Die kantoor van die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika (OGSA) het sy jaarlikse oorsig van plaaslike munisipaliteite gepubliseer, wat ouditresultate vir die 2021/22-boekjaar dek Die oorsig het 'n algehele afname in die finansiële gesondheid van Suid-Afrika se munisipaliteite weerspieël, met die oorgrote meerderheid wat nie 'n skoon oudit ontvang het nie.
Volgens AGSA word munisipaliteite met skoon oudits gekenmerk deur gesonde finansiële en prestasiebestuurdissiplines en verrig hulle hul funksies in ooreenstemming met toepaslike wetgewing.
Beide Vrystaat en Noordwes het geen munisipaliteite wat hieraan voldoen nie
Waarom sal ons dit verdra? Het ons eie standaard dan gedaal tot dit waarmee húlle tevrede is? Die AVP se standpunt is dat ons in leiedelike verset moet kom om dit te verander! Wat egter noodsaaklik is, is dat ons as ‘n volk gesamentlik moet optree om te kan slaag. Daarom is eensgesindheid noodsaaklik en onontbeerlik vir sukses.
Wat is nodig om ons volk bestand te kry teen die aanhoudende verdeeldheid wat gesamentlike optrede voortdurend in die wiele ry? Indien ons finansiële bydraes soos ons verwarde politieke steun, nie gerig is op stryd teen die onreg waarteen ons onsself moet verdedig nie, hoe sal ons dan ooit daarin slaag om suksesvol te wees in ons verset?
Dit is tog duidelik dat ons in dertig jaar nie deur een enkele organisasie wat die stelsel aanvaar het, wat magsdeling as ‘n oplossing sien en wat apartheid as ‘n euwele beleid verketter, daarin kon slaag om hierdie juk van onreg wat deur openlike bedrog op ons nekke geplaas is, af te gooi nie! In teendeel het die onreg net vererger en die greep wat dit op ons regsinnigheid verkry het net versterk!
Waarom moet ons pleit by ons volk om die regte keuse uit te oefen? Waarom kom bied ons volksgenote hulleself nie aan vir die stryd op die enigste beginselbasis wat ons suksesvol gelei het tot in 1966 nie? Die geleentheid vir sukses vir enige en almal van die ander rigtings wat as beter as dié van dr. H.F. Verwoerd, sy voorgangers en die Herstigte Nasionale Party onder leiding van mnr. Jaap Marais beskou is, het in dertig jaar tot niks gekom nie! Is dit dan nie genoeg bewys nie? Daar is nie ‘n enkele mislukking in beleid wat sy oorsprong op ‘n ander plek het as die afwyking van die suksesvolle beleid sedert 1948 tot en met die sluipmoord op dr, Verwoerd nie!
Waarom verwerp ons nie die misleiers se leierskap en konsolideer ons kragte en bydraes waar dit van waarde kan wees nie? Is ons dan nou daar waar die Bybel sê dat nie eers Moses en die profete sal ons kan oortuig as ons nie dit wat ons kan sien en beleef wil glo nie?
Wat seker is is dat die onreg sal aanhou en die onderdrukking vereger vir solank as wat ons as volk verdeeld bly en hardnekkig weier om ons nasionale krag te konsolideer. Daar is geen hoop vir hulp uit die buiteland wat nou self begin ly onder hulle humanistiese en liberale verval wat nasionalisme op die agtergrond gedryf het nie!
Daar is niemand in die AVP wat finansieël bevoordeel word uit Afrikanerlede se bydraes nie, in teendeel, ons dra almal by soveel as wat ons kan! Dit is egter nie naastenby genoeg om almal te bereik met ons boodskap, of om projekte te loods wat nodig is om geesdrif en samehorigheid in optrede en versetaksies te beplan en uit te voer nie. Kom trek saam met ons in dieselfde juk. Dit is ‘n gelowige en deugsame juk. Ons ontvang u graag in ons geledere!