestig, waar hy ook sy laaste jare deurgebring het. Hy was welbekend aan Botha omdat Botha as ’n jongman deel van die kommando van kmdt. Lucas Meijer was, wat koning Dinuzulu bygestaan het tydens die oorwinning oor die Mandlakazi, ’n Zoeloe-faksie, tydens die Slag van Spookberg (Tshaneni) in 1884.

Volgens Mwelela Cele, adjunkhoof van navorsing en innovasie by Amafa, is die KwaThengisangaye-terrein ’n bevestiging van die rol wat erfenis kan speel in die bevordering van vreedsame naasbestaan. “Die terrein en die geskiedenis en erfenis wat daarmee verbind word, bevestig dat daar meer is wat ons saambind as wat ons in hierdie pragtige land verdeel. Dit is vir Amafa baie belangrik dat terreine soos dié bewaar word en dat gedenktekens en -panele opgerig word sodat dit vir die komende geslagte bewaar kan word en sodat mense hul gekiedenis sal kan ken.”

Barend Uys Afriforum in samesprekings met die Zoeloes

Barend Uys, hoof van interkulturele verhoudings en samewerking by AfriForum, tydens ‘n herdenkingsgeleentheid vir die voormalige Zoeloekoning Dinuzulu . (Foto: Verskaf)

Barend Uys, hoof van interkulturele verhoudings en samewerking by AfriForum, het tydens die herdenkingsgeleentheid onder meer daarop gewys dat die huidige geslag ook, soos vorige geslagte, die verantwoordelikheid het om ’n toekoms vir die nageslag te verseker. Hy hou vol dat groot uitdagings al die volke in die land in die gesig staar, maar dat oplossings wink.

“AfriForum glo dat al die kultuurgemeenskappe op die grondslag van wedersydse erkenning en respek moet saamwerk oor sake wat vir ons belangrik is. Die historiese vraagstuk wat ons geslag moet oplos, is die vreedsame naasbestaan van al die volke wat die suidpunt van Afrika hul huis noem. Wat vandag hier gebeur, kan dien as ’n goeie begin om vreedsame naasbestaan te verseker. Ons is besig om vertroue te bou. Ons is besig om die moeilike gesprekke te hê wat nodig is om egte versoening tussen volke te bewerkstellig,” luidens Uys.

Hy het koning Misuzulu se positiewe reaksie op ’n versoek om ’n dialoog met die Afrikanergemeenskap verwelkom. “Ons sien baie uit daarna om in gesprek te tree met die koning oor die kwessies wat ons onderskeie gemeenskappe raak en om met die koning saam te werk.

“AfriForum en Afrikaners kies om in geregtigheid voort te bestaan. Ons kies wedersydse erkenning en respek. Ons kies vreedsame naasbestaan. Ons beleef dat die ander volke in die land, en veral die tradisionele leiers, ook dié keuse maak en vandag se vieringe was ’n uitsonderlike voorbeeld daarvan. Ons is ook baie dankbaar vir die groot voorreg dat koning Misuzulu hierdie geleentheid bygewoon het om as hoofspreker op te tree,” het Uys gesê.

Deel van: SA-nuus

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie