Omdat politiek te make het met ‘n bepaalde beleid, gerugsteun deur ‘n vaste beginsel, spreek dit vanself dat sulke leiers wat daaroor met mekaar verskil. teenoor mekaar te staan sal kom, elk met ‘n gevolg wat saamstem met die beginsel en die beleid wat sy of haar leier propageer.
Die beginsel bepaal gewoonlik die sukses of mislukking van die beleid en in hoofsaak setel die verskil internasionaal en veral plaaslik, tussen Nasionalisme en Liberalisme. Nasionalisme is waar jy ‘n voorkeur vir die eie nasie en ras koester teenoor die liberalisme wat veral godsdienstig en staatkundig vrysinnig is. Uiteraard plaas dit mense in verskillende kampe wat in teenkanting teenoor mekaar te staan kom en selfs vyandig teenoor mekaar kan optree.
In ons volksgeledere het die politieke eensgesindheid wat bereik is veral na die Anglo Boereoorlog en 1948 Nasionale Partyoorwinning, in die laat sestiger jare begin uitrafel toe vrysinnige denkers soos Breyten Breytenbach, Antjie Krog, Etiën Le Roux, Dan Roodt en andere en in die politiek beslag gekry het in die Engelse en Joodse liberalisme van die Verenigde Party wat integrasie en maggsdeling as beginsel en beleid bepleit het.
Dit het vinnig deur die Universiteite na die kerk en akademici deurgesyfer en Beyers Naudé, Willie Jonker en ander negatief beÏnvloed teenoor ons tradisionele beleid van Nasionalisme, sodat Afrikaners soos Max du Preez, van Zyl Slabbert, dr. Piet Croukamp en duisende ander Afrikaners laat twyfel of die Bybelse orde van verskeidenheid en geskeidenheid verantwoordbaar is.
Hier by ons het die grootste verdeeldheid plaasgevind , ondersteun en gdryf deur die Broederbond sodat tydens die 1994 verkiesing verwydering gekom het tussen die stemmers en die nie-stemmers wat tot vandag toe bestaan. Die werklike Nasionalis wat nie glo aan ‘n multikulturele bedeling wat deel vorm van die vrysinnige liberalisme en die gefabriseerde veelrassige bedeling waarbinne hy nou geforseer word om te stem, en diegene wat aan hierdie vrysinnige stelsel begin deelneem het deur te stem , het teenoor mekaar te staan gekom.
Of leiers nou verkose is of selfaangestelde leiers is wat ten doel het om aan sy volksgenote leiding te probeer gee, feit is dat hy ‘n beleid het wat baseer is op ‘n beginsel waarin hy of sy glo dat dit die regte rigting is om koers te gee in die krisis waarin ons volk verval het. Dit is noodwendig hierdie uiteenlopende rigtings wat verdeeldheid en verwarring in ‘n volk bewerkstellig.
Wat in die politiek onafwendbaar is, is dat daar ‘n regte en ‘n verkeerde beleid is wat gevolg kan word en dat dit dan positief of negatiewe gevolge het. Wat net so waar is, is dat daar politieke leiers is wat insig en vêrsig het en wat ontvanklik is vir bewyse van werkbare en suksesvolle beleidsrigtings en wat oor die vermoë beskik om die uitkoms van so’n beleid vir meer as vyftig jaar vooruit te kan bepaal en voorspel terwyl ander leiers bloot op impuls van sy of haar vrysinnigheid en/of beÏnvloeding van ander ‘n koers propageer waarvan die uitkoms bloot spekulatief of selfs futiel deur die verloop van die geskiedenis uit die verlede uitgewys is!
Die skade vir ‘n land en ‘n volk wat deur so ‘n beleid aangerig word soos hier in Suiid Afrika die geval is, word deur diegene wat daaraan aandadig was deur die vingers gesien en deur ‘n skouerophaling eenvoudig afgemaak asof dit niks is nie! Géén berou, géén verskoning, bloot ‘n beskuldiging van dié wat reg was in hulle vooruitwysings en waarskuwings, dat hulle nou sit en “niksdoen” om wat verkeerd is reg te stel nie!
Die stryd, tyd, geld en opoffering, somtyds vir sommige ‘n leeftyd om te probeer verhoed dat die vrysinniges se vernietigende beleidsrigtings ons volk en land tegronde rig, word as niksdoen afgemaak omdat dit nie suksesvol was nie! Dit is nou juis dié soort van stryd wat afgemaak word as “heimweëklubs” van mense wat sit en kla oor die feit dat hulle reg was en verder “niks” doen om op te bou wat die vrysinniges help afbreek het! Aldus Flip Buys en Theuns Elof van die F.W. Stigting wat steeds die beleid van multikultuur aanhang wat nou al vir dertig jaar net afbreek en niks opbou nie!
Kortsigtigheid in die politiek maak van jou ‘n onbewuste vyand van jouself én uiteindelik van jou volk en land.
In ‘n opspraakwekkende toespraak van 25 April 2024 by die Konserwatiewe Politieke Aksie-konferensie (CPAC-conservative-political-action-conference) het die konserwatiewe Nederlandse onafhanklike politieke kommentator, Eva Vlaardingerbroek Europa laat regop sit!
Die Conservative Political Action Conference (CPAC is 'n jaarlikse politieke konferensie wat deur konserwatiewe aktiviste en verkose amptenare van regoor die Verenigde State bygewoon word. CPAC word deur die American Conservative Union (ACU) aangebied. Die eerste CPAC het in 1974 plaasgevind.
Wat Eva Vlaardingerbroek se toespraak vir ons in Suid Afrika die klem op ons politieke beginsel en beleidverskille tussen leiers gelê het, is die opspraakwekkende statestiek waarop sy nie net klem gelê het nie maar waaruit sy onweerlegbare afleidings gemaak het! Afleidings wat nie net ons wat reg was volgens Flip Buys reg bewys nie, maar wat ook die voorspellings van wyle dr. Verwoerd, waar bewys wat hy al in 1961 in die parlement tot de VilliersGraaf en ook die Westerste blanke state gerig het. Sy waarskuwing wat Buys nou erken dat hulle hulle nie net nie daaraan gesteur het nie, inteendeel dat hulle dit met minagting verwerp en ondergeskik aan hulle kortsigtige “eenheid in diversiteit gestel het, dr. Verwoerd ook Europa gewaarsku het dat as hulle nie dieselfde beleid in Europa gaan toepas as wat ons hier in Suid Afrika toepas, die hele wêreld se blankedom uitgewis gaan word!
Kom ons kyk nou na Eva se statestiek!
Sy verwys na die massa immigrasiebeleid van hoofsaaklik uit Afrika en die Midde-Oosterse lande, van nie Christene, nie blankes en nie Westerlinge, wat reeds in persentasie die inheemse bevolkings oorskry!
Amsterdam 56%, Den Haag 58%, Rotterdam 60%, London 54%, Brussels 70%! Die gevolge? Verkragtings, daaglikse mesaanvalle, moord, skietery en selfs onthoofdings! Eva vra aan haar gehoor, was dit so voor hierdie massa migrasie? Ons van die AVP wat Holland ook al gewaarsku het kan nog byvoeg, nee dit was nie so nie en is tereg soos jy sê, ingevoer! By ons is ook nog motorkapings, plaasbesettings, openlike winkelstropings, veediefstalle, infrastruktuur vernietiiging, korrupte regering, verlies aan wet en orde en bladsye vol van agteruitgang van waaraan beskaafde mense gewoond was.
Buys en Fritz Eloff in die uitgetrapte spoor van de Klerk en sy vrysinnige regering na dr. Verwoerd, se oplossing is in die opbou van wat die regime besig is om tot rommelstatus in stof en as te vertrap en dan eenheid in ons verskeidenheid in gesprek met die swart ras te probeer verkry. Hulle ontkenning van aandadigheid, en nog swakker van inbors en opvoeding, die weiering om in die openbaar aan oom Jaap en die Afrikanervolk in berou en nederige erkentlikheid verskoning te vra vir die ellende waartoe hulle aandadig is, maak hulle onbetroubaar!
De Klerk wat met sy laaste asem verskoning vra aan die swartes, kleurlinge en Indiërs wat hy in beheer van sy eie volk geplaas het, wat alles wat hulle het in terme van kerstening, skoling, behuising en werkgeleentheid van die Afrikanervolk gekry het. Die kortsigtige insig wat hy van die State Department gekry het en bo dr. Verwoerd se insig en vêrsig verhef het, was ‘n diaboliese saamgesweerde beplanning om ons volk te vernietig en hy het talle Afrikaners met hom daarin saamgesleep tenkoste van hulleself en hulle geliefdes.
Soos wat Eva aan die Europeërs verduidelik het het ons nie meer ‘n geval van vyandige troepe wat deur ons grense breek om ons te kan aanval en vernietig nie, nee ons het nou korrupte en swakkeling regerings wat die vyand nooi, kom in, kom in! Dan nog die liberale vrysinnige postmoderne só “slim” en “polities kundige” jeugleiers wat sê: “Kom ons krap weer in ons boekrak en gebruik ons voorouers se beproefde suksesresep om krisisse te oorkom”, en dan hulle agterente daaraan afvee!
Ons volk gaan ten gronde vanweë ‘n gebrek aan die vermoë om te bly by wat ons geleer het, al weet ons van wie ons dit geleer het! As dit nie sigbaar is dat hulle afwyking van ons beproefde beginsel en beleid wat sukses as gevolg gehad het die hoofoorsaak van ons ellende is nie, is daar bepaald breinskade!
Verset teen hierdie onreg ons aangedoen is die resep vir suksesvolle weerstand. Ons volk se onderlinge verdeeldheid staan in die pad van ons politieke eensgesindheid en is ‘n verhindering vir samehorigheid wat noodsaaklik is in ons stryd om weer vry te kan wees. Eendrag maak Mag was president Paul Kruger se slagspreuk gebore uit ondervinding. Politieke “korrektheid” gebore uit sogenaamde “denkers” se breinvlugte is van die duiwel! Politieke korrektheid is slegs wanneer jy die suksesvolle politieke beleid nastreef wat deur die geskiedenis reg bewys is!