1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9284815

Besoekers aanlyn

Ons het 96 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE GEMEENSKAP VAN LIEPLAPPERS

Klaas WaarseggerReg geraai, ek verwys na die nuwe Suid-Afrika se parlementslede. Lae lewens wat die onreg in ons land laat gedy, Die orgie van vergrype, wanbestuur en waansin gaan onverpoost voort soos die osse aanstap deur die stowwe. Geen enkele party in die parlement kan die lagtoets slaag nie. Meer ontstellend is dat breinlose stemvee nog steeds inkoop in hul verkiesingsmanifeste. Die DA en VF+ wat voorgee dat hulle ook die belange van die witman op die hart dra, het alreeds jou stem verpand aan ‘n swart meerderheid met die sogenaamde “moonshot”. ‘n Bewys dat beginsels ontbreek en die doelwit is enkel en alleen om sitplek te kry in die gemeenskap van lieplappers.

Terrorisme het nou die titel van demokrasie in die nuwe Suid-Afrika verower. Parlementêre gedrag is ‘n oefening in barbarisme want dit is hande, voete, elmboë en bloeiende neuse wat die wêreld moet gade slaan. ‘n Demonstrasie dat beskawing en barbarisme onversoenbaar is. Selfs Zondu wonder waarom sommige terroriste nog nie in die tronk is nie.

Geestelik gesonde mense weet dat waardes bepaal die manier waarop die werklikheid waargeneem word. Waardes sal altyd polarisasie te weeg bring en daarom is ‘n veelrassige regering onwerkbaar. Die dagdrome van die DA en VF+ verteenwoordig ‘n groter gevaar as die swart gevaar. Selfs hulle is nou so siek om selfs die bybel te probeer dekoloniseer. ‘n Siening dat God die Vader en lucifer ewe veel geldigheid het.

As die DA en VF+ eerlik wil wees, behoort hulle die slagpreuk van weg met die witman te gebruik in die komende verkiesing. Ek sal ten minste hul eerlikheid waardeer.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie