1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9281365

Besoekers aanlyn

Ons het 205 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE OKKULT IN ONS MIDDE

Klaas WaarseggerGeloof is gerig op die moontlikheid van verlossing op aarde en ook na die lewe self. (Vrede op aarde en in God ‘n welbehae). Goddeloosheid het nou ook magneties geword in die NG kerk. Die stem van die vreemde word nou gepropageer in hierdie land as sogenamde bevryding van ons as mens.

NP van Wyk Louw het dit goed vasgevang in sy skrywe oor Raka die aapmens. Die gemeenskap is vertel dat Raka toegelaat moet word in hul gemeenskap, want daar skuil niks sleg in hom nie. Raka is toe toegelaat in die gemeenskap wat ‘n spoor van verwoesting en bloed nagelaat het. Dit is nou presies die aandrang van die NG kerk vir die Afrikaner gemeenskap. In die bykans onleefbare omstandigheid, is die boodskap van die NG kerk dat ons, ons lotsbestemming moet oorhandig aan ‘n “buitemens” as bevryding. ‘n Eiesoortige gemeenskap is boos in hul oë, en bloedvermenging is volgens hulle die heilige graal. Afstand moet gedoen word van ‘n eie gemeenskapsdinamika en volks en kulturele bewussyn.

Hul gaan ook veel verder deur te eis dat blanke grond afgestaan moet word ter wille van vrede, terwyl ‘n resep opgedis word vir bloedvergieting. Om jou waardigheid en eiendomlike te verloor, is volgens die NG kerk die edelike ding om te doen. God se skepping van rasse, volke en gelowe word doodgepraat en ‘n reënboognasie word voorgehou as die etopiese uitkoms.

Duidelik het die NG kerk, soos met die belydenis van Willie Jonker, wat feitlik al die vyandige terme van die Freedom Charter oorgeneem het in November 1990 op Rustenburg, nou opnuut sy politieke agenda weer blootgelê, vervreem van die Afrikaner met die leuse bevry jouself van jou Afrikaner bande, en hang die vreemde aan. So moet ons verstrengel word in kettings van swart magspolitiek. Jy moet word wat jy nie is nie.

Ek beskuldig die NG kerk as deel van die verwoesters van ons erfenis en eie volksgemeenskap. Ek wil glo dat dit van Bo geȉnspireer is dat die NG kerk moes skeur, en gevolglik baie lidmate nie meer geassosieer wil wees met hul dwalinge nie. Die wurggreep van die okkult op die kerk se gevolge, lê wyd verstrooi regoor die oppervlak van ons land Suid Afrika en steeds verstewig sy greep met die oog op totale vernietiging van die kerk!

Die oproep is tog duidelik! Kom uit haar uit my volk!

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie