“Vir ons Afrikanervolk, anders as vir baie ander volke in die wêreld is die bestaansvraag nie die belangrikste vraag nie, maar wel die voortbestaansvraag. Indien die blanke in Suid Afrika nie kan bly voortbestaan nie, is dit tog vanselfsprekend dat die Afrikanervolk ook nie sal kan bly voortbestaan nie.
‘n Getalryke nasie kan sy land verloor. ‘n Getalryke nasie wat goed bewapen is kan sy land verloor. ‘n Getalryke nasie wat nie net goed bewapen is nie, maar wat ryk is, wat slim is, kan nogtans sy land verloor. Maar dit sal net gebeur as daar iets swaks in hom is, as daar by hom tekortkomings is in karakter.
Omgekeerd kan ‘n klein nasie weerstand bied, soms teen die hele wêreld en kan ‘n klein nasie ‘n geestelike invloed uitoefen op die denke van die hele wêreld vir eeue vorentoe, soos die geskiedenis ons geleer het. Dit hang ook af van die karakter van daardie volk. Wat sit in hom, nie wat sit aan hom nie. Nie wat hy verwerf het nie, maar wat hyself is.
By ons sal die antwoord wat ons soek dus afhang van ons antwoord op die vraag of ons daardie kenmerke het wat ons nodig sal hê om die stryd waarvan ons almal kennis dra, te kan wen. Ons weet wat die nasies van die wêreld van ons wil hê, wat ons moet prysgee, hoe ons ons moet gedra. Ons weet wat die eise is wat aan ons gestel word. Waar daardie eise vir ons selfmoord sou beteken as ons daaraan toegee, is die vraag of ons ‘n volk is wat kan weerstand bied en daarom kan bly staan.
Daar is dus ‘n hele reeks kenmerke wat ons moet hê of swakhede wat ons nie moet hê nie, as ons wil bly voortbestaan. Die eerste is dat ons nie moet toelaat dat verdeeldheid in ons midde kom nie. Dít is een van die groot gevare,nie net van ‘n regeringsparty nie, maar ook van ‘n volk, dat hy deur innerlike verdeeldheid so swak kan word dat die teenstander hom kan oorrompel.”
Op 25 September 1965, in sy kiesafdeling Heidelberg, was bo-staande die riglyne van dr. H.F. Verwoerd aan ons Afrikanervolk, een jaar en 19 dae voor die internasionale sluipmoord op 6 September 1966 hom stil gemaak het.
Toe was Solidariteit en Afriforum se aanvoerders nog feitlik kinders sonder behoorlike kennis van die geskiedenis. Die invloed van Kerk en Universiteit, saamgelees met wat aan hulle begin kleef het in teenstelling van wat innerlik in die vorm van oortuiging, wat in dr. Verwoerd se era deel van feitlik die ganse Afrikanervolk se karaktersamestelling was, onder die invloed van ons vyande se denkpatrone, die pad byster geraak het. ‘n Swakheid van karakter? Dalk deur wat hulle verwerf het en nie wat hulleself is nie?
Wat van die VF Positief se lede? Het hulle dan almal die kenmerke wat ons volk in dr. Verwoerd se tyd gehad het wat nodig was om te bly voortbestaan in die aanslag op ons Vryheid prysgegee? Waarom kon hulle nie saam met die Herstigte Nasionale party van dr. Hertzog, Jaap en Willem Marais weerstand bied nie? Waarom nie saam met die AVP by die beginsel van die beleid wat voortbestaan verseker het, in verset kom sodat ons kan bly staan nie? “Daar is dus ‘n hele reeks kenmerke wat ons moet hê of swakhede wat ons nie moet hê nie, as ons wil bly voortbestaan.
Die eerste is dat ons nie moet toelaat dat verdeeldheid in ons midde kom nie. Dít is een van die groot gevare, nie net van ‘n regeringsparty nie, maar ook van ‘n volk, dat hy deur innerlike verdeeldheid so swak kan word dat die teenstander hom kan oorrompel.” Het diegene wat nou ‘n ander koers as wat dr. Verwoerd en sy voorgangers as die enigste werkbare beleid identifiseer en suksesvol toegepas het, deur swakheid in karakter prysgegee? Die selfmoordpad gekies? Nog nie met hulle eie oë gesien hoe dr. Verwoerd en sy voorgangers se politieke vêrsig ons betyds gewaarsku het nie? is julle dan horende doof en siende blind? Die AVP weier om te glo dat ons jong volk swak in karakter is, omdat die genepoel waaruit ons voortgekom het ‘n heroïse geskiedenis het wat opgeteken en vasgelê is vir almal om te sien! Wat ons wel sien en ervaar is die post moderne jong politici wat verstandelik besoedel en benewel is deur die gees van ons tyd wat saamgesleur word deur die charisma van die liberalisme, humanisme en selfs kommunisme! Skei u tog van hulle af en keer terug na wat ons volk uit die geskiedenis geleer het, omdat u weet van wie ons dit geleer het! Quo Vadis Afrikaner?