Ons mislukte staat se oorsaak is niks anders as die dwelmdenke van FW de Klerk en sy apostels van die DA wat voorheen bekend was as die PFP. Dit is algemene kennis dat al vervel ‘n slang, bly hy steeds ‘n slang. As jy jou landsbestuur oorhandig aan ‘n krimenele bende moet jy nie hemel op aarde verwag nie. ‘n Misdaad sindikaat oorhandeig nooit sy lede uit aan die gereg nie.
Die grofste misdadigers in die land het uitgevind daar is meer geld te maak met deaboliese politiek as enige ander bedryf. Dit skep ruimte vir selfverryking deur tenderbedrog sonder konsekwensies. Sê die een ding vir die publiek en doen dan die ander is die benadering. Koop jou politieke steun met ‘n t-hempie en onhaalbare beloftes. Moenie vergeet om witmense as rassiste uit te skel nie. Lê beslag op hul eiendom sonder vergoeding. Vertel die leun aan jou ondersteuners dat die witmense jou land gesteel het. Vermoor jou politieke opponente, fluitjieblasers en boere op die plase. Vertel vir die buiteland daar is nie so iets soos plaasmoorde in Suid-Afrika nie. Ons is besig om gewone misdaad hok te slaan, aldus die regime.
Dit is ook verskriklik maklik om die parlementêre krimineel te vrywaar en te beskerm volgens die Slovo grondwet wat ‘n voortdurende meerderheid ten doel het, totdat Jesus kom, soos hulle dit selfvoldaan gestel het. Die onderdrukking van reg en geregtigheid is klaarbleiklik in orde met ‘n meerderheid stem. Volgens die regime beteken demokrasie enkel en alleen, een man een stem. Van verantwoordelikhede is daar geen sprake nie. Die probleem is egter dat die regering stemreg onregmatig verkry het, met die hulp van de Klerk se gespuis en die DA meelopers. Bid dit jou nou aan, dat die DA nou kamstig die opposisie verteenwoordig. Die parlementele opset is ‘n vervloeking van die Afrikaner se strewe en toekoms. Ek verkies die dood eerder as om vir die DA te stem.
Oor ons mislukte staat kan jy dag vir dag in die koerante lees. Die onreg, korrupsie, verwoesting en plundering is te veel om hier op te noem. Dat ons land gaan verval in anargie is ‘n gegewe. Die oplossing is voor die hand liggend, naamlik, selfdeterminasie vir elke volk in sy eie land. Dit geld ook vir die Engelse DA lede wat hulle nie kan vereenselwig met die Afrikaner se strewe en vootbestaan nie.
KLAAS WAARSEGGER