Pille en brille is ‘n absolute noodsaaklikheid in ‘n Afrika politieke konteks. ‘n Bykompil vir sommiges om te detoksifiseer en ‘n bril om beter te kan sien my kind. As jy ‘n reënboognasie kan sien, het jy ‘n akute kwaal opgedoen. Jou brein registreer nie wat jou oë sien nie. Jou blindheid weerhou jou van die werklikheid, want jy is besig om die politieke prentjie heeltemal mis te kyk. Wit en swart ontbreek geheel en al van die reënboog se kleurskakering.
Sonder ‘n bril in ons politieke opset, is jy ‘n ronde nul. ‘n Hert in dorre streke. Jou multifokale kleurlens is ‘n onding in jou politieke droom. Jy sien duinings van lewende water, terwyl die lewensdors jou verlep tot ‘n sieledood. Jou niksvermoedende probleem is besig om jou narkoties te beȉnvoed. Jy is geestelik vasgeboei omdat jy polities verdwaal het. Al was ‘n kompas vir jou gegee, het jy halstarrig besluit om oogklappe op te sit. In jou toestand loop jy die gevaar van ‘n hartseer wat ‘n hartpilletjie nodig het, sodat jou hartpompie kan stabiliseer tot ‘n normale ritme. Omdat jou bloeddruk die dieptes in geval het, skreeu die noodhulpmense vir jou, maak oop jou oë, drink hierdie purgasie en gaan sit op die toilet om jou van kop tot toon te reinig.
Graag skenk ek aan jou ‘n paar kontak--met-die-werklikheid-lense as jou bril soek geraak het. Ons lewe in ‘n land waar die swart regering gesondheidsdienste vernietig. Die howe verkrag geregtigheid. Die pers voer jou bollie. Diefstal vernietig ons ekonomie. Die ANC maak van jou ‘n hond. Die tragedie van blindheid het die uitwerking dat kriminele verkies word as leiers.
Leuns word beskou as waarheid. Onrealistiese waarborge van die DA en VF+ hipnotsiseer jou. In ‘n neutedop, jy gaan stem sonder om te weet waarvoor jy gestem het, verdwaald in denke, en geen idee wat om jou aangaan nie. Jy het die mag om die voorskriftelikheid van die slovo grondwet te verwerp deur nie te stem in die komende verkiesing nie !! Dit wil sê as jy nie deur die besoedelde bril van die VF positief, Afriforum, die DA en Solidariteit so voel voel soos deur ‘n digte mis voortstrompel op soek na die “Checks and Balances” van F.W. de Klerk, waarvoor daar nog nie ‘n pil gekry kon word nie!
KLAAS WAARSEGGER