Volksgenote, welkom by ‘n reeks praatjies en standpunt-stelling van die Afrikaner Volksparty. Vandag praat ons oor die politieke teater in die nuwe Suid-Afrika. Ons is nou weer in die aanloop tot ‘n algemene verkiesing. Uit vele oorde sal u nou aangepraat word om te gaan stem. Volgens hulle het jy kwansuis geen reg op kritiek as jy nie jou stem uitbring nie.
Die werklike rede is om jou gevangene te hou binne die konteks van die Slovo grondwet. Die ANC oorheers die politieke toneel in Suid-Afrika as gevolg van ‘n getalle oorwig. Die nuwe foefie is om nou vir jou te vertel daar moet gestem word sodat daar ’n koalisie gevorm kan word teen die ANC. Die feit is dat die ANC self ook koalisies kan aangaan met ander swart partye soos die EFF, die DA en andere.
Koalisies bring geen uitkoms nie, soos reeds gedemonstreer is in Kemptonpark, Johannesburg, Port Elizabeth, Pretoria en elders. So was dit dan ook uitgewys met de Klerk se regering van Nasionale Eenheid wat uitgeloop het op ‘n mislukking en verdwyning van die Nasionale Party. Wat u moet weet is dat die ANC dra die dood, verwoesting en plundering in hom saam. Swart partye het openlik ‘n Fatwa verklaar teen witmense (kill the farmer, kill the boer) en nou word ‘n Jihad gehou op ons plase en elders. Selfs die howe kon nie fout find met dié oproep nie, maar die vertoon van die oranje, blanje blou is onwettig verklaar.
‘n Oorlogsoekende psigose het ontstaan teenoor die Afrikaner wat ons uitwissing romantiseer. Ongeldige aansprake word ook gemaak dat die witman hulle land gesteel het, en nou deur wetgewing ontneem moet word sonder vergoeding. Die waarheid is dat al die bevolkingsgroepe in Suid- Afrika was immigrante. Die witman se menswees en geskiedenis word as krimineel beskou. Baie erger is dat de Klerk se veraad ten spyte van die onreg, korrupsie en blanke haat verdra word deur die DA en VF+ wat trou gesweer het aan die Slovo Grondwet.
Ten spyte van 30 jaar se betrokkenheid, gaan dit van erg tot erger in ons land. Hoe eronies is dit nie dat die VF+ rondgeloop het met oorlogspraatjies tydens die referendum en nou pêns en pootjies hand om die blaas sit in die parlement. U moet weet, ons het hier te doen met beroepspolitici wat oordeel volgens hulle eie sak. Die DA en hulle voorgangers was instrumenteel om een man een stem onregmatig te bewerkstellig. Hul hele geskiedenis was een van Afrikaner ondermyning. Die Afrikaner kan nooit sy soewereiniteit herwin met hierdie mense aan stuur van sake nie. Om nou te kla oor die politieke orgie wat hulle eie maaksel is, sal geen uitkoms bring nie. Om ‘n hofsaak of twee te maak oor ongeregtighede is om die simptome te behandel en nie om die siekte gesond te maak nie. Saam met die ANC het hulle die oorgawe aan vreemde oorheersing agteraf beplan, en nou word voorgegee dat hulle die belange van die Afrikaner op die hart dra. By implikasie was en is hulle 2 veronderstellling dat die Afrikanr eintlik nie ‘n eie land het nie, soos die ANC dit stel.
Ons het die land gesteel. Om die DA en VF+ te kritiseer, gaan ook nie die status van die Afrikaner in sy eie land herstel nie. Daar moet effektief opgetree word teen die DA en VF+. Die mat moet onder hulle voete uitgeruk word. Die antwoord is om jou te distansieer van hulle en nie vir hulle te stem nie. ‘n Misrabele teenwoordigheid in die parlement sal hul tot hul sinne ruk. Hul politieke toneelspel moet tot ‘n einde kom. Hul mede-aandadigheid is ‘n smet op ons volk se bestaan en belange.
Deur nie vir veraaiers te stem nie, maak weer ‘n legio van moontlikhede oop om die politiek in Suid-Afrika te normaliseer. Vir ‘n party om te volhard op ‘n dwaalweg, ongeag die konsekwensies is ‘n opsetlike vorm van verraad. Die DA en VF+ sit die verraad voort, terwyl ons die prys moet betaal. ‘n Buite parlementêre eenheid moet gevorm word ter wille van ons volk en vaderland. ‘n Stem vir die DA of VF+ is ‘n spyker in jou eie kis.
Om ingeskakel te bly vir ‘n Afrikaner Vryheidsinisiatief en saambestaan in geregtigheid besoek ons webwerf by www.afrikanervolksparty. org.