1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9284846

Besoekers aanlyn

Ons het 81 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

NOODTOESTAND IN NEDERLAND AFGEKONDIG

ONVERKOSE OPTREDE SE GEVOLGEDie diktatoriale optrede van die Nederlandse regering om die reg van sy burgers om hulle misnoë met die bestuur en beheer van die regering te betuig te ontneem deur ‘n noodtoestand af te kondig, is tipies van ‘n regime wat nie meer in belang van sy kiesers en die mandaat wat hulle deur verkiesing verkry het, te handhaaf nie. Die doel is om boere te keer om te betoog.

Hierdie wyse van regeer maak ‘n bespotting van die demokrasie waar die volkswil nie meer verteenwoordig word deur diegene wat verkies is om dit uit te voer nie. Spreekwoordelik swaai die stert nou die hond! Indien die regering nie meer met sy kieserswil saamstem nie, is die eerbare weg om te bedank en ‘n referendum uit te roep!

Die vraag wat ontstaan is in wie se belang tree die staat nou op? Indien dit nie meer in sy kiesers se belang is nie, het die staat ‘n vyand van sy volk geword en behoort hy te ontbind. Sou hy hardnekkig voortgaan om teen die volk se wil op te tree, is geweld die reg van die volk om só ‘n regering te verwyder en ‘n nuwe verkiesing te hou!

Den Haag sal moet besin indien hulle nie ‘n tweede Frankryk wil word nie! Die misbruik van die demokrasie om beheer te verkry oor ‘n volk het ‘n internasionale tendens geword en sy oorsprong kan by die Een Wêreld Regering gesoek word wat poog om alle lande en volke onder hulle beheer te verkry. Die werksmetode is die opleiding van jong leiersfigure wat gebreinspoel is om een ding te sê maar ‘n ander te doen.

Weinig regerings is nog lojaal aan hulle volk! Hulle word meesal van buite die volkswil bestuur deur magte wat hulle gevange hou met nuwerwetse humanistiese en liberale retoriek, gerugsteun deur valse beloftes van voorspoed, welvaart, vrede en veiligheid wat nie haalbaar is sonder uiterste ellende nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie