1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9296110

Besoekers aanlyn

Ons het 133 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE SELF EN DIE NIE-SELF

Klaas WaarseggerDie mens kan slegs tevrede gestel word deur die wete van die self en die eie lewensbeskouing. Dit is onselfsugtig om vir iemand anders te sterf, maar lafhartig om vir ‘n onderdrukker te lewe. So ervaar ons vandag BBBEE as aasdier politiek.

‘n Misplaaste aktiwiteit en onregmatige opeissing wat aanspraak maak op ander se inisiatief, arbeid en ekonomiese bestaan. Dit is soos jou Sondag-hoender in die pot wat geruineer is met ‘n slang-gif spesery as uitwissingstrategie. Die satanskos sal jou dryf om Zuma se liedjie “umshini wham” te sing. Vir soortgelyke redes het die Iere die Engelse se volkslied verander na “God hate the queen”. Die pseudo politiek (politieke korrektheid) wil die self en die nie-self probeer gelyk hark, juis omdat dit ongelyk is. ‘n Vergulde dolk word in jou oog gesteek om jou te verblind van die konsikwensies deur politieke retoriek terwyl hulle Kentucky op ‘n ander se rekening eet, en met ‘n koue coke afsluk.

Die witman word onredelik forseer om sy eie welstand te abdikeer ter wille van ‘n parasietiese suiging van die nie-self bestaan van ander. Die versukkeldheid van menswees kan nie beredder word deur kruisiging van presteerders nie.

Selfverwesenliking kan nie bereik word met onderhandeling, of om drakoniese wette af te dwing op die witman nie. Dit is ‘n kwessie van niksheid en ‘n eie-self

aangeleentheid. Selfs in eie geledere word die afkorting ANC deesdae verwoord as “African national criminals”!!

Die basis van immunologie is dat die self, self is, en die nie-self, nie self is, en dat jou immuunstelsel dienooreenkomstig reageer. As jy spartel om tussen die self en die nie-self te onderskei, lei jy beslis aan auto-immuun sindroom. ‘n Toestand van ek is hy. Jy ly aan ‘n allergie vir jouself. Vandag word die witman daagliks uitgedaag om die self te kruisig en te transformeer na ‘n nie-self. Om gelykertyd twee selwe te wees is waansinnig. Dit is ‘n eliminering van die eie selfstandige siel wat grens aan kettery en inkwisisie van die eie self. Kan mens so mal wees om jouself op die brandstapel te plaas.

Die self en die nie-self is nie ‘n menslike besluit nie. Dit is deur God gegewe.

Kriminele bepaal nie wie reg of verkeerd is nie, maar slegs wie bly oor – die self of die nie-self!!

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie